Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Re: [calvyn] Prof SA Strauss oor Schilder se verbondsleer

Expand Messages
  • Piet van der Kooi
    Beste Slabbert Ek wou eintlik nie meer oor hierdie saak verder redeneer met jou nie. Maar daar is na lesing van die onderstaande uiteensetting van jou nog iets
    Message 1 of 3 , Sep 1, 2005
    • 0 Attachment
      Beste Slabbert

      Ek wou eintlik nie meer oor hierdie saak verder redeneer met jou nie. Maar
      daar is na lesing van die onderstaande uiteensetting van jou nog iets wat ek
      wil toevoeg. Jy redeneer nou baie wyd, maar jy maak gevolgtrekkings wat, as
      jy Schilder se werke lees, nie suiwer is nie. Jy maak te gemaklik
      gevolgtrekkings dat Schilder min of meer Remonstrants in sy teologiese denke
      is, wat wanneer jy daarop ingaan, deur homself
      weerspreek is. Ek het as gevolg van hierdie debat op rekenaarskerm baie
      opgelees wat ek nie meer wil uittik nie: naamlik uit sy prekebundels, uit sy
      verklaring van die Heidelbergse Kategismus, uit sy boek "Wat is de Hel" en
      dan het ek ook die werk van prof Douma "Algemene Genade" daaroor
      geraadpleeg. Ek verwerp die gevolgtrekking wat jy talle kere gemaak het dat
      daar 'n Arminiaanse kronkel aanwesig is. Verder maak dit vir my nie saak wat
      jy glo aangaande die verbonds- en doopsbeskouing nie. Ek sal jou nie bind
      aan myne nie. Solank jy asseblief ophou om prof Schilder te verketter as 'n
      verkapte Arminiaan.

      Vriendelike groete

      P van der Kooi

      ----- Original Message -----
      From: "9220050419 Le Cornu" <12610356@...>
      To: <calvyn@yahoogroups.com>
      Sent: Wednesday, August 31, 2005 12:06 PM
      Subject: [calvyn] Prof SA Strauss oor Schilder se verbondsleer

      Die probleem met die voorwaardelike verbondsbeskouing is dat dinge vanuit 'n
      skolastiese abstrakte denksisteem gesê word oor uitverkiesing en verbond wat
      duidelik weersprekend is met dit wat Skrif en belydenis leer, bv.
      - God wil alle dopelinge se Vader wees ... maar ... eintlik is Hy net die
      uitverkorenes se Vader.
      - God belowe aan almal redding ... maar ... eintlik red Hy net sy
      uitverkorenes.
      - Die redding is onvoorwaardelik ... maar ... dit is eintlik voorwaardelik
      ook
      - Die verlossing is God se verantwoordelikheid ... maar ... dit is die mens
      se verantwoordelikheid ook
      - Geloof is 'n gawe van God ... maar ... dit is voorwaarde ook
      - ens. ens.

      Prof. SA Strauss het sy DD-proefskrif gedoen onder die titel: " 'Alles of
      Niks' : K. Schilder oor die verbond".

      Ek glo darem nie prof. Strauss het 'n 'totaal verwronge beeld' van Schilder
      voorgehou nie.

      Hy skryf daarin onder meer:

      "Ook na die Vrymaking kon Schilder dus nog altyd 'n verband tussen doop en
      wedergeboorte erken. Maar dan moet dit syns insiens so gestel word: die doop
      beseël aan ons die BELOFTE van die verbond, wat onder meer insluit dat die
      Heilige Gees dit wat Christus reeds vir ons verwerf het (ons regverdigmaking
      en ons heiligmaking) aan ons WIL toe-eien. Hierdie toe-eiening geskied egter
      nie buite ons geloof om nie. Sodoende kon Schilder steeds die grondmotief
      van sy verbondsleer - die verantwoordelikstelling van die mens - by die
      betekenis van die doop handhaaf."

      Wanneer hierdie paragraaf van prof. Strauss gelees word, moet in ag geneem
      word dat die vrygemaakte siening is dat die belofte van die verbond behoort
      aan almal wat gedoop is (of hul uitverkorenes is of nie). Vir hulle beteken
      'ons' = elke dopeling. Dit wil sê die INHOUD van die belofte is vir elke
      kind kop-vir-kop.

      Wat is die inhoud van die belofte van die verbond volgens Schilder ?

      Dit word vir ons gesê in die woorde: "wat onder meer insluit dat die Heilige
      Gees dit wat Christus reeds vir ons verwerf het (ons regverdigmaking en ons
      heiligmaking) ...."

