Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Re: [taalgesprek] Taalname?

Expand Messages
  • Samuel Murray
    [kruispos taalgesprek x rekenaarterme] ... Ek het my lysie gekry! Ek plaas hom hierso, soos hoe ver ek gekom het. Kom ons vergelyk dit met joune en kyk
    Message 1 of 1 , Jan 11, 2004
    • 0 Attachment
      [kruispos taalgesprek x rekenaarterme]

      Schalk W. Cronje skryf om 05:24 op 11/01/2004:

      > Kan iemand my dalk help met die afrikaans vir die volgende ISO639
      > taalname...

      Ek het my lysie gekry! Ek plaas hom hierso, soos hoe ver ek gekom het. Kom ons vergelyk dit met joune en kyk watter moet nog vertaal word en kyk wat uitval. Ek is doodseker ek het dit op ZaLang al gepos, maar ek kry nie daardie possie in die argiewe nie. Dit is dus moontlik dat mense reeds kommentaar gelewer het maar ek het nie daardie kommentaar nou handig nie. Ek sien uit na jou en ander lede se kommentaar.

      ==

      From the Opera list of languages... the countries may also be derived from this.

      NOTE PLEASE... I used BosmanVDMHiemstra's spelling as rule in this list, and it may differ *slightly* from the SAAZ and AWS2002 spellings (notably the C's have mostly fallen away in the latest spelling rules, like Galicies will be Galisies nowadays).

      ====================

      aa="Afar" aa="Afaries" ??? Die land se naam is Afar in Afrikaans

      ab="Abkhazian" ab="Abgasies" ??? Die land se naam is Abhkazia in Engels. Ek vermoed die Afrikaans sal wees Abgasi�, want die streek het vroe�r bekend gestaan as die Abgasiese OSSR (dis deel van noordwes Georgi�, vroe�r deel van die USSR, aan die Swart See).

      ae="Avestan" ae="Avestaans" ??? Avestan is die Engelse woord vir die Indo-Iraanse taal (moontlik 'n dooie taal) wat gebruik word in die zoroastrismiese heilige geskrif die Avesta.

      af="Afrikaans" af="Afrikaans"

      am="Amharic" am="Amharies"

      ar="Arabic" ar="Arabies"

      as="Assamese" as="Assami"

      ay="Aymara" ay="Aymara" ??? 'n Taalgroep wat in die Andres-gebergde in die streek van die Titicaca-meer gepraat word. Aymara is 'n subgroep van die "Quechumaran" (Engels) tale. Die woord "Aymara" blyk opgemaak te gewees het deur Spaanse linguiste (dieselfde geld vir die woord Quecha, uitgespreek "Kwe-sha"). 'n Mens moet dus by 'n Spaans-spreker uitvind wat die wortel van di� twee woorde sou wees, en dit dan verafrikaans.

      az="Azerbaijani" az="Aserbeidjans"

      ba="Bashkir" ba="Basjkir"

      be="Belarusian" be="Wit-Russies"

      bg="Bulgarian" bg="Bulgaars"

      bh="Bihari" bh="Bihari" ??? Bihar is 'n dorp/streek in Indi�, en ek vermoed die taal in Afrikaans bly Bihari.

      bi="Bislama" bi="Bislama" ??? Die grootste taal op Vanuatu (ek vermoed die taal het vroe�r ook Vanuatu geheet).

      bn="Bengali; Bangla" bn="Bengaals"

      bo="Tibetan" bo="Tibetaans"

      br="Breton" br="Bretons"

      bs="Bosnian" bs="Bosnies"

      ca="Catalan" ca="Katalonies"

      ce="Chechen" ce="Tsjetsjens" ??? Die land se naam is Tsjetsjen in Afrikaans.

      ch="Chamorro" ch="Chamorro" ??? 'n Austronesiese taal wat in die Noord-Mariane (naby Guam) gepraat word.

      co="Corsican" co="Korsikaans"

      cs="Czech" cs="Tsjeggies"

      cu="Church Slavic" cu="Kerkslavies"

      cv="Chuvash" cv="Chuvash" ??? Chuvash is 'n Turkiese taal (let op, nie 'n Turkse taal nie) wat in die Volga-streek van Rusland gepraat word. Die Chuvash (Engels) Republiek is op dieselfde lengtegraad as die mees westelike oewer van die Kaspiese see en op dieselfde breedtegraad as Moskou.

