Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Stigtingsdag, 6 April 1652

Expand Messages
  • Slabbert Le Cornu
    Geen moderne Afrikaner wat heiden, liberalis, evolusionis of nazi-is wil wees, kan hom beroep op die volksplanting of die wortel van ons volksbestaan nie.
    Message 1 of 2 , Apr 5, 2010
    • 0 Attachment
      "Geen moderne Afrikaner wat heiden, liberalis, evolusionis of nazi-is wil wees, kan hom beroep op die volksplanting of die wortel van ons volksbestaan nie."


      http://proregno.wordpress.com/2010/04/05/stigtingsdag-6-april-1652/


      Groete
      Slabbert Le Cornu
      Gereformeerde Kerk Carletonville Posbus 5 Carletonville 2500 RSA
      Tel & faks: 018 787 5444 Sel: 082 770 2669 Web: www.esra.za.org
      E-pos: proregno@... Blog: http://proregno.wordpress.com/
      Die HERE het groot dinge aan ons gedoen, ons was bly ! - Psalm 126:3


      [Non-text portions of this message have been removed]
    • Pieter vd Dussen
      Na aanleiding van Slabbert se opmerkings oor Stigtingsdag stuur ek hiermee n uittreksel uit my boek Gedenk die Groot Dade van die HERE . Uiteraard behoort
      Message 2 of 2 , Apr 6, 2010
      • 0 Attachment
        Na aanleiding van Slabbert se opmerkings oor Stigtingsdag stuur ek
        hiermee 'n uittreksel uit my boek "Gedenk die Groot Dade van die HERE".
        Uiteraard behoort die uittreksel in sy volle samehang met die res van
        die beredenering gesien te word soos dit in die genoemde boek gegee word.

        Die boek bevat 'n aantal Geloftefeestoesprake en ander stukke. Dit
        bestaan uit 95 bladsye A5 en is teen R50 posvry beskikbaar - ringgebind
        en/of elektronies. Die gang van die toesprake werp lig op die betekenis
        van die Gelofte en die meegaande stuk op die saak wat Slabbert ten
        opsigte van Stigtingsdag aanspreek. Ek heg die inhoudsopgawe aan.

        Groete.

        Pieter Senior

        ==============

        *Binding aan die Gelofte*

        Wie is en word deur die Gelofte gebind? Hoe het die Trekkers dit gesien?
        Hulle het familie en vriende en gemeenskappe in die Kolonie agtergelaat.
        Van die Trekkers het vir hulle gaan kuier en is deur van hulle besoek.
        Die Trekkers het hulle nie aan die Afrikanervolk onttrek nie. Daarom het
        hulle die beskrywing van die gebeure voor en met Bloedrivier in /De
        Zuid-Afrikaan/ uiteengesit, en in briewe aan vooraanstaande volksgenote
        soos ds H D van Broekhuizen. D*ie Trekkers het in hulle gemoed alle
        Afrikaners van die Kaap tot aan die Zambesi en van Weskus na Ooskus by
        hulle lotge-valle betrek.* Dit blyk ook daaruit dat die /Suid-Afrikaanse
        Republiek/ onder M W Pretorius (seun van Andries) 16 Desember in 1865 as
        amptelike feesdag erken het. Die Potgietermense het hulle daarmee
        vereenselwig ten spyte van gespanne gevoelens tussen Hendrik Potgieter
        en Andries Pretorius wat juis uit die Natalse gebeure voortgespruit het.

        Na 1838 het talle nuwe aankomelinge na Suid-Afrika en veral na Transvaal
        gekom en hulle met die Afrikaner vereenselwig en as Afrikaners in die
        volk opgeneem. In 1838 was die Afrikanervolk nie eers agt geslagte oud
        nie. Baie het nog verbintenis met Europa gehad en was dus eintlik
        immigrante en immigrantekinders en -kleinkinders.

        Die nuwelinge was dikwels getroue nakommers van die Gelofte en talle van
        hulle se kinders en kleinkinders is dit ook. Vanne soos Van der Dussen,
        W�st, Penning, Spoelstra, Dykstra, Veldman, Mansvelt, Van der Laan, Van
        der Kooi, Gottschalk, Bartleman, Lofty-Eaton, MacDonald, Hindon,
        O'Grady, O'Kennedy, Robinson, Slegtkamp, Biessenbach en dies meer is net
        so Afrikaner as Van der Merwe, Kruger, Du Plessis, Swart en Du Toit. 'n
        Versameling uit die beste bronne toon dat daar sowat 4 000 erkende
        Afrikanervanne is: 42% Duits, 40% Nederlands, 10% Brits, 4% Frans en 4%
        Skandinawies, Pools, Russies, Portugees/Spaans/Italiaans en onbekend.
        Meeste hiervan het eers n� 1838 deel van die Afrikanervolk geword en
        hulle met die Gelofte vereenselwig.

        *Is Afrikanerskap sonder vereenselwiging met die Gelofte moontlik?* Jy
        kan ook vra of ongelowiges as Afrikaners beskou kan word. In elke geval
        is daar 'n afstand tussen volksgeskiedenis en volksaard soos dit deur
        die tyd gevorm is. Tog is in elke geval 'n onomwonde ja of nee nie
        moontlik nie.