      Dus, almal wat die belofte ontvang, volgens die vrygemaakte siening, het
      REEDS die regverdigmaking en die heiligmaking wat Christus vir ons verwerf
      HET, ontvang. Nou wil God deur die Gees dit graag aan 'almal' toe-ein, en
      die toe-eining vind nie buite die geloof om nie.

      Dat God nie buite die geloof/geskiedenis om werk nie, maar juis die
      uitverkiesing realiseer en ontplooi deur roeping, wedergeboorte,
      regverdiging, geloof, bekering, heiligmaking, ens., is nie die kwelvraag of
      probleem in die verbondsdebat nie, soos Bavinck dit dan ook stel aangaande
      die verhouding tussen uitverkiesing en verbond:

      "... dat God de uitverkiezing uitvoert in de weg van het verbond, maar ook
      dat het verbond de weg beschrijft waarlangs de uitverkorenen tot hun
      bestemming worden geleid. 'Verkiezing en verbond zijn daarom niet te
      onderscheiden als een engere en ruimere kring, want zij omvatten beide
      dezelfde personen." (Verbond en Uitverkiezing, Van Genderen, 1992: 25).

      Die probleem is: wat is die aard van die belofte en vir wie is die
      heilsbelofte ?

      Nou weet ons vanuit die Skrif, belydenis en ervaring, dat almal nie glo nie
      en dat baie wat besny/gedoop is, verlore gegaan het (Rom.9). Die rede
      daarvoor, volgens die vrygemaaktes- is dat hul nie die eis van die verbond
      vervul het nie, nie die voorwaarde van geloof vervul het nie.

      Die vraag kom nou op: maar as Christus vir ALMAL (wat gedoop is en die
      belofte ontvang het) REEDS hul regverdiging EN heiligmaking verwerf het, hoe
      kan enige een dan ooit verlore gaan ?

      Ongehoorsaamheid aan die verbondseis is mos ook 'n sonde en het Christus dan
      nie REEDS sondevergifnis vir AL ons sondes verwerf nie (volgens die
      vrygemaakte siening) ? Is die ongehoorsame nie-glo nie, dan nie ook 'n
      sonde waarvoor Christus gesterwe het nie ? Het Christus dan nie juis vir AL
      die sondes gesterf nie, of is sy bloed nie genoegsaam vir al die sondes nie
      ? Is Hy 'n halwe Verlosser ?

      Aan die ander kant, beteken dit dat hulle wat wel dan glo, iets ekstra
      gedoen het wat hul onderskei van hulle wat verlore gaan?

      Almal het dan dieselfde belofte ontvang: hulle deel in die regverdiging en
      heiligmaking in Christus ?

      Beteken die feit dat hulle wat wel die voorwaardes vervul, die verbondseis
      nakom, dat hulle iets beter gedoen het met dit wat Christus reeds verwerf
      het vir hulle (regverdiging en heiligmaking), as wat hulle wat nie iets
      goeds gedoen het daarmee nie ?

      Is die geloof (as verbondseis) dan nie deel van die weldade wat Christus vir
      ons verdien het nie (Ef.2:8-10; Fil.1:29) ?

      En as Hy dit dan ook reeds verwerf het (as deel van die regverdiging en
      heiligmaking), hoekom word almal dan nie gered nie, want volgens die
      vrygemaakte siening, het Hy alles vir elke dopeling verwerf ?

      Dordt se verwerping is duidelik oor hierdie saak:

      "Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Christus het deur sy
      voldoening vir niemand met sekerheid die saligheid verdien nie; OOK NIE DIE
      GELOOF waardeur hierdie voldoening van Christus kragdadig tot saligheid
      toegeëien word nie. Hy het, daarenteen slegs die mag, of die volkome wil vir
      die Vader verwerf om opnuut met die mense te handel en om nuwe voorwaardes,
      soos Hy wil, voor te skrywe. Die uitvoering daarvan sou van die vrye wil van
      die mens afhang. Dit sou dus kon gebeur dat óf niemand óf alle mense dit sou
      vervul. Die Sinode leer: Hierdie mense minag die dood van Christus geheel en
      al en aanvaar op geen wyse die vernaamste vrug of weldaad wat daardeur
      verkry is nie. Hulle roep weer die dwaling van Pelagius uit die hel terug."