      cy="Welsh" cy="Wallies"

      da="Danish" da="Deens"

      de="German" de="Duits"

      dz="Bhutani" dz="Bhoetaans" ??? Die land se naam in Afrikaans is Bhoetan

      el="Greek" el="Grieks"

      en="English" en="Engels"

      eo="Esperanto" eo="Esperanto"

      es="Spanish" es="Spaans"

      et="Estonian" et="Estnies"

      eu="Basque" eu="Baskies"

      fa="Persian" fa="Persies"

      fi="Finnish" fi="Fins"

      fj="Fiji" fj="Fidjiaans"

      fo="Faeroese" fo="F�r�ers"

      fr="French" fr="Frans"

      fy="Frisian" fy="Fries"

      ga="Irish" ga="Iers"

      gd="Scots Gaelic" gd="Skotse Gaelies" ???

      gl="Galician" gl="Galicies"

      gn="Guarani" gn="Guarani" ??? 'n Taal wat in Paraquay gepraat word en gewoonlik saam met Tupi geklassifiseer word.

      gu="Gujarati" gu="Goedjarati"

      gv="Manx Gaelic" gv="Manx"

      ha="Hausa" ha="Hausa"

      he="Hebrew" he="Hebreeus"

      hi="Hindi" hi="Hindi"

      ho="Hiri Motu" ho="Hiri Motu" ??? 'n Taal van Papua New Guinea, 'n pidgin van Motu. Ek sou graag wou weet wat "hiri" in Motu beteken (dalk polisie).

      hr="Croatian" hr="Kroaties"

      hu="Hungarian" hu="Hongaars"

      hy="Armenian" hy="Armeens"

      hz="Herero" hz="Herero"

      ia="Interlingua" ia="Interlingua"

      id="Indonesian" id="Indonesies"

      ie="Interlingue" ie="Interlingue" ??? Interlingue is die Awendlandse vertaling vir die Engelse woord Occidental.

      ik="Inupiak" ik="Inupiak" ??? 'n Eskimo-taal wat onder andere by die Diomede-eilande in Alaska gepraat word.

      is="Icelandic" is="Yslands"

      it="Italian" it="Italiaans"

      iu="Inuktitut" iu="Inuktitut" ??? Ook 'n Eskimo-taal, spesifiek van die Inuit-eskimo's van Groenland.

      ja="Japanese" ja="Japans"

      jw="Javanese" jw="Javaans"

      ka="Georgian" ka="Georgies"

      kk="Kazakh" kk="Kazaks" ??? Die land se naam is Kasak of Kasakstan in Afrikaans.

      kl="Greenlandic" kl="Groenlands"

      km="Cambodian" km="Kambodjaans"

      kn="Kannada" kn="Kannada" ??? Dis 'n taal wat in die Karnataka-distrik van Indi� gepraat word.

      ko="Korean" ko="Koreaans"

      ks="Kashmiri" ks="Kasjmiri"

      ku="Kurdish" ku="Koerdies"

      kv="Komi" kv="Komi" ??? Dis 'n Finno-Ugriese taal van die Komi Republiek, net noordwes van die Ural-gebergte.

      kw="Cornish" kw="Cornies"

      ky="Kirghiz" ky="Kigisies"

      la="Latin" la="Latyn"

      lb="Luxembourgish" lb="Luxemburgs"

      ln="Lingala" ln="Lingala" ??? Di� taal word in Za�re gepraat, en stam van die taal Bobangi af.

      lo="Laothian" lo="Laoties"

      lt="Lithuanian" lt="Litaus"

      lv="Latvian, Lettish" lv="Letties"

      mg="Malagasy" mg="Malgassies"

      mh="Marshall" mh="Marshall" ??? Die taal van die Marshall-eiland in die Stille Oseaan.

      mi="Maori" mi="Maori"

      mk="Macedonian" mk="Macedonies"

      ml="Malayalam" ml="Malabaars"

      mn="Mongolian" mn="Mongools"

      mo="Moldavian" mo="Moldawies"

      mr="Marathi" mr="Mahratti"

      ms="Malay" ms="Maleis"

      mt="Maltese" mt="Maltees"

      my="Burmese" my="Birmaans"

      no-bok="Norwegian bokmaal" no-bok="Noorse bokmal" ???

      no-nyn="Norwegian nynorsk" no-nyn="Noorse nynorsk" ???

      na="Nauru" na="Nauru" ??? Die taal van die land genaamd Nauru, 'n ewenaarseilandrepubliek in die Stille Oseaan.

      nb="Norwegian bokmaal" nb="Noorse bokmal" ???

      nd="Ndebele, North" nd="Noord-Ndebele"

      ne="Nepali" ne="Nepalees"

      ng="Ndonga" ng="Ndonga" ??? 'n Bantu-taal van Owamboland.

