Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.
 

As die kruis weg is, bly sy geld ook weg

Expand Messages
  • Nico van der Dussen
    Ons kan argumenteer oor die kruis ens, maar die feit bly staan, iemand vir wie die Kruis nog belangrik is, het sy sê gese. Groete Nico
    Message 1 of 7 , Mar 1, 2007
      Ons kan argumenteer oor die kruis ens, maar die feit bly staan, iemand
      vir wie die Kruis nog belangrik is, het sy sê gese.

      Groete

      Nico

      http://www.cnn.com/2007/EDUCATION/02/28/college.cross.ap/index.html


      <http://www.cnn.com/EDUCATION/>
      Cross debate costs College of William and Mary $12 million donation


      POSTED: 7:39 p.m. EST, February 28, 2007


      *WILLIAMSBURG, Virginia* (AP) -- A longtime donor to the College of
      William and Mary is withholding a $12 million pledge because of the
      decision to remove of a cross from a campus chapel, the school said.

      The donor, who was not identified, changed his mind after school
      President Gene Nichol decided in October that the cross should be stored
      in a sacristy to make the chapel welcoming to students of all faiths,
      Nichol spokesman Mike Connolly said.

      The loss of the funds "represents a serious setback to the college,"
      Nichol wrote in an e-mailed statement Tuesday. "While I know it is
      intended to make a policy statement, ultimately it only hurts our students."

      Advocates of keeping the cross in Wren Chapel pointed to the school's
      founding 300 years ago as an institution of the Anglican Church. The
      cross, they argued, should be displayed not only as a symbol of faith
      but as an acknowledgment of history and tradition.

      Nichol's supporters say the school, which has been public since 1906, is
      obligated to make people of different faiths feel comfortable.

      Copyright 2007 The Associated Press
      <http://www.cnn.com/interactive_legal.html#AP>. All rights reserved.This
      material may not be published, broadcast, rewritten, or redistributed.
    • Leendert van Oostrum
      Nico haal aan: Advocates of keeping the cross in Wren Chapel pointed to the school s founding 300 years ago as an institution of the Anglican Church. The
      Message 2 of 7 , Mar 1, 2007
        Nico haal aan:



        Advocates of keeping the cross in Wren Chapel pointed to the school's
        founding 300 years ago as an institution of the Anglican Church. The
        cross, they argued, should be displayed not only as a symbol of faith
        but as an acknowledgment of history and tradition.

        Nichol's supporters say the school, which has been public since 1906, is
        obligated to make people of different faiths feel comfortable.




        [Leendert] Presies dieselfde geskiedenis as die TSP. Al verskil is, die TSP
        is dertig jaar later as William and Mary College aan die staat verkoop.

        [Leendert] En die resultaat is ook dieselfde.


        Moderator se nota: TSP = Teologiese Skool Potchefstroom - die teologiese skool van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika
        [Non-text portions of this message have been removed]
      • Paul Kruger
        Leenderd verwys (onderstaande) na die TSP wat op dieselfde pad is om verskeie godsdienste te akkomodeer. My probleem met sy verwysing is die volgende: - Die
        Message 3 of 7 , Mar 2, 2007
          Leenderd verwys (onderstaande) na die TSP wat op dieselfde pad is om
          verskeie godsdienste te akkomodeer. My probleem met sy verwysing is die
          volgende:

          - Die TSP is 'n kerklike skool waar predikante (in die geval volgens
          Art 18 KO) ander predikante oplei. Dit staan onder die beheer van die
          kuratore, waarvan elke Part Sinode van die GKSA ten minste twee verkies.
          Om te beweer dat ons op die pad van godsdiensgelykstelling is, is 'n
          groot mosie van wantroue in die kerkverband waarvan hy deel is. Wat die
          toekoms ook al inhou, op die oomblik is ons binne hierdie kerkverband.
          Ek is nie bewus dat godsdiensgelykstelling in ons kerke gepredik word
          nie.

          - Die TSP moet van die Fakulteit Teologie onderskei word. Op die
          oomblik is daar 'n kontraktuele ooreenkoms en dus 'n simbiose. Die
          Fakulteit Teologie staan onder die Noordwes-Universiteit, waar die
          staatsowerheid deur middel van befondsing en op ander maniere 'n sê het.
          Op die oomblik kies die Fakulteit Teologie uitdruklik vir Reformatoriese
          Teologie. Hoe wyd of eng dit geinterpreteer word, beteken dit wel dat
          ons uitdruklik by die belydenisskrifte aansluit (ek doen dit in elk
          geval) en dat godsdiensgelykstelling binne hierdie "etos" uit pas sal
          wees.

