Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Pro Regno: Die nuutste Kelkiewyn en Woordoordenking

Expand Messages
  • Slabbert Le Cornu
    1. Die Kelkiewyn - Junie 2011: http://wp.me/pM9VW-rv (Iniasitief van ses Gereformeerde gemeentes in Namibië) Tema: Verbondsonderrig - Katkisasie - Sondagskool
    Message 1 of 1 , Jun 28 9:03 AM
    • 0 Attachment
      1. Die Kelkiewyn - Junie 2011: http://wp.me/pM9VW-rv
      (Iniasitief van ses Gereformeerde gemeentes in Namibië)

      Tema: Verbondsonderrig - Katkisasie - Sondagskool

      "Sommige van ons noem dit Sondagskool ander katkisasie, en nog ander verbondsonderrig. Wat jy dit ookal noem, dit is duidelik, gemeentes behoort ʼn poging aan te wend om hulle dooplidmate te onderrig om op alle gebiede in hulle lewens die Here te dien. In hierdie uitgawe staan ons spesifiek stil by die amptelike onderrig wat kerke aan hulle dooplidmate gee, om hulle so op te voed dat hulle uiteindelik volwasse in die geloof raak en dan in die openbaar belydenis van hulle geloof aflê."

      2. Woordoordenking, Hag.1:8,9 : http://wp.me/pM9VW-rl
      "Wat het hier gebeur ? Die volk het mense meer begin vrees as vir God, hulle het meer ag gegee op mense (die valse kerk en valse staat) se wette en bedreiginge, as God se bevel en beloftes, hulle het hul eie belange en behoeftes voor God en sy Woord gestel. Ook in ons tye kry ons dit: in die Beeld verlede week, op die voorblad, word daar berig dat sodra Malema ‘iets kwyt raak’, die mense vlug na die emigrasie kantoor, oppad buiteland toe (Ps.78:8-11). Mense, selfs gelowiges, vrees nietige mense en woorde meer as vir God en sy gebod. Dink net hoe sou ons land gelyk het, as die mense, veral kerkmense, die Here en sy Woord so gevrees en gehoorsaam het ?"


      Groete
      Slabbert Le Cornu
      http://proregno.wordpress.com/

      [Non-text portions of this message have been removed]
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.