      nl="Dutch" nl="Nederlands"

      nn="Norwegian nynorsk" nn="Noors nynorsk"

      no="Norwegian" no="Noors"

      nr="Ndebele, South" nr="Suid-Ndebele"

      nv="Navajo" nv="Navajo" ??? 'n Taal van die Rooi Indiane, dalk verwant aan Hopi.

      ny="Chichewa; Nyanja" ny="Chichewa; Nyanja" ??? 'n Taal van Malawi.

      oc="Occitan" oc="Occitan" ??? Awendlands... maar hoekom 'n aparte taalkode as Interlingue reeds 'n kode het?

      om="(Afan) Oromo" om="(Afan) Oromo" ??? 'n Taal van Etiopi�.

      or="Oriya" or="Oriya" ??? Ook bekend as Oria, 'n taal van Indi�.

      os="Ossetian; Ossetic" os="Osseties"

      pa="Punjabi" pa="Pandjabi"

      pi="Pali" pi="Pali" ??? 'n Taal wat in sommige Boeddhistiese heilige tekste gebruik word.

      pl="Polish" pl="Pools"

      ps="Pashto, Pushto" ps="Pasjtoe"

      pt="Portuguese" pt="Portugees"

      qu="Quechua" qu="Quechua" ??? Soos voorheen vermeld, afgelei van 'n Spaanse linguistiese term.

      rm="Rhaeto-Romance" rm="Reto-Romaans"

      rn="Kirundi" rn="Kirundi" ??? Oftewel Rundi, die taal van Burundi (voorheen bekend as Urundi).

      ro="Romanian" ro="Roemeens"

      ru="Russian" ru="Russies"

      rw="Kinyarwanda" rw="Kinyarwanda" ??? Die taal van Rwanda. Dis 'n Bantu-taal van die Benue-Congo-familie. Mense wat Kirundi praat kan Kinyarwanda geredelik verstaan.

      sa="Sanskrit" sa="Sanskrit"

      sc="Sardinian" sc="Sardies"

      sd="Sindhi" sd="Sindhi"

      se="Northern Sami" se="Noord-Sami" ??? Sami (Engels) en Samian (Engels) blyk nie dieselfde te wees nie.

      sg="Sangro" sg="Sangro" ??? Nie 'n kat se kloe waar di� taal gepraat word nie.

      si="Singhalese" si="Singalees"

      sk="Slovak" sk="Slowaaks"

      sl="Slovenian" sl="Slovenian" ??? Dalk "Sloweens"?

      sm="Samoan" sm="Samoaans"

      sn="Shona" sn="Sjona"

      so="Somali" so="Somalitaal"

      sq="Albanian" sq="Albanees"

      sr="Serbian" sr="Serwies"

      ss="Siswati" ss="Swati" ???

      st="Sesotho" st="Suid-Sotho"

      su="Sundanese" su="Soendanees"

      sv="Swedish" sv="Sweeds"

      sw="Swahili" sw="Swahili"

      ta="Tamil" ta="Tamil"

      te="Telugu" te="Telugu" ??? Dis 'n taal wat in Indi� gebruik word.

      tg="Tajik" tg="Tajik" ??? Die taal van Tajikistan (Engels)

      th="Thai" th="Thai"

      ti="Tigrinya" ti="Tigrinya" ??? 'n Ethio-Semitiese taal van Noord-Etiopi�.

      tk="Turkmen" tk="Turkmeens"

      tl="Tagalog" tl="Tagalog"

      tn="Setswana" tn="Tswana"

      to="Tonga" to="Tonga" ??? Taal van die Vriendskapseilande.

      tr="Turkish" tr="Turks"

      ts="Tsonga" ts="Tsonga"

      tt="Tatar" tt="Tatar" ??? Taal van Tatarstan in die Krimstreek.

      tw="Twi" tw="Twi" ??? Belangrikste taal van Ghana, verwant aan Fanti (Engels)

      uk="Ukrainian" uk="Oekrains"

      ur="Urdu" ur="Oerdoe"

      uz="Uzbek" uz="Oesbekies"

      vi="Vietnamese" vi="Vi�tnamees"

      vo="Volapuk" vo="Volap�k"

      wo="Wolof" wo="Wolof" ??? Taal van Senegal

      xh="Xhosa" xh="Xhosa"

      yi="Yiddish" yi="Jiddisj"

      za="Zhuang" za="Zhuang" ??? Taal van die grootste etiese groep in Sjina

      zh="Chinese" zh="Sjinees"

      zh-cn="Chinese (China)" zh-cn="Sjinees (Sjina)"

      zh-tw="Chinese (Taiwan)" zh-tw="Sjinees (Taiwan)"

      zh-hk="Chinese (Hong Kong) zh-hk="Sjinees (Hong Kong)"

      END OF FILE
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.