        Daar is in ons volk se geskiedenis ongelowiges wat goed en bloed vir die
        Afrikanervolk geoffer het, dit tot vandag toe doen. Is hulle Afrikaners?
        Die Calvinisme is volgens H G Stoker die grondslag, die wortel van die
        Afrika-ner se volksaard. 'n Ongelowige Afrikaner verwerp deur sy
        lewenshouding hierdie grondslag. Maak dit van hom minder Afrikaner? Tog
        kan hy hom as ongelowige nie met die Gelofte vereenselwig nie. *Sy
        tekortkoming l� nie in sy Afrikanerskap nie, maar in sy ongeloof.* Sy
        verwerping van die Calvinisme as grondslag van sy volksaard maak hom nie
        iets anders as Afrikaner as sy hele ingesteldheid ten opsigte van taal
        en lewenswyse op die belange van die Afrikaner gerig is nie.

        *Wat van die gelowige Afrikaner wat hom nie met die Gelofte of die
        Calvinisme vereenselwig nie?* Hieraan het die Afrikaanse kerke groot
        skuld omdat hulle onder die humanistiese invloed van die afgelope eeu
        aardse koninkryke en volksbinding as sonde afmaak asof dit *teenoor*
        hemelse burgerskap staan. Om vir jou Godgegewe aardse grond te lewe en
        te sterwe word met die valse stelling afgemaak dat jy net vir die
        Koninkryk van God mag sterf. Wat dan van die geskiedenis? Van die
        Tagtigjarige Oorlog, van Hendrik Potgieter se trek so ver moontlik van
        die Kaapse Kerk se liberalisme en van Britse imperialisme af, van die
        stryd om behoud van identiteit van die Afrikanervolk teenoor Britse
        imperialisme, liberalisme en humanisme?

        Uit die Ou Testament is dit deurgaans duidelik dat dit vir die
        Israeliete om nasionale voortbestaan en volksvryheid gegaan het. Dat die
        HERE hulle as Sy volk bewaar en beskerm het, doen hieraan geen afbreuk
        nie. Inteendeel het Hy hulle houding opgewek en gebruik om Sy
        Verbondsvolk en daarmee Sy Verbond te laat voortgaan. Hiervan is die
        Rigtersgeskiedenis, Dawid se stryd om die destydse staat Israel te
        vestig, die treurgeskiedenis van die Ballingskap (Psalm 137) en baie
        meer, voorbeelde. Ook in die Nuwe Testament word die aardse burgerskap
        nie verkleineer of vernietig nie. Die Here Jesus huil oor die toekoms
        van Jerusalem en tot aan die einde van Openbaring toe word taal, volk en
        nasie beklemtoon. Volksliefde, volksverbondenheid, nasionalisme, word
        n�rens in of deur die Woord tot sonde verklaar nie. Ook die Vyfde Gebod
        spreek sterk daarv��r.

        Die Trekkers het nie daaraan gedink dat hulle die deur na Afrika moet
        oopmaak waardeur die Evangelie moet gaan nie. Vir hulle het dit enkel en
        alleen om hulle aardse voortbestaan gegaan in die besef dat daar geen
        rus en vrede kan wees solank Dingaan en sy barbare nie tot besinning
        gebring word nie. Maar te midde van hulle diensplig aan hulle *aardse*
        koninkryk was hulle ��k buite hulle wete besig met diensplig in die
        *hemelse* koninkryk, iets wat later al duideliker na vore gekom het.

        Laat ons ons egter nie met langdurige gesprekvoering oor hierdie en
        verwante sake van die wese van die Gelofte en van Bloedrivier aftrek
        nie. Laat elkeen sy plig doen, sy roeping nakom, terwille van die aardse
        koninkryk en uiteindelik van die hemelse koninkryk.

        -0-0-0-0-0-0-0-

        Slabbert Le Cornu het geskryf:
        >
        > "Geen moderne Afrikaner wat heiden, liberalis, evolusionis of nazi-is
        > wil wees, kan hom beroep op die volksplanting of die wortel van ons
        > volksbestaan nie."
        >
        >
        > http://proregno.wordpress.com/2010/04/05/stigtingsdag-6-april-1652/
        > <http://proregno.wordpress.com/2010/04/05/stigtingsdag-6-april-1652/>
        >
        > Groete
        > Slabbert Le Cornu
        > Gereformeerde Kerk Carletonville Posbus 5 Carletonville 2500 RSA
        > Tel & faks: 018 787 5444 Sel: 082 770 2669 Web: www.esra.za.org
        > E-pos: proregno@... <mailto:proregno%40gmail.com> Blog:
        > http://proregno.wordpress.com/ <http://proregno.wordpress.com/>
        > Die HERE het groot dinge aan ons gedoen, ons was bly ! - Psalm 126:3
        >
        > [Non-text portions of this message have been removed]
        >
        >
        > ------------------------------------------------------------------------
        >
        >
        > No virus found in this incoming message.
        > Checked by AVG - www.avg.com
        > Version: 8.5.437 / Virus Database: 271.1.1/2792 - Release Date: 04/05/10 06:32:00
        >
        >



        [Non-text portions of this message have been removed]
      Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.