          Ek is bewus dat die kontraktuele ooreenkoms en dus die simbiose in die
          toekoms onder druk kan kom. Dan staan dit die kerk altyd vry om die TSP
          te ontkoppel aan die Fakulteit Teologie. 'n Voorbeeld van die
          eiestandigheid van die TSP is dat daar van vanjaar af daar modules is
          wat die universiteit )om befondsingsredes en omdat dit nie by die
          owerhede registreer kan word nie) nie kan aanbied nie en wat net as
          TSP-modules (dus kerlike leermodules, gekoppel aan die Kandidaatstudie
          en nie aan graadstudie aan die NWU nie) aangebied word.

          Ons moet nie navorsing wat dosente doen en wat dalk twyfelagtig bevind
          word op die brood van die TSP smeer nie. As daar individuele (beroepe)
          teologiese professore is wat uit pas is met Skrif en belydenis, is daar
          kerklike weë om dit te hanteer - van die weg van Mat 18 af tot en met
          Art 79 en 80 KO. Per slot van rekening bly die teologiese professore as
          "predikante wat ander predikante oplei" op 'n besondere manier
          verantwoordbaar aan die kerke binne die GKSA-verband.

          Indien spesifiek na ander godsdienste verwys word, kan ek meld dat die
          professor in Missiologie, Derrick Mashau, hom in die onlangse verlede
          sterk uitgelaat het oor ander godsdienste en die uniekheid van ons
          Christelike geloof sterk voorop gestel het.

          Mooi dag vir almal.

          Paul Krüger (TSP)




          --------------
          Nico haal aan:

          Advocates of keeping the cross in Wren Chapel pointed to the school's
          founding 300 years ago as an institution of the Anglican Church. The
          cross, they argued, should be displayed not only as a symbol of faith
          but as an acknowledgment of history and tradition.

          Nichol's supporters say the school, which has been public since 1906,
          is
          obligated to make people of different faiths feel comfortable.

          [Leendert] Presies dieselfde geskiedenis as die TSP. Al verskil is, die
          TSP
          is dertig jaar later as William and Mary College aan die staat
          verkoop.

          [Leendert] En die resultaat is ook dieselfde.

          Moderator se nota: TSP = Teologiese Skool Potchefstroom - die
          teologiese skool van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika
          [Non-text portions of this message have been removed]



          [Non-text portions of this message have been removed]
        • Leendert van Oostrum
          Paul Kruger skryf: Leenderd verwys (onderstaande) na die TSP wat op dieselfde pad is om verskeie godsdienste te akkomodeer. [Leendert] Ek dink my opmerking kan
          Message 4 of 7 , Mar 2, 2007
            Paul Kruger skryf:



            Leenderd verwys (onderstaande) na die TSP wat op dieselfde pad is om
            verskeie godsdienste te akkomodeer.

            [Leendert] Ek dink my opmerking kan meer akkuraat vertolk word as dat daar
            potensiële of aktuele druk op die TSP is om ander godsdienste “comfortable”
            te laat voel. Ek kan ook ruim gronde vir so ‘n standpunt aanvoer.

            Daardie standpunt is egter nie dieselfde as Paul se weergawe hierbo nie.

            [Paul] My probleem met sy verwysing is die
            volgende:

            - Die TSP is 'n kerklike skool waar predikante (in die geval volgens
            Art 18 KO) ander predikante oplei. Dit staan onder die beheer van die
            kuratore, waarvan elke Part Sinode van die GKSA ten minste twee verkies.
            Om te beweer dat ons op die pad van godsdiensgelykstelling is, is 'n
            groot mosie van wantroue in die kerkverband waarvan hy deel is. Wat die
            toekoms ook al inhou, op die oomblik is ons binne hierdie kerkverband.

            [Leendert] Ek vind dit altyd moeilik wanneer kritiese opmerkings of
            bevraagtekening met beskuldings van wantroue, en die noodwendige implikasie
            van ontrou/dislojaliteit beantwoord word. Ek assosieer dit nie gemaklik met
            die g(G)ereformeerde tradisie nie, om van die Skrif nie eens te praat nie.

            [Paul] Ek is nie bewus dat godsdiensgelykstelling in ons kerke gepredik word
            nie.

            [Leendert] Ek dink ook nie dat my verwysing beweer het dat
            godsiensgelykstelling in ons kerke gepredik word nie (hoewel ek dit op
            hoorsê het dat dit al in katkisasie verkondig is).

