Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Poste beskikbaar

Expand Messages
  • Nico van der Dussen
    Goeiedag, Ons het weer poste beskikbaar: VDDB PROJEKONDERSTEUNING SDIENSTE BOUBEDRYF - MYNBOU - INDUSTRIEEL Bourekenaars Beplanners Koste-bestuurders
    Message 1 of 4 , Jun 5, 2007
    • 0 Attachment
      Goeiedag,

      Ons het weer poste beskikbaar:

      VDDB

      PROJEKONDERSTEUNING

      SDIENSTE

      BOUBEDRYF - MYNBOU - INDUSTRIEEL

      Bourekenaars
      Beplanners
      Koste-bestuurders
      Sekretaresse

      Faks aansoeke na +27 12 644 2902 of e-pos aan aansoeke@...
      <mailto:aansoeke%40vddb.co.za>

      "Die regte inligting op die regte plek op die regte tyd"



      [Non-text portions of this message have been removed]
    • Nico van der Dussen
      VDDB is n konsultantfirma wat onder andere dienste in die mynbou en boubedryf lewer vir die beraming, beplanning en beheer van kapitaalkoste van projekte.
      Message 2 of 4 , Jun 23, 2007
      • 0 Attachment
        VDDB is 'n konsultantfirma wat onder andere dienste in die mynbou en
        boubedryf lewer vir die beraming, beplanning en beheer van kapitaalkoste
        van projekte. Meer personeel word benodig om die toename in die aanvraag
        vir VDDB se dienste vir projekte in Suid-Afrika, buurlande en oorsee te
        hanteer.

        Persone met die nodige kwalifikasies, 'n goeie algemene kennis en wat 'n
        bydrae kan maak om 'n bogemiddelde diens te lewer, se CV's word graag
        ontvang.

        BOUREKENAAR: BSc(QS) of soortgelyk, minstens 3 jaar nagraadse ervaring
        vir tipiese bourekenaarsdienste.

        PROJEKKOSTE-REKENMEESTER: BCom met minstens 2 jaar nagraadse ervaring,
        nie noodwendig in projekte nie, maar wel in handelspraktyk.

        CV's kan gestuur word na aansoeke@... of faks (012) 644-2902.

        Die proses wat gevolg word:
        Ons doen voorlopige keuring van die CV's, stuur dan aansoekvorms aan
        diegene wat oorweeg word, en voer daarna onderhoude met kandidate wat na
        die aansoekvorms deurgewerk is, verder oorweeg word. Daar is
        aanstellings gemaak uit ons werwingsveldtog van die afgelope paar
        maande, en ons sien daarna uit om nog geskikte personeel te identifiseer.
        --


        [Non-text portions of this message have been removed]
      • Nico van der Dussen
        Vir al die poste hieronder: Doen aansoek deur n CV aan aansoeke@vddb.co.za te stuur.
        Message 3 of 4 , Dec 14, 2010
        • 0 Attachment
          Vir al die poste hieronder:

          Doen aansoek deur 'n CV aan aansoeke@...<mailto:aansoeke@...> te stuur.

          *****************************************************************************************

          BOUREKENAAR (TERREIN)
          Junior BSc(QS) of BTech wie se studies afgehandel is. Dit is 'n twaalf maande aanstelling met moontlikheid om hoofkantoorpos daarna te kry vir 'n groot mynontwikkeling. As jy die platteland geniet, oor die nodige kwalifikasies beskik en minstens twee jaar al voltyds as gekwalifiseerde persoon gewerk het, kan jy aansoek doen vir hierdie pos.

          Vereistes
          1. BSc(QS) of BTech, minstens 2 jaar voltydse ervaring.
          2. Rekenaarvaardig.
          3. Bewus van inligtingsbestuur
          4. Taalvaardig om verslae te kan skryf.

          Aanbevelings
          1. Ervaring van siviele werk, struktuurstaal, meganiese pypwerk of ander ingenieurskonstruksie- en installasie.
          2. Kennis en ervaring van FIDIC.
          3. Bogemiddelde rekenaar- en inligtingsbestuur.

          Vergoeding is onderhandelbaar volgens kwalifikasies, vaardighede en ervaring en sal terreintoelaes insluit.

          *****************************************************************************************

          DISSIPLINE-BOUREKENAAR
          BSc(QS) met minstens vyf jaar ervaring wat selfstandig en met insig kan werk. Beramings, meetwerk, pryswerk, kostebestuur, analise, verslagdoening en kontrakadministrasie. Word deel van 'n bogemiddelde span wat projekbeheerdienste lewer; werk saam met beplanners en ingenieurs om waarde aan projekte te lewer deur koste, tyd en inligting te bestuur.

          Vereistes
          1. BSc(QS), minstens 5 jaar voltydse ervaring.
          2. Rekenaarvaardig.
          3. Bewus van inligtingsbestuur
          4. Taalvaardig om verslae te kan skryf.

          Aanbevelings
          1. Ervaring van siviele werk, struktuurstaal, meganiese pypwerk of ander ingenieurskonstruksie- en installasie.
          2. Kennis en ervaring van FIDIC en/of NEC.
          3. Bogemiddelde rekenaarvaardigheid, inligtingsbestuur en datahanteringstegnieke.
          4. Vaardighede vir middelbestuur.

          Vergoeding is onderhandelbaar volgens kwalifikasies, vaardighede en ervaring. Sterk groeimoontlikhede vir die regte kandidaat.

          *****************************************************************************************

          BEPLANNER
          Toepaslike tegniese of projekbestuurskwalifikasie en minstens 5 jaar ervaring in ingenieursprojekte. Moet van ontwerp- en bestuursbeplanning (bv tekenkantoorvordering) tot aflewering-, konstruksie- en installasie-beplanning kan beplan en skeduleer, en integreer. Kritieke pad en hoofaktiwiteitstrome identifiseer en vordering meet. Selfstandige denker wat ook bestuursvermoƫ het om inligting gereeld van die span in te samel, te integreer en vorderingsmeting te doen en weer doeltreffend aan die span te kommunikeer, asook om met kliƫnte te kan kommunikeer en 'n waardevolle bydrae in verskillende projekomgewings te kan maak.

          Aanbevelings
          1. Ervaring van siviele werk, struktuurstaal, meganiese pypwerk of ander ingenieurskonstruksie- en installasie.
          2. Bogemiddelde rekenaarvaardigheid, inligtingsbestuur en datahanteringstegnieke.
          3. Kennis en ervaring van MS Project 2010.
          4. Kennis en ervaring van MS Project Server.

          Vergoeding is onderhandelbaar volgens kwalifikasies, vaardighede en ervaring. Sterk groeimoontlikhede vir die regte kandidaat.



          [Non-text portions of this message have been removed]
        Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.