Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Pessimisme, die min uitverkorenes en Christus se Groot Opdrag

Expand Messages
  • Francois Van Deventer (VSP)
    geagte broeders en susters die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. OPTIMUS CALVINUS toon in sy voorlopige
    Message 1 of 1 , Feb 6, 2003
    • 0 Attachment
      geagte broeders en susters

      "die poort is nou en die pad is smal wat na
      die lewe lei, en daar is min wat dit vind."

      OPTIMUS CALVINUS toon in sy voorlopige manuskrip,
      bogenoemde verwysing aan in sy werk
      "Die mite van die min uitverkorenes". Hy wys dat:
      * die algemene stelling dat die uitverkorenes min is
      ongegrond en onskriftuurlik is.
      * die pessimisme wat algemeen in Christelike kringe voorkom,
      onskriftuurlik is.

      Nie net bepaal hierdie twee punte ons siening van die sin
      van die huidige bestaan nie, dit is ook een van die
      grootste redes vir die verval in die kerke in die
      afgelope eeu.

      In die eerste demonstreer die skrywer dat die
      sogenaamde min uitverkorenes 'n mite is en
      terselfdertyd die fondasies lê vir 'n ver
      meer optimistiese wêreldbeskouing. In deel twee
      gaan die skrywer dan oor om die onskriftuurlikheid
      en die verlammende uitwerking van die pessimistiese
      wêreldbeskouing aan te toon.

      Met pessimisme bedoel die skrywer die siening dat die
      groot opdrag (Matt. 28:18-20) nooit suksesvol uitgevoer
      sal word nie.

      Indien u belangstel in hierdie onderwerp, is u welkom om
      hierdie voorlopige werkstuk te gaan bekyk op ligstryders
      se webblad by:

      http://ligstryders.co.za/boeke/min.pdf

      Indien u kommentaar het, sal dit waardeer word indien u
      dit kan deurstuur na my e-pos adres by: lig@...

      NS: Onthou dat dit 'n voorlopige werk is -- daarom sal
      u insette waardeer word.

      groete
      Francois van Deventer
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.