            [Paul] - Die TSP moet van die Fakulteit Teologie onderskei word. Op die
            oomblik is daar 'n kontraktuele ooreenkoms en dus 'n simbiose. Die
            Fakulteit Teologie staan onder die Noordwes-Universiteit, waar die
            staatsowerheid deur middel van befondsing en op ander maniere 'n sê het.
            Op die oomblik kies die Fakulteit Teologie uitdruklik vir Reformatoriese
            Teologie. Hoe wyd of eng dit geinterpreteer word, beteken dit wel dat
            ons uitdruklik by die belydenisskrifte aansluit (ek doen dit in elk
            geval) en dat godsdiensgelykstelling binne hierdie "etos" uit pas sal
            wees.

            [Leendert] Het die onderskeid tussen die TSP en die Fakulteit Teologie reeds
            bestaan tydens die nasionalisering van die PUK in die dertigerjare, of is
            dit ‘n meer onlangse reëling om owerheidsdruk op die TSP te probeer
            “bestuur”?

            [Paul] Ek is bewus dat die kontraktuele ooreenkoms en dus die simbiose in
            die
            toekoms onder druk kan kom. Dan staan dit die kerk altyd vry om die TSP
            te ontkoppel aan die Fakulteit Teologie. 'n Voorbeeld van die
            eiestandigheid van die TSP is dat daar van vanjaar af daar modules is
            wat die universiteit )om befondsingsredes en omdat dit nie by die
            owerhede registreer kan word nie) nie kan aanbied nie en wat net as
            TSP-modules (dus kerlike leermodules, gekoppel aan die Kandidaatstudie
            en nie aan graadstudie aan die NWU nie) aangebied word.

            [Leendert] Dit is ‘n verblydende teken as die kerk uit die owerheid se sak
            en onder sy toesig uitbeweeg.

            Uit hoofde van my werk kry ek by geleentheid te doel met Moslemgeleerdes, en
            hul opleiding (Mufti’s, Mulana’s, ens). Dit tref my altyd hoe verstom
            daardie mense is oor die verskynsel dat Christene hul teologiese opleiding
            ondergeskik stel aan akkreditering deur die staat. Hulle kan hulle dit nie
            indink dat ‘n graad in die teologie deur die owerheid geakkrediteer moet
            word nie.

            Nou ja, die historiese agtergrond verskil sterk, maar dit laat mens dink.

            Wat wel duidelik is, is dat die “privatisering” van spesifiek kerklike
            modules inderdaad ‘n manifestasie is van dieselfde verskynsel is as die
            insident by William and Mary College. Dit gaan oor die uitdryf van
            godsdienstige uitlewing uit die openbare domein na die private.

            Die probleem ontstaan natuurlik wanneer die kerk in die eerste plek haar
            doktore staatsamptenare maak in ruil vir “befondsing”, hetsy in die vorm van
            salarisse of andersinds. Daardeur plaas sy inherent-kerklike funksies in die
            openbare domein. Dat hierdie vergryp herstel word, is verblydend, want kerke
            moes nooit in die sak van die belastingbetaler (bv. Anglo American, Standard
            Bank, die handelaars van Promosa) gevroetel het nie.

            Is die uitdryf van die kerk se regmatige deelname aan die openbare lewe nie
            juis ‘n reaksie op die kerk se onregmatige “oortreding” van die skeiding
            tussen kerk en staat nie?

            [Paul] Ons moet nie navorsing wat dosente doen en wat dalk twyfelagtig
            bevind
            word op die brood van die TSP smeer nie. As daar individuele (beroepe)
            teologiese professore is wat uit pas is met Skrif en belydenis, is daar
            kerklike weë om dit te hanteer - van die weg van Mat 18 af tot en met
            Art 79 en 80 KO. Per slot van rekening bly die teologiese professore as
            "predikante wat ander predikante oplei" op 'n besondere manier
            verantwoordbaar aan die kerke binne die GKSA-verband.

            [Leendert] Ek het drie probleme met die standpunt dat sulke sake slegs langs
            bepaalde kerklike weg hanteer mag word.

            In die eerste plek moet ons daarteen waak om alle meningsverskil tot sonde
            te verklaar en dit daardeur onder die bestek van Mat 18 te bring. Want sake
            wat nie sonde is nie, val uitdruklik buite die bestek van Mat 18 en daardie
            kerkordelike bepalings wat daarmee verband hou.