      Die probleem met Schilder en die vrygemaakte verbondsbeskouing is baie
      duidelik:

      1. In die Dordtse Leerreëls, hfst.1, bely ons dat die vrye welbehae van God,
      sy soewereine liefdevolle genade die verbond bepaal. Dit is die grondmotief
      van die verbond. Die vrygemaakte siening leer dat die 'verantwoordelikheid
      van die mens' die verbond bepaal, wat eindig in 'n 'regskontrak'.

      2. In Dordt, hfst.2 bely ons dat Christus se bloed gestort is vir die
      uitverkorenes, d.w.s. partikulêre versoening. Die vrygemaakte siening leer
      by implikasie dat Christus ook vir dopelinge gesterf het wat verlore gaan in
      die hel.

      3. In Dordt hfst. ¾ bely ons dat alle mense insluitende die uitverkorenes
      wat gered word- so verdorwe is dat hy uit homself geen maar geen voorwaarde
      kan vervul om gered te word nie (dit is juis wat die doop van babas ons wil
      leer!). Christus het dit alles gedoen, ons ontvang dit uit genade deur die
      geloof, sonder enige werke. Die vrygemaakte siening leer dat almal by die
      doop 'n sekere soort 'genade' ontvang, en dat hulle wat daardie genade
      (verbondsbeloftes) reg gebruik gered word, d.w.s. die voorwaarde van geloof
      vervul.

      4. In Dordt hfst.5 bely ons dat hy wat eenmaal geheilig is in Christus,
      d.w.s. in 'n liefdevolle band/verbond met God staan, nooit verlore sal gaan
      nie: "En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in
      ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie" (Joh.10:28).
      Volgens die vrygemaakte siening beteken dit dat hulle -of baie van hulle-
      wat in Christus in die ewige genadeverbond is, wat in Christus se bloed
      gemaak is (Matt.26;28), nogsteeds verlore kan gaan.

      God se genade, sy liefde, sy verbond is onvoorwaardelik en onweerstaanbaar.
      Die feit dat God 'sy kant' van die verbond nakom, beteken dat hulle met wie
      die verbond aangegaan het, wel 'hul kant' sal nakom as vrug en gevolg van
      Christus se weldade, 'n dankbaarheidslewe (Jer.31:31-33).

      Ons kom in die verbond uit genade alleen, en ons bly in die verbond ook uit
      genade alleen. Dit is nie 'n kwessie van ons is deur genade in die verbond
      ingesluit, en nou moet ons deur gehoorsaamheid/goeie werke in die verbond
      bly deur sekere voorwaardes te vervul nie.

      Nee, Christus het alles volbring sodat sy kinders altyd in sy genadeverbond
      sal bly. As liefdevolle Vader tugtig Hy ons, maar Hy verwerp nooit sy
      kinders nie:

      "Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe
      kom, nooit uitwerp nie." - Joh.6:37

      Hul antwoord in die verbond, hul deel in die verbond is gehoorsame
      dankbaarheid as vrug en gevolg van Christus se volkome weldade, en nié as
      vervulling en handhawing van die verbond sodat hul salig kan word nie.

      Laat ons die HERE daarvoor dank en prys !

      Groete

      Slabbert Le Cornu __________________________
      12610356@... Sel. 083 660 1578
      Dei Gratia Boeke: Posbus 20496 Noordbrug 2522
      Telnr.018 299 1839 Faks: 018 294 8952
      _________________________________________

      >>> kerkpad@... 2005/08/26 16:45 >>>

      Beste Slabbert

      Jammer dat ek jou in die laaste beantwoording op jou plek gesit het. Ek voel
      dit was nodig want dit blyk dat jy 'n totaal verwronge beeld van Schilder se
      verbondsbeskouing het. En dat jy op grond daarvan dit totaal afskiet vir die
      lesers van die poslys. Goed, dis gedoen. Ek het simpatieke kommentaar oor
      wat ek hieroor gestel en teenoor jou verweer het, ontvang. Met die oog
      daarop het ek nog mooi motivering gevind van prof B Holwerda, in preke oor
      die Heidelbergse Kategismus. By die behandeling van Sondag 26 oor die
      sakramente, sluit hy af soos volg (Deel 2, bl 206/7):

