Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.
 

WENKE VIR 'N TROUE

Expand Messages
  • Gerhard Griesel
    Jammer, mense, vir die leë brief. Ek weet nie WAT ek aangevang het nie!! ................................ Een van ons gereëlde grapbydraers, Vyvyan Barrish,
    Message 1 of 1 , Jan 24, 2005
      Jammer, mense, vir die leë brief. Ek weet nie WAT ek aangevang
      het nie!!

      ................................

      Een van ons gereëlde grapbydraers, Vyvyan Barrish, is op 17
      Januarie dood aan 'n hartaanval. Vyv was 'n aangetroude
      familielid van my. Ter ere van hom stuur ons hierdie week van
      die
      grappies wat ons al in die verlede:

      Van VyvB, Nataniël se wenke vir die reël van 'n troue:

      * Laat per ongeluk 'n prominente familielid uit tydens nooi van
      gaste. Dit veroorsaak 'n geweldige bitterheid en agteraf geskinder
      en sorg dat die geleentheid vir altyd onthou word.

      * Verander die kleurskema nadat die moeder van die bruidegom
      in kennis gestel is. Die feit dat sy dan heeltemal uitstaan en
      heeltyd snaaks aangekyk word, trek haar aandag af van die
      verrigtinge. (Onthou, sy verloor haar seun).

      * Borsruikers: Vervang die tradisionele orgideë deur blomme van
      versiersuiker, veral as jy vermoed dit gaan reën. Dit sorg vir
      eindelose pret en hou die vlieë van die buffet af.

      * Blomme teen die banke: Vars ruikertjies is tog so vervelig. Laat
      hekel die goedjies - veral as jy herfskleure trou. Buiten dat dit
      werk verskaf, kan jy dit later verkoop of bêre indien 'n tweede
      huwelik beplan word.

      * Bestel loperige geregte by die caterers (aartappelslaai, slap
      hoederpastei en trifle bly treffers). Dit verhoed dat gaste kos in
      hulle handsakke laat inglip.

      * Ten Laaste: Nooi altyd mense met kinders, dit bly die simbool
      van vrugbaarheid. Huur 'n springkasteel en plaas dit direk agter
      die bruidstafel - die op-en-af-gespring en aanhoudende gegil
      bespaar jou die koste van 'n orkes en lei tot volgehoue opwinding
      (veral met 'n paar beserings).

      ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

      Van VyvB:

      Die onderwyseres gee haar graad 5's 'n werkopdrag: Hulle
      moet hulle ouers vra om hulle 'n storie met 'n les aan die einde
      daarvan te vertel. Die volgende dag kom die kinders toe terug en
      begin een vir een hulle stories te vertel. Vinesh sê: 'My pa is 'n
      hoenderboer en ons het baie broeihenne. Eenkeer het ons die
      eiers in 'n mandjie op die kar se voorste sitplek gesit om dit mark
      toe te vat. My pa slaan toe remme aan, die mandjie val om en al
      die eiers breek in die kar!' 'Mooi, Vinesh', sê die juffrou, 'wat is
      die les van die storie?' 'Moenie al jou eiers in een mandjie sit nie!'
      sê die trotse seuntjie. 'Baie goed,' sê die onderwyseres. Volgende
      is dit klein Sipho se beurt. 'Ons het nou-die-dag berg toe gestap
      en toe sien ons 'n muis wat uit sy gaatjie kom.' 'O?', vra die
      juffrou, 'En wat is die les van die storie?' 'Die berg het 'n muis
      gebaar, Juffrou!' sê Sipho. 'O, jaaa, dis seker waar,' sê die
      onderwyseres. Volgende is dit klein Kosie se beurt. 'Juffrou, my
      pappie het my vertel van Antie Susanna wat verlede jaar op hulle
      plaas aangeval is. Toe sy hoor die alarm by die heiningdraad
      gaan af, toe besef sy hulle gaan die duur bottel brandewyn steel
      wat sy nou net op die dorp vir oom Koos as 'n present gekoop
      het. Toe drink sy gou die bottel leeg. Toe vat sy die haelgeweer,
      patrone en 'n vleismes en wag hulle by die deur in. Toe hulle
      inkom in die huis, skiet sy vier met die haelgeweer dood, steek
      twee dood met die kombuismes, en slaan die laaste een katswink
      met die vuis!' 'Oe, maar dis vreeslike storie!' roep die
      onderwyseres uit, 'Watter soort van les kry jou pappie uit so 'n
      aaklige storie?' Kosie antwoord: 'Bly ver weg van Antie Susanna
      as sy gesuip is!'

      ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

      Van VyvB:

      Wat is die verskil tussen 'n emigrant en 'n vlugteling? Antwoord:
      Tydsberekening.

      ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

      Van VyvB:

      Koos en Japie van Bloemfontein bevind hulle in Durban vir die
      rugby toe hulle 'n teken sien in 'n winkelvenster: Suits R20.00
      each; Shirts R10.00 each; Trousers R8.00 per pair. Koos sê vir sy
      pel: 'Haai Japie, kyk! Ons kan 'n klomp hiervan koop, en wanneer
      ons terugkom in die Vrystaat, kan ons skatryk word!' 'Luister nou,
      wanneer ons in die winkel ingaan, hou jy jou bek, hoor! Laat my al
      die praatwerk doen en kibbel, want as hulle jou aksent hoor, sal
      hulle ons probeer indoen. Ek sal my beste durbanse aksent
      opdis.' Hulle gaan in en Koos sê, 'Excuse me sir, I'll take 50 of
      your fine suits at R20.00 each, 100 shirts at R10.00 each, en 50
      pairs of trousers at R8.00 each. And I'll be taking those items with
      me today, if you don't mind.' Die winkeleienaar onderbreek hom:
      'You guys are from the Vrystaat, aren't you?' 'Yaaah' sê Koos,
      'How come you knows?' Die eienaar sê, 'Want hierdie is die
      droogskoonmaker.'

      ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

      Van VyvB:

      Vrou aan haar vriendin: 'Koos is toe gisteraand dood.' Vriendin
      (geskok): 'Ag nee! ek weet julle was nie baie gelukkig nie - maar
      ek is jammer om dit te hoor. Het hy enige laaste wense gehad?'
      Eerste vrou: 'Ja.' Vriendin: 'Wat was dit?' Vrou: ''Hy het gesê: 'Sit
      nou neer daardie rewolwer!'''

      ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

      Van VyvB:

      Lugwaardin: 'Die sitplekke van die stoele kan gebruik word as
      dryfkussings. In geval van 'n landing op water, gebruik asb. u
      kussing met komplimente van ons redery.'

      ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

      Van NerinaB, uit 'n onbekende bron:

      Moenie vinniger bestuur as wat jou beskermengel kan vlieg nie.

      ...........................

      Paslike versreëls aangestuur deur BennoZ:

      Ek voel dit dan aan alle ding
      wat in die nagstond my omring,
      die wêreld is ons woning nie.

      Uit: Die wêreld is ons woning nie.

      Totius.

      ---------------------------------------------

      *** Al my grappies kom van lyslede. As jy 'n nuwe
      skoon grap gehoor het, stuur dit vir my asseblief.

      *** As jy grappies uit die argief wil gaan lees, gaan kyk
      by http://yahoogroups.com/group/grapkas. Jy kan
      by hierdie webwerf bv. enige grappie uit Griesel se
      Grapkas met 'n spesifieke woord daarin opsoek.
      Gaan na 'Search' en tik bv. 'n woord soos 'prokureur'
      of 'banaan'. Dan gee die rekenaar vir jou al die
      uitgawes waarin daardie woord voorgekom het.

      *** Het jy enige vriende wat daarin sal belangstel om
      op hierdie graplys in te teken? Laat weet hulle asb.
      van die lys.
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.