Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

3 Boeke

Expand Messages
  • Slabbert Le Cornu
    Drie nuwe boeke om van kennis te neem: 1. Calvin s Calvinism - God s Eternal Predestination and Secret Providence (Jenison., MI: RFPA, 2009) Wanneer n mens
    Message 1 of 1 , Aug 3, 2009
    • 0 Attachment
      Drie nuwe boeke om van kennis te neem:

      1. Calvin's Calvinism - God's Eternal Predestination and Secret Providence (Jenison., MI: RFPA, 2009)
      Wanneer 'n mens Calvyn se kommentare en Institusies lees, lyk dit partymaal of Calvyn homself weerspreek oor vra soos "vir wie het Christus gesterwe?", "Aan wie belowe God verlossing?", "wat is die verhouding tussen verkiesing en verwerping?", en ander verwante vrae oor die verhouding Goddelike soewereiniteit en die mens se plig/verantwoordelikheid. Daarom is dit goed om altyd 'n skrywer te lees oor 'n bepaalde onderwerp daar waar hy die duidelikste oor die saak geskryf het. In hierdie geval is dit 'n paar skrywes van Calvyn ("God's Eternal Predestination and Secret Providence", 'A Brief Reply', en 'Reply to Slanderous Reports') wat onder die titel van hierdie boek weer uitgegee word.

      Hierdie uitgawe is baie lesersvriendelik, aangesien die druk-uitgawe beter is as die voorgangers, daar 'n historiese inleiding is, en daar 'n inhoudsopgawe bygevoeg is wat 'n mens help om duideliker te sien watter onderwerpe Calvyn alles aanspreek.

      Vir meer inligting: http://www.rfpa.org/Scripts/prodView.asp?idProduct=59

      2. Saved by Grace - the Holy Spirit's Work in Calling and Regeneration, Herman Bavinck (Grand Rapids, MI: RHB, 2008)
      Hierdie is die engelse vertaling van Bavinck se klassieke werk, Roeping en Wedergeboorte (1903). Daar is 'n waardevolle inleiding bygevoeg wat 'n goeie oorsig gee oor waaror Bavinck skryf, en wat die sake was wat destyds in die GKN gelewe het, veral aangaande Kuyper se leer van die 'veronderstelde wedergeboorte', en hoe Bavinck in sekere aspekte van hom verskil het.

      Vir meer inligting: http://www.wtsbooks.com/product-exec/product_id/5904/nm/Saved+By+Grace:+The+Holy+Spirit's+Work+in+Calling+and+Regeneration+(Hardcover)

      3. Always Reforming - Continuation of the Sixteenth-Century Reformation, DJ Engelsma,ed. (Jenison, MI: FRPA, 2009)
      'n Samestelling van artikels deur PRCA teolo� en predikante aangaande die verdere reformasie in Nederland en later Amerika:
      - The Synod of Dordt, 1618/19
      - The Secession of 1834
      - The Doleantie of 1886
      - Reformation of 1924 in North America
      - Reformation of 1953 in the PRCA

      Meer inligting: http://www.rfpa.org/Scripts/prodView.asp?idproduct=95

      Boeke groete
      Slabbert Le Cornu (VDM) ______________________________________
      Gereformeerde Kerk Carletonville Posbus 5 Carletonville 2500 RSA
      Tel & faks: 018 787 5444 Sel: 082 770 2669 Web: www.esra.za.org
      E-pos: proregno@... Blog: http://proregno.blogspot.com
      Die HERE het groot dinge aan ons gedoen, ons was bly ! - Psalm 126:3
      ___________________________________________________________



      [Non-text portions of this message have been removed]
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.