            In die tweede plek is ek baie ongemaklik daarmee wanneer “die kerklike weg”
            aangewend word om die regmatige sake van die kerk- en stadplein in die
            doofpot te stop. Navorsing en ander uitsprake en handelinge wat gepubliseer
            is, het daarmee onder die loep van die openbare diskoers gekom.

            As gelowiges verhoed word om hulle uit te spreek oor openbare sake word
            hulle daarmee ook verhoed om te getuig oor daardie sake. Ek meen dat daar,
            op grond van gesag soos Bouman, Spoelstra en ander, ‘n argument voor
            uitgemaak kan word dat ons dan te doen het met indringing in die amp van
            gelowige.

            Derdens is dit so dat die dosente van die Teologiese Fakulteit en die TSP
            nie net predikante is wat predikante oplei nie, maar is dit ook so dat hulle
            deur die belastingbetaler besoldig word.

            In ‘n grondwetlike demokrasie soos ons s’n rus daar ‘n plig op die kieser om
            toesig te hou oor die besteding van openbare fondse. Ek meen dus tans dat
            daar, ooreenkomstig die Vyfde Gebod, ‘n plig rus – nie net op die
            Gereformeerde kieser nie maar ook op die Slamse kieser in Promosa en die
            kieser wat ‘n Sangoma in Ikageng is – om rentmeesterskap uit te oefen oor
            die diens wat die prof by die TSP lewer, en om dit langs die toepaslike,
            nie-kerklike kanale te doen!

            Groete,

            Leendert



            [Non-text portions of this message have been removed]
          • Paul Kruger
            Antwoord op Leenderd se reaksie: Leenderd verwys (onderstaande) na die TSP wat op dieselfde pad is om verskeie godsdienste te akkomodeer. ... potensiële of
            Message 5 of 7 , Mar 5, 2007
              Antwoord op Leenderd se reaksie:

              Leenderd verwys (onderstaande) na die TSP wat op dieselfde pad is om
              verskeie godsdienste te akkomodeer.

              >>[Leendert] Ek dink my opmerking kan meer akkuraat vertolk word as dat daar
              potensiële of aktuele druk op die TSP is om ander godsdienste “comfortable”
              te laat voel. Ek kan ook ruim gronde vir so ‘n standpunt aanvoer.

              >>Daardie standpunt is egter nie dieselfde as Paul se weergawe hierbo nie.
              PP Krüger (IV)
              Skool vir Bybelwetenskappe en Bybeltale
              Fakulteit Teologie
              Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit
              Potchefstroom
              Suid-Afrika
              2520
              Ou Testament-vakgroep
              Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
              Posbus 20004
              Noordbrug
              2522
              Persoonlike adres: Posbus 20670, Noordbrug, 2522.
              (W)+27 (0)18 299 1598
              (H)+27 (0)18 297 3493
              Sel: 084 504 6588
              E-pos: * paul.kruger@... *
              _____________________________________

              Hierdie boodskap (en aanhangsels) is onderhewig aan beperkings en 'n vrywaringsklousule. Volledige besonderhede beskikbaar by http://www.puk.ac.za/itb/e-pos/disclaimer.html , of by itbsekr@...
              This message (and attachments) is subject to restrictions and a disclaimer. Please refer to http://www.puk.ac.za/itb/e-pos/disclaimer.html for full details, or at itbsekr@...

              >>>> [Paul 2] Ek het jou dan verkeerd verstaan. Tog sou ek graag van die gronde verneem (al is dit in 'n persoonlike brief) van druk op die TSP om ander godsdienste gemaklik te laat voel.

              [Paul] My probleem met sy verwysing is die
              volgende:

              - Die TSP is 'n kerklike skool waar predikante (in die geval volgens
              Art 18 KO) ander predikante oplei. Dit staan onder die beheer van die
              kuratore, waarvan elke Part Sinode van die GKSA ten minste twee verkies.
              Om te beweer dat ons op die pad van godsdiensgelykstelling is, is 'n
              groot mosie van wantroue in die kerkverband waarvan hy deel is. Wat die
              toekoms ook al inhou, op die oomblik is ons binne hierdie kerkverband.

              >>[Leendert] Ek vind dit altyd moeilik wanneer kritiese opmerkings of
              bevraagtekening met beskuldings van wantroue, en die noodwendige implikasie
              van ontrou/dislojaliteit beantwoord word. Ek assosieer dit nie gemaklik met
              die g(G)ereformeerde tradisie nie, om van die Skrif nie eens te praat nie.
              >>>> [Paul 2]Ek het gedink my antwoord is saaklik. Hoe het ek "beskuldigings van wantroue" gemaak? As dit so oorgekom het, was dit in elk geval nie my bedoeling nie.

