Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

[rekenaarterme] Re: software, hardware ..

Expand Messages
  • Samuel Murray
    Ek gaan nou gou deur die ou mails om te sien wat die huisstyl is... toe kom ek op hierdie enetjie af van Jean. Lyk my jy het die inskrywing in die ou
    Message 1 of 7 , Dec 30, 1999
    • 0 Attachment
      Ek gaan nou gou deur die ou mails om te sien wat die huisstyl is... toe kom
      ek op hierdie enetjie af van Jean. Lyk my jy het die inskrywing in die ou
      afrikaans.com lys 'n bietjie misverstaan...

      In die ou lys is die verwysing na handdoeke en spykers gebruik om aan te
      toon dat die terme "hardeware" en "sagteware" verkeerd is om vir rekernaars
      te gebruik, maar hier lyk dit of jy dieselfde redes gebruik om aan te voer
      dat die terme "hardeware" en "sagteware" wel korrek is. Gie-gie.

      Ek het ook oospronklik die analogie van handdoeke en spykers misverstaan...
      aan die begin het ek gedink dis 'n direkte analogie met apparatuur en
      programmatuur... maar later kom ek agter dit verwys bloot na die hardheid en
      die sagtheid van die dinge wat genoem is... i.e. 'n handdoek is sag, en 'n
      spyker is hard.

      Kan ons hierdie analogie maar weglaat uit die groot lys? Ek voel 'n
      verwysing na handdoeke en spykers is onnodig, onvakkundig en daarby saam ook
      verwarrend.

      Ta.

      ----- Original Message -----
      From: Jean Jordaan <rgo_anas@...>
      To: <rekenaarterme@egroups.com>
      Sent: Tuesday, December 07, 1999 8:52 PM
      Subject: [rekenaarterme] software, hardware ..


      > software
      >
      > <programmering> ((s.nw.)) progra(me), programmatuur; sagteware
      > [Die ontasbare aspekte van 'n rekenaarstelsel. 'Sagteware' is
      > in eerste instansie handdoeke, waslappe, lakens, ens.]
      >
      > Teenoor: {hardware}
      >
      > (1999-12-07)
      >
      > hardware
      >
      > <apparatuur> ((s.nw.)) apparatuur [Die tasbare aspekte van 'n
      > rekenaarstelsel. 'Hardeware' is in eerste instansie boute,
      > moere, spykers, ensovoorts]
      >
      > Teenoor: {software}
      >
      > (1999-12-07)
      >
      >
      >
      > ------------------------------------------------------------------------
      > Accurate impartial advice on everything from laptops to tablesaws.
      > http://clickhere.egroups.com/click/1701
      >
      >
      >
      > -- Talk to your group with your own voice!
      > -- http://www.egroups.com/VoiceChatPage?listName=rekenaarterme&m=1
      >
      >
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.