      ...En dan het laatste verband, dat ik noemen wilde, dat tussen belofte en
      eis. Daar is ook heel wat over te doen geweest, over
      de vraag of de belofte onvoorwaardelik is dan wel voorwaardelik.
      En me dunkt: de geskiedenis heeft wel geleerd, hoeveel misverstand en er
      zijn ook in onze kerken. De één legt zo sterke nadruk op het
      onvoorwaardelike karakter van de belofte, dat hij practisch verwaarloost de
      eis van geloof en bekering. Dan doet men dus net, alsof God bij de doop
      belooft dat zo 'n kind vast en zeker in de hemel komt. En de ander ziet
      terecht het gevaar, dat zo de eis der nieuwe gehoorzaamheid in gedrang komt,
      en wil dus alle nadruk leggen op het voorwaardelik karakter van de belofte.
      God vergeeft de zonden wel, maar alleen als de mens gelooft. Doch heel licht
      komt men dan in een gevaarlijk spoor, dat men het geloof van ons laat
      voorafgaan aan de genade Gods: men doet dan net, alsof het verbond er pas
      is, als wij het aanvaarden.
      En voor beide gevaren moeten we waken. God geeft geen enkele belofte zonder
      daaraan de eis van geloof en bekering te verbinden. Hij stelt ook geen
      enkele eis dan op grond van de belofte. De belofte word ons geschonken uit
      louter genade: dan geloof ik nog niet, dan is er bij mij geen
      verdienstelijkheid, geen goed werk; God is in het verbond altijd de eerste.
      En als Hij het verbond opricht, dan is het er, ook al geloof ik dan nog niet
      en al heb ik mij nog nie bekeerd, het is er door de beschikking Gods. En zo
      komt de belofte tot mij onvoorwaardelijk. God stelt van tevoren geen eis,
      die ik eerst moet volbrengen.
      Maar de belofte is toch ook weer nooit zonder de eis. Ge weet dat wel uit
      het doopsformulier, dat de doop ons vermaant en verplicht tot een nieuwe
      gehoorzaamheid. En dat staat hier ook in deze Zondag. God belooft wel de
      vernieuwing door de Geest en de heiliging tot lidmaten van Christus, maar
      dan toch alleen zo, dat wij hoe langer hoe meer de zonde afsterven en in een
      godzalig onstraffelijk leven wandelen.
      God schenkt dus wel de belofte van vergeving en vernieuwing, maar altijd zo,
      dat onze verantwoordelijk word gehandhaafd, en Hij belooft de zaligheid
      alleen aan wie hebben geloofd. Ge kunt dus zeggen: de belofte is
      onvoorwaardelijk gegeven, maar de vervulling, de uiteindelijke vervulling
      van de belofte komt slechts in de weg van geloof en bekering, en nooit
      anders. Want een belofte komt slechts in de weg van geloof en bekering, en
      nooit anders. Want een belofte is altijd een verplichtend ding, nooit iets
      wat ik negeren kan. En wil men dus van een onvoorwaardelijke heilsbelofte
      spreken, het is mij wel, als men maar nooit vergeet dat een voorwaardelijke
      belofte altijd tegelijk is een onvoorwaardelijke verplichting: God legt op
      alle gedoopten eenvoudig beslag, en eist van hen hart en ziel en alle
      krachten. Onvoorwaardelijke genade in de doop? Inderdaad; maar daarom ook
      onvoorwaardelijke gehoorzaamheid vanwege de doop.

      Mag dit goed gaan met jou

      Vriendelike groete

      P van der Kooi

      [Non-text portions of this message have been removed]

      Yahoo! Groups Links

      Yahoo! Groups Links
    • 9220050419 Le Cornu
      Beste Oom Piet, Ons het nou al baie gesels en verskil oor hierdie onderwerp. Ek is van mening die gesprek moet aangaan, maar ter wille van duidelikheid, wil ek
      Message 2 of 3 , Sep 5, 2005
      • 0 Attachment
        Beste Oom Piet,

        Ons het nou al baie gesels en verskil oor hierdie onderwerp. Ek is van mening die gesprek moet aangaan, maar ter wille van duidelikheid, wil ek net een vraag vra:

        Glo oom dat die doop is 'n teken en seël dat God in Christus die regverdiging en heiligmaking vir ALLE gedooptes verwerf het.

        D.w.s. belowe God by die doop dat elke kind in Christus se bloed geregverdig is en geheilig is, kop-vir-kop ?

        Dankie en groete

        Slabbert Le Cornu __________________________
        12610356@... Sel. 083 660 1578
        Dei Gratia Boeke: Posbus 20496 Noordbrug 2522
        Telnr.018 299 1839 Faks: 018 294 8952
        _________________________________________

        >>> kerkpad@... 2005/09/01 16:03 >>>

      Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.