              [Paul] Ek is nie bewus dat godsdiensgelykstelling in ons kerke gepredik word
              nie.

              >>[Leendert] Ek dink ook nie dat my verwysing beweer het dat
              godsiensgelykstelling in ons kerke gepredik word nie (hoewel ek dit op
              hoorsê het dat dit al in katkisasie verkondig is).

              >>>> [Paul 2] Ek is werklik bekommerd as dit wel in katkisasie verkondig word en lidmate/kerkrade moet sodanige gevalle opvolg. Godsdiensgelykstelling is 'n baie ernstige saak.

              [Paul] - Die TSP moet van die Fakulteit Teologie onderskei word. Op die
              oomblik is daar 'n kontraktuele ooreenkoms en dus 'n simbiose. Die
              Fakulteit Teologie staan onder die Noordwes-Universiteit, waar die
              staatsowerheid deur middel van befondsing en op ander maniere 'n sê het.
              Op die oomblik kies die Fakulteit Teologie uitdruklik vir Reformatoriese
              Teologie. Hoe wyd of eng dit geinterpreteer word, beteken dit wel dat
              ons uitdruklik by die belydenisskrifte aansluit (ek doen dit in elk
              geval) en dat godsdiensgelykstelling binne hierdie "etos" uit pas sal
              wees.

              [>>Leendert] Het die onderskeid tussen die TSP en die Fakulteit Teologie reeds
              bestaan tydens die nasionalisering van die PUK in die dertigerjare, of is
              dit ‘n meer onlangse reëling om owerheidsdruk op die TSP te probeer
              “bestuur”?
              >>> [Paul 2]: Sover my kennis strek, strek nasionalisering van die PUK (en ook van CNO-skole) verder terug as die dertigjare. Hierdie stap was problematies. Wat verder gebeur het, is dat die regering in die nuwe bedeling bloot maar net (en met groter inmenging) die nasionalisering van die onderwys voortsit. Die TSP was egter, sover my wete strek, nog altyd onderskeie van die Fakulteit Teologie. Dit is nie 'n meer onlangse reëling om die owerheidsdruk te probeer bestuur nie.

              [Paul] Ek is bewus dat die kontraktuele ooreenkoms en dus die simbiose in
              die
              toekoms onder druk kan kom. Dan staan dit die kerk altyd vry om die TSP
              te ontkoppel aan die Fakulteit Teologie. 'n Voorbeeld van die
              eiestandigheid van die TSP is dat daar van vanjaar af daar modules is
              wat die universiteit )om befondsingsredes en omdat dit nie by die
              owerhede registreer kan word nie) nie kan aanbied nie en wat net as
              TSP-modules (dus kerlike leermodules, gekoppel aan die Kandidaatstudie
              en nie aan graadstudie aan die NWU nie) aangebied word.

              >> [Leendert] Dit is ‘n verblydende teken as die kerk uit die owerheid se sak
              en onder sy toesig uitbeweeg.
              >>>> [Paul 2] Tans is daar drie troefkaarte wat dit moeilik (maar glad nie onmoontlik) maak vir die Fakulteit Teologie om op 'n breëer basis te gaan en ook Skrifkrities te raak: (1) Die Fakulteit word bedryf in geboue wat aan die kerk behoort. Dis deel van die ooreenkoms. As die band verbreek word, moet die universiteit vir hierdie fakulteit fasiliteite kry. (2) Verrreweg die grootste aantal voltydse studente aan die Fakulteit Teologie is Kandidaatstudente (predikantstudente van die GKSA). Sonder hierdie kern studente word die Fakulteit 'n navorsingsinstansie en verloor hy aan kapasiteit en geloofwaardigehid. (3) Daar is honderde studente aan geakkrediteerde kolleges wat juis hulle graad deur die NWU se Fakulteit Teologie kry en daar geakkrediteer is, omdat hulle nie kans sien vir Skrifkritiese teologie wat aan ander fakulteite doseer word nie. As die Fakulteit Teologie aan die NWU Skrifkrities raak, sal een na die ander van hierdie kolleges hulle studente vat en loop. Die kolleges verteenwoordig 'n verskeidenheid van denominasies, maar die gemeenskaplike is dat hulle inkoop op die Reformatoriese teologie aan die NWU.
              Ek noem bogenoemde as agtergrond, waarom die Fakulteit Teologie in die moeilikheid sal wees as sy reputasie (Reformatories, Skrifgetrou) in gedrang kom.

