Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

persberig

Expand Messages
  • Carel_Alberts
    Hallo almal, Goeie werk! Ek is die tegnologieredakteur by www.itweb.co.za, en stel belang om n berig oor die goeie werk op hierdie lys te skryf. Sal die
    Message 1 of 9 , Nov 13, 2003
    • 0 Attachment
      Hallo almal,

      Goeie werk! Ek is die tegnologieredakteur by www.itweb.co.za, en
      stel belang om 'n berig oor die goeie werk op hierdie lys te skryf.

      Sal die persoon wie in beheer hiervan staan my kontak by
      carel@...?

      Ons kan die tipes vrae wat ek sal stel dan bespreek, maar in bree"
      trekke behels dit aantal woorde op ulle lys, toegang daartoe (waar
      vind 'n mens dit en sal dit ooit betaalde inligting wees),
      groeikoers oor die jare, jare in bestaan, aantal lede, toekomstige
      publikasieplanne van julle werk, samewerkingsooreenkomste met
      woordeboekskrywers, stigterslede, en die tipe rare insigte in die IT-
      mark en sy Afrikaanssprekende komponent/e wat net julle kan verskaf.

      Lei my, lig my in - ek luister.

      Ek het reeds voorheen 'n pos aan die eienaar gestuur, moontlik het
      Yahoo dit vir my opgebols, en stuur hierdie versoek as 'n tweede en
      laaste een.

      Dankie,
      Carel Alberts
    • Samuel Murray
      ... Ek is nie die lysbaas hierso nie, hoewel ek wel daarmee getaak is om nou en dan die woordelys by te werk. Ek is ook die lyseienaar sower dit Yahoo
      Message 2 of 9 , Nov 13, 2003
      • 0 Attachment
        Carel_Alberts skryf om 10:48 op 13/11/2003:

        > Goeie werk! Ek is die tegnologieredakteur by www.itweb.co.za, en
        > stel belang om 'n berig oor die goeie werk op hierdie lys te skryf.
        > Sal die persoon wie in beheer hiervan staan my kontak by
        > carel@...?

        Ek is nie die lysbaas hierso nie, hoewel ek wel daarmee getaak is om nou en dan die woordelys by te werk. Ek is ook die "lyseienaar" sower dit Yahoo betref, maar dis bloot 'n formaliteit. Sal ek met Carel in dié verband kontak? Enige beswaar? Enige ander volunteers? Sê gou...

        Groete
        Samuel
      • carel alberts
        Hallo woordmense (Words R Us), Hier is die skakel na my storie oor julle. Ek hoop dit werf nuwe lede, bring roem, spoor julle aan en genees sommige kwale :) ek
        Message 3 of 9 , Nov 20, 2003
        • 0 Attachment
          Hallo woordmense (Words R Us),

          Hier is die skakel na my storie oor julle.

          Ek hoop dit werf nuwe lede, bring roem, spoor julle
          aan en genees sommige kwale :) ek hoop ook ek praat
          nie twak daarin nie.

          As 'n ding net aanluier in die gewone verloop van
          sake, soos lyste maar maak, is dit moeilik om te
          bemark. Maar 'n artikel soos hierdie verskaf 'n
          geleentheid daarvoor. Dus, as julle belangstel, pos
          dit gerus op Afrikaans-goedgesinde lyste/werwe, om
          getalle uit te brei. As dit nodig is.

          http://www.itweb.co.za/sections/internet/2003/0311201101.asp

          Gaan julle goed,
          Carel Alberts


          ________________________________________________________________________
          Want to chat instantly with your online friends? Get the FREE Yahoo!
          Messenger http://mail.messenger.yahoo.co.uk
        • Benti Czanik
          Hi, Ek ontvang die ITweb nuusblad elektronies en was onmiddellik ingenome. Het dadelik by WAITT aangesluit. Ek het die berig ook dadelik na die twee
          Message 4 of 9 , Nov 21, 2003
          • 0 Attachment
            Hi,
            Ek ontvang die ITweb nuusblad elektronies en was onmiddellik
            ingenome. Het dadelik by WAITT aangesluit. Ek het die berig ook
            dadelik na die twee taaltannies in ons organisasie gestuur, want
            hulle pla my voortdurend met vertaalversoeke.
            Dankie en groete.
            Benti Czanik.
          • Benti Czanik
            Hier is n paar Afrikaanse webadresse vir bemarking van u lys: http://www.esoek.co.za http://www.dieknoop.co.za http://afrikaanstabs.jislaaik.com/ (ek het
            Message 5 of 9 , Nov 21, 2003
            • 0 Attachment
              Hier is 'n paar Afrikaanse webadresse vir bemarking van u lys:

              http://www.esoek.co.za

              http://www.dieknoop.co.za

              http://afrikaanstabs.jislaaik.com/ (ek het reeds u skakel na hierdie
              laaste een deurgegee).

              Groete,
              Benti
            • schalk_cronje@nai.com
              ... ^^^^ Kom ons klaar een ding hier uit: Hier is geen u s op hierdie lys nie. :-}
              Message 6 of 9 , Nov 24, 2003
              • 0 Attachment
                > Hier is 'n paar Afrikaanse webadresse vir bemarking van u lys:
                ^^^^

                Kom ons klaar een ding hier uit: Hier is geen u's op hierdie lys nie. :-}
              • Samuel Murray
                ... En soos jy kan sien is dit beter om fixed-width font te gebruik, anders dan onderstreep die boodskap die verkeerde woord ( vir in my geval).
                Message 7 of 9 , Nov 24, 2003
                • 0 Attachment
                  schalk_cronje@... skryf om 10:27 op 24/11/2003:

                  > > Hier is 'n paar Afrikaanse webadresse vir bemarking van u lys:
                  > ^^^^
                  > Kom ons klaar een ding hier uit: Hier is geen u's op hierdie lys nie. :-}

                  En soos jy kan sien is dit beter om fixed-width font te gebruik, anders dan onderstreep die boodskap die verkeerde woord ("vir" in my geval).
                • ajkleingeld
                  Hello, Ek is van vandag af as nuwe lid hier. Ek is tans n finale jaar LLB student by UNISA en een van my keuse vakke is IT-reg en ek glo ek sal die forum
                  Message 8 of 9 , Jun 18, 2006
                  • 0 Attachment
                    Hello,

                    Ek is van vandag af as nuwe lid hier.

                    Ek is tans 'n finale jaar LLB student by UNISA en een van my keuse
                    vakke is IT-reg en ek glo ek sal die forum waardvol vind met die loop
                    van tyd.


                    Dankie dat ek hier kon aansluit.
                  • Samuel Murray
                    ... Welkom hier. Die poslys was n bietjie stil die laaste tyd, maar dit kort net dat mense n klip in die bos moet gooi. Samuel
                    Message 9 of 9 , Jun 19, 2006
                    • 0 Attachment
                      ajkleingeld wrote:

                      > Ek is tans 'n finale jaar LLB student by UNISA en een van my keuse
                      > vakke is IT-reg en ek glo ek sal die forum waardvol vind met die loop
                      > van tyd.

                      Welkom hier. Die poslys was 'n bietjie stil die laaste tyd, maar dit
                      kort net dat mense 'n klip in die bos moet gooi.

                      Samuel
                    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.