Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Oorbevolking en die kinderseën

Expand Messages
  • Slabbert Le Cornu
    Skrifoordenkings: Oorbevolking en die Kinderseën in Gen.13 en Ex.2: http://wp.me/pM9VW-OQ Nee, Amram en Jógebed het nie so gedink nie. Hulle het immers nie
    Message 1 of 1 , May 29 12:16 AM
    • 0 Attachment
      Skrifoordenkings: Oorbevolking en die Kinderseën in Gen.13 en Ex.2: http://wp.me/pM9VW-OQ

      "Nee, Amram en Jógebed het nie so gedink nie. Hulle het immers nie in die twintigste eeu met sy "verligte" idees geleef nie. Hulle het nog in hulle eenvoud geglo in God en sy beloftes. Hulle het geglo dat kindertjies 'n gawe uit die hand van die Here is. Hulle het selfs geglo dat God 'n doel het met die verdrukking in Egipte en die wreedaardige kindermoord. En daarom leef hulle saam as man en vrou, soos dit normaalweg hoort en soos God dit normaalweg wil hê. Hulle harte is kinderlik en afhanklik gerig op God en sy beloftes - ook die belofte van die kinderseën en die verbondseën. So word sy volk gebou. So word kinders vir sy koninkryk gebore.
      So word die getal van die uitverkorenes vol. Gelukkig is daar, ten spyte van lewenskoste en bevolkingsontploffing en kommunistiese bedreiging, nog mense wat glo soos Amram en Jógebed geglo het. Hulle weet dat God kinders gee en hulle nie verniet gee nie. Geen kind word verniet gebore nie en geen kind is in die oë van God oortollig nie."

      Ander nuwe artikels op Pro Regno:

      Die Pous, Arminianisme en vir Wie het Christus gesterwe ? http://wp.me/pM9VW-OM

      Huwelik en Gesin in die Skrif - reeks: hoofstuk 2 - Die Here bring die vrou na haar man http://wp.me/pM9VW-OB


      Groete
      Slabbert Le Cornu
      http://proregno.com/

      [Non-text portions of this message have been removed]
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.