              >>[Leenderd] Uit hoofde van my werk kry ek by geleentheid te doel met Moslemgeleerdes, en
              hul opleiding (Mufti’s, Mulana’s, ens). Dit tref my altyd hoe verstom
              daardie mense is oor die verskynsel dat Christene hul teologiese opleiding
              ondergeskik stel aan akkreditering deur die staat. Hulle kan hulle dit nie
              indink dat ‘n graad in die teologie deur die owerheid geakkrediteer moet
              word nie.

              Nou ja, die historiese agtergrond verskil sterk, maar dit laat mens dink.
              >>>> [ Paul 2]: Prinsipieel is jy reg (en die moslems ook) - ons laat te gemaklik dinge oor aan die staat en stel die kerk (Christelike kerk) te maklik ondergeskik aan die staat. Soms is ons knieë deurgekruip voor die owerheid van die dag. Ek verwys nou in die algemeen na 'n mentaliteit onder Afrikaners (of wat jy die Boere ook al wil noem). Dit wreek hom in ons skoolonderwys - nou nog.
              >> [Leenderd] Wat wel duidelik is, is dat die “privatisering” van spesifiek kerklike
              modules inderdaad ‘n manifestasie is van dieselfde verskynsel is as die
              insident by William and Mary College. Dit gaan oor die uitdryf van
              godsdienstige uitlewing uit die openbare domein na die private.

              Die probleem ontstaan natuurlik wanneer die kerk in die eerste plek haar
              doktore staatsamptenare maak in ruil vir “befondsing”, hetsy in die vorm van
              salarisse of andersinds. Daardeur plaas sy inherent-kerklike funksies in die
              openbare domein. Dat hierdie vergryp herstel word, is verblydend, want kerke
              moes nooit in die sak van die belastingbetaler (bv. Anglo American, Standard
              Bank, die handelaars van Promosa) gevroetel het nie.

              Is die uitdryf van die kerk se regmatige deelname aan die openbare lewe nie
              juis ‘n reaksie op die kerk se onregmatige “oortreding” van die skeiding
              tussen kerk en staat nie?
              >>>>[Paul 2] Ja ...

              [Paul] Ons moet nie navorsing wat dosente doen en wat dalk twyfelagtig
              bevind
              word op die brood van die TSP smeer nie. As daar individuele (beroepe)
              teologiese professore is wat uit pas is met Skrif en belydenis, is daar
              kerklike weë om dit te hanteer - van die weg van Mat 18 af tot en met
              Art 79 en 80 KO. Per slot van rekening bly die teologiese professore as
              "predikante wat ander predikante oplei" op 'n besondere manier
              verantwoordbaar aan die kerke binne die GKSA-verband.

              >>[Leendert] Ek het drie probleme met die standpunt dat sulke sake slegs langs
              bepaalde kerklike weg hanteer mag word.

              In die eerste plek moet ons daarteen waak om alle meningsverskil tot sonde
              te verklaar en dit daardeur onder die bestek van Mat 18 te bring. Want sake
              wat nie sonde is nie, val uitdruklik buite die bestek van Mat 18 en daardie
              kerkordelike bepalings wat daarmee verband hou.

              In die tweede plek is ek baie ongemaklik daarmee wanneer “die kerklike weg”
              aangewend word om die regmatige sake van die kerk- en stadplein in die
              doofpot te stop. Navorsing en ander uitsprake en handelinge wat gepubliseer
              is, het daarmee onder die loep van die openbare diskoers gekom.

              As gelowiges verhoed word om hulle uit te spreek oor openbare sake word
              hulle daarmee ook verhoed om te getuig oor daardie sake. Ek meen dat daar,
              op grond van gesag soos Bouman, Spoelstra en ander, ‘n argument voor
              uitgemaak kan word dat ons dan te doen het met indringing in die amp van
              gelowige.

              Derdens is dit so dat die dosente van die Teologiese Fakulteit en die TSP
              nie net predikante is wat predikante oplei nie, maar is dit ook so dat hulle
              deur die belastingbetaler besoldig word.

