Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Inligting gevra

Expand Messages
  • Dr Pieter van der Dussen
    Daar gaan gerugte rond van n nuwe kerk waarvan die lede hulle beywer om volledig Joods te word en selfs burgerskap van die staat Israel te verwerf omdat dit
    Message 1 of 2 , Jun 3, 2012
    View Source
    • 0 Attachment
      Daar gaan gerugte rond van 'n nuwe "kerk" waarvan die lede hulle beywer om
      volledig Joods te word en selfs burgerskap van die staat Israel te verwerf
      omdat dit volgens hulle die enigste manier is waarop mens salig kan word.
      Blykbaar het sekeres reeds Israel besoek met die oog op burgerskap aldaar en
      aanvaarding as Christen-Jode, skynbaar sonder sukses. Jerusalem figureer ook
      skynbaar sterk by hulle. Hulle erken blykbaar die Here Jesus as God.



      Kan iemand miskien lig op die saak werp?



      Broedergroete in Christus.



      Pieter Senior

      Lidmaat Gereformeerde Kerk Pretoria (Dolerend)













      [Non-text portions of this message have been removed]
    • Barend Wesseloo
      Oom Pieter Oom se stelling is nogal wyd, so dit is vir my moeilik om daarop in diepte te reageer. Die vraag is wie het presies wat gese, want as dit hoorse is.
      Message 2 of 2 , Jun 4, 2012
      View Source
      • 0 Attachment
        Oom Pieter

        Oom se stelling is nogal wyd, so dit is vir my moeilik om daarop in diepte te reageer. Die vraag is wie het presies wat gese, want as dit hoorse is. Dan het daar heel moontlik 'n verdraaings en stertjies bygekom. Ons gesin het ons by 'n Messiaanse Gemeenskap in Pretoria gevoeg. So ek kan presies se waaroor dit gaan en moontlik die regstellings maak.

        Die term Christen-Jode kan uit die Christelike konteks op twee manier beskou word, terwyl uit die Mesiaanse konteks slegs een manier.

        Ek is selfs bereid om persoonlik met oom-hulle te gesels om te verduidelik en die regstellings te maak.

        Wat ek wel kan se is dat ons saligheid beslis nie afhang van my burgerskap van Israel nie. Jesus is my enigste "paspoort" tot saligheid.

        Hoop ek kan vir oom hulle help om die onduidelikhede op te klaar. Dat die Mesiaanse gelowiges Jood of nie-Jood, Jesus/Yah'shua erken as Messias en dat Hy dan ook God self is, is korrek. Daar is egter wel ander wat moontlik verskil, maar soos daar in die Christelike kerk verskille is, is daar ook verskille in die Messiaanse kant.


        Ek hoop dat oom my uitnodiging sal aanvaar om onduidelikhede uit die weg te ruim. Al is dit om tot 'n mate gemoedsrus te bring.

        Stuur ook groete aan tannie Hermien.

        Barend Wesseloo


        ----- Original Message -----
        From: Dr Pieter van der Dussen
        To: gksaforum@yahoogroups.com ; calvyn@yahoogroups.com
        Sent: Sunday, June 03, 2012 5:36 PM
        Subject: [calvyn] Inligting gevra



        Daar gaan gerugte rond van 'n nuwe "kerk" waarvan die lede hulle beywer om
        volledig Joods te word en selfs burgerskap van die staat Israel te verwerf
        omdat dit volgens hulle die enigste manier is waarop mens salig kan word.
        Blykbaar het sekeres reeds Israel besoek met die oog op burgerskap aldaar en
        aanvaarding as Christen-Jode, skynbaar sonder sukses. Jerusalem figureer ook
        skynbaar sterk by hulle. Hulle erken blykbaar die Here Jesus as God.

        Kan iemand miskien lig op die saak werp?

        Broedergroete in Christus.

        Pieter Senior

        Lidmaat Gereformeerde Kerk Pretoria (Dolerend)

        [Non-text portions of this message have been removed]





        [Non-text portions of this message have been removed]
      Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.