Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Re: [rekenaarterme] 'n Paar IrfanView-terme

Expand Messages
  • Samuel Murray
    ... Hetjou! Run Length Encoding. Wat sou dit in Afrikaans wees? Looplyn-enkodering?
    Message 1 of 4 , Nov 14, 2004
    • 0 Attachment
      Samuel Murray wrote:

      > Ek vertaal gou-gou vir IrfanView en daar is ene of twee vrae wat ek het.

      > 5. Huffman RLE ?? wat is RLE? ek weet huffman is 'n sekere soort JPG
      > optimalisering, maar wat is RLE?

      Hetjou! Run Length Encoding. Wat sou dit in Afrikaans wees?
      Looplyn-enkodering?
    • Viljoen HC
      1. Copy Shop = kopieërwinkel. Dit sluit dikwels geen internetfasiliteite in nie - slegs n aantal fotokopieërmasjiene. 2. Lock zoom = sluit zoem 4. burn to
      Message 2 of 4 , Nov 14, 2004
      • 0 Attachment
        1. Copy Shop = kopieërwinkel. Dit sluit dikwels geen internetfasiliteite in nie - slegs 'n aantal fotokopieërmasjiene.
        2. Lock zoom = sluit zoem
        4. burn to CD = brand op CD, skryf op CD
        5. Huffman RLE. Deel van 'n sekere algoritme vir beeldkompressie. RLE = "run length encoded" wat ek sal vertaal as stringkodering. Hiermee word sekwensies waarin dieselfde datawaarde herhaaldelik voorkom gestoor as 'n enkele datawaarde. Bv 19* verteenwoordig 'n string van 19 asteriske: ******************* (bekou dit as 'n soort van "snelskrif")
        Groete
        Christo


        -----Original Message-----
        From: Samuel Murray [mailto:leuce@...]
        Sent: 14 November 2004 20:53
        To: rekenaarterme@yahoogroups.com
        Subject: [rekenaarterme] 'n Paar IrfanView-terme



        Hallo

        Ek vertaal gou-gou vir IrfanView en daar is ene of twee vrae wat ek het.

        1. Copy Shop... ???

        Dis die Amerikaanse konsep van 'n winkel waar jy afdrukke maak,
        skandeer, internet doen, ens. Basies wat ons in Suid-Afrika as 'n
        internetkafee ken, maar "internetkafee" gaan in dié konteks vreemd en
        misleidend wees.

        Wat sou julle daarvan maak?

        2. Lock zoom = Hou zoem vas

        Kommentaar?

        3. append = aanheg ?

        Ek kry nie append in my woordelyste nie.

        4. burn to CD = lê op CD vas

        Wat sou julle voorstel vir "burn to CD"? Wat klink die natuurlikste op
        die tong?

        5. Huffman RLE ?? wat is RLE? ek weet huffman is 'n sekere soort JPG
        optimalisering, maar wat is RLE?

        Dankie!
        Samuel




        Termlysgesprek - Werkgroep vir Afrikaanse IT-terme (WAITT)
        Aanteken: leë e-pos aan rekenaarterme-subscribe@yahoogroups.com
        Afteken: leë e-pos aan rekenaarterme-unsubscribe@yahoogroups.com
        Yahoo! Groups Links
      • Samuel Murray
        ... Ek wil nie nitpick nie, Christo, maar kopieer het geen deelteken nie. :-) Groete Samuel
        Message 3 of 4 , Nov 14, 2004
        • 0 Attachment
          Viljoen HC skryf om 9:23 PM op 14/11/2004:

          > 1. Copy Shop = kopieërwinkel. Dit sluit dikwels geen
          > internetfasiliteite in nie - slegs 'n aantal fotokopieërmasjiene.

          Ek wil nie nitpick nie, Christo, maar "kopieer" het geen deelteken nie. :-)

          Groete
          Samuel
        Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.