              In ‘n grondwetlike demokrasie soos ons s’n rus daar ‘n plig op die kieser om
              toesig te hou oor die besteding van openbare fondse. Ek meen dus tans dat
              daar, ooreenkomstig die Vyfde Gebod, ‘n plig rus * nie net op die
              Gereformeerde kieser nie maar ook op die Slamse kieser in Promosa en die
              kieser wat ‘n Sangoma in Ikageng is * om rentmeesterskap uit te oefen oor
              die diens wat die prof by die TSP lewer, en om dit langs die toepaslike,
              nie-kerPaul Kruger skryf:

              >>>>[Paul 2] Ek het na Mat 18 en die tug oor ampsdraers verwys omdat ek Leendert verstaan het as sou hy 'n tugwaardige optrede uitwys. Natuurlik moet ons nie meningsverskil in die doofpot sit nie.
              Oor die verhouding kerk en staat stem ek en hy waarskynlik grootliks saam. Daar is natuurlik regverdiger staatsbefondsing van onderwys soos in Nederland: Dan sal die Christen en moslem beide volgens getalle en selfs volgens belydenis uit die staatskas subsidie vir onderwys (ook hoër onderwys) kan kry - maar let wel: die staat moet nie die onderwys dan beheer nie. Die skole en universiteite moet selfstandigheid behou.

              Groete
              Paul!

              Groete,

              Leendert

              [Non-text portions of this message have been removed]





              [Non-text portions of this message have been removed]
            • Bouwe van der Eems
              My verstaan van die situasie by die TSP is die volgende: 1) Daar is n Fakulteit Teologie a. Enigiemand kan daar studeer b. Die studente
              Message 6 of 7 , Mar 7, 2007
                My verstaan van die situasie by die TSP is die volgende:



                1) Daar is 'n Fakulteit Teologie

                a. Enigiemand kan daar studeer

                b. Die studente verskaf befondsing aan die fakulteit deur hulle
                klasgelde

                c. Die staat verskaf befondsing aan die fakulteit

                d. Die GKSA verskaf indirek befondsing aan die fakulteit deur middel
                van ramings wat vir die Noordwes Universiteit ingesamel word

                e. Die fakulteit is onder toesig van die universiteit

                f. Die universiteit is onder toesig van die staat

                2) Daar is 'n Teologiese Skool

                a. Enigiemand kan daar studeer

                b. Die studente verskaf befondsing aan die TSP deur hulle klasgelde

                c. Die staat verskaf befondsing aan die TSP

                d. Die GKSA verskaf indirek befondsing aan die fakulteit deur middel
                van ramings wat vir die TSP ingesamel word

                e. Die TSP is onder toesig van die kuratore



                Graag wil ek weet of my verstaan van die situasie korrek is. As iemand kan
                help, sal ek dit baie waardeer.



                Mens kan allerhande vroom uitsprake maak oor die TSP, maar op die einde bly
                daar die ou gesegde staan : "Wiens brood men eet, diens lied men zingt".
                Enigiemand wat 'n studie van die kerkgeskiedenis gemaak het, sal weet dat
                dit veral van toepassing is op die kerk. Diegene wat wil beweer dat die TSP
                immuun vir die invloed van die partye wat hom befonds, sal baie sterk
                argumente moet aanvoer.



                Verder sou ek graag wou verneem wat presies die kerklike weg is wat 'n
                lidmaat moet volg, as hy probleme het met optredes van die professore. My
                persoonlike ervaring is dat kuratore geneig is om lidmate met 'n oormaat van
                tegnikaliteite met 'n kluitjie in die riet stuur dat hulle later nie meer
                weet of hulle kom of gaan nie.



                Groetnis



                - Bouwe







                [Non-text portions of this message have been removed]
              • Paul Kruger
                Ek antwoord graag op Bouwe se vraag: 1. Wat die Fakulteit (Universiteit) betref: Ja, enigiemand kan daar studeer wat aan sekere (akademiese)
                Message 7 of 7 , Mar 7, 2007
                  Ek antwoord graag op Bouwe se vraag:

                  1. Wat die Fakulteit (Universiteit) betref: Ja, enigiemand kan daar studeer wat aan sekere (akademiese) toelatingsvereistes voldoen. Die universiteit ontvang sy fondse uit verskillende oorde - die staat se bydrae is minder as 50% en die klasgelde is eintlik minimaal in verhouding tot die bedryfskoste. Die ramings wat die kerk altyd aan die PU vir CHO betaal is, is 'n druppel aan die emmer - dit was uiteindelik meer 'n simboliese bedrag en baie minder as wat die universiteit aan die Fakulteit Teologie spandeer. Die Fakulteit is onder toesig van die Universiteit en die Universiteit, hoewel 'n afhanklike instansie, is baie sterk onder die indirekte beheer van die staat.

                  2. Wat die Teologiese Skool betref: NIE enigiemand kan daar studeer nie, maar slegs manne wat predikant in die GKSA wil word en wat deur die kuratore gekeur is, onder andere op grond van goeie getuienis van leer en lewe en gawes. Dikwels gebeur dit dat iemand se studies aan die TSP opgeskort word en die persoon dan slegs 'n fakulteitstudent is. Dit gebeur as daar onbevredigende vordering is, as die persoon nie (meer) kan getuig van werklike innerlike roeping nie en as daar probleme ten opsigte van leer of lewe geopenbaar word. Daar word nie as sodanig aan die TSP klasgelde betaal nie. Die GKSA betaal volgens ooreenkoms met die Universiteit ongeveer die helfte van die GKSA se beroepe professore se "traktement" en verskaf die geboue. (Die universiteit betaal meeste van die ander personeel - ook admin personeel ten volle en verskaf infrastruktuur soos rekenaardienste). Dit is nie korrek om te sê dat die TSP indirek of direk onder die staat val nie.

                  As die TSP hom deur die staat se voorskrifte sou laat beinvloed, lê die probleem nie in befondsing of dat die TSP nie onafhanklik is nie.

                  PPK

                  PP Krüger (IV)
                  Skool vir Bybelwetenskappe en Bybeltale
                  Fakulteit Teologie
                  Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit
                  Potchefstroom
                  Suid-Afrika
                  2520

                  Ou Testament-vakgroep
                  Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
                  Posbus 20004
                  Noordbrug
                  2522

                  Persoonlike adres: Posbus 20670, Noordbrug, 2522.

                  (W)+27 (0)18 299 1598
                  (H)+27 (0)18 297 3493
                  Sel: 084 504 6588
                  E-pos: * paul.kruger@... *

                  _____________________________________


                  Hierdie boodskap (en aanhangsels) is onderhewig aan beperkings en 'n vrywaringsklousule. Volledige besonderhede beskikbaar by http://www.puk.ac.za/itb/e-pos/disclaimer.html , of by itbsekr@...

                  This message (and attachments) is subject to restrictions and a disclaimer. Please refer to http://www.puk.ac.za/itb/e-pos/disclaimer.html for full details, or at itbsekr@...

                  >>> bouwe@... 03/07/07 5:24 PM >>>
                  My verstaan van die situasie by die TSP is die volgende:



                  1) Daar is 'n Fakulteit Teologie

                  a. Enigiemand kan daar studeer

                  b. Die studente verskaf befondsing aan die fakulteit deur hulle
                  klasgelde

                  c. Die staat verskaf befondsing aan die fakulteit

                  d. Die GKSA verskaf indirek befondsing aan die fakulteit deur middel
                  van ramings wat vir die Noordwes Universiteit ingesamel word

                  e. Die fakulteit is onder toesig van die universiteit

                  f. Die universiteit is onder toesig van die staat

                  2) Daar is 'n Teologiese Skool

                  a. Enigiemand kan daar studeer

                  b. Die studente verskaf befondsing aan die TSP deur hulle klasgelde

                  c. Die staat verskaf befondsing aan die TSP

                  d. Die GKSA verskaf indirek befondsing aan die fakulteit deur middel
                  van ramings wat vir die TSP ingesamel word

                  e. Die TSP is onder toesig van die kuratore



                  Graag wil ek weet of my verstaan van die situasie korrek is. As iemand kan
                  help, sal ek dit baie waardeer.



                  Mens kan allerhande vroom uitsprake maak oor die TSP, maar op die einde bly
                  daar die ou gesegde staan : "Wiens brood men eet, diens lied men zingt".
                  Enigiemand wat 'n studie van die kerkgeskiedenis gemaak het, sal weet dat
                  dit veral van toepassing is op die kerk. Diegene wat wil beweer dat die TSP
                  immuun vir die invloed van die partye wat hom befonds, sal baie sterk
                  argumente moet aanvoer.



                  Verder sou ek graag wou verneem wat presies die kerklike weg is wat 'n
                  lidmaat moet volg, as hy probleme het met optredes van die professore. My
                  persoonlike ervaring is dat kuratore geneig is om lidmate met 'n oormaat van
                  tegnikaliteite met 'n kluitjie in die riet stuur dat hulle later nie meer
                  weet of hulle kom of gaan nie.



                  Groetnis



                  - Bouwe







                  [Non-text portions of this message have been removed]
                Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.