Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.
 

Re: [calvyn] Re: Kerke en belasting

Expand Messages
  • Leonard van der Dussen
    Hier van die wêreldses onder ons wat op aarde n bestaan binne die gegewe raamwerk bymekaarskraap: kyk asb opmerkings ingevleg hieronder. ... die lig van die
    Message 1 of 9 , Nov 1, 2001
      Hier van die wêreldses onder ons wat op aarde 'n bestaan binne die gegewe
      raamwerk bymekaarskraap: kyk asb opmerkings ingevleg hieronder.


      > "Die inkomstebelasting op 'n gemiddelde salaris van R20 000/maand is
      > bietjie meer as R5 000/maand."
      >
      > 1. Hoe is hierdie inkomstebelasting bereken, want dit lyk bietjie laag in
      die lig van die 43%+ maksimumkoers?

      Dis bloot 'n voorbeeld, maar as mens die belastingberekeninge darem bietjie
      reg doen deur salarisindeling en so aan, is 25% haalbaar op die kurwe
      waarvan net die bopunt 43% is. In elk geval is dit darem net 'n
      illustratiewe, vinnige stelling om iets te beduie.

      > 2. In watter opsig is dit 'n "gemiddelde salaris"? Dit is 'n paar hoogs
      bevoorregtes wat soveel per maand kry - nie alleen gemeet in die lig van ons
      SA samelewing nie, maar ook in terme van die Afrikaner-segment van die
      bevolking.

      Die sin kan op meer as een manier gelees word; soos ek dit verstaan, word
      verwys na 'n voorbeeld van 'n salaris (wat hier generies gebruik word om
      inkomste per maand aan te dui), wat nie noodwendig konstant is nie, dus so
      ongeveer, oor 'n tydperk bereken, R20 000 per maand, soms meer, soms minder,
      maar "gemiddeld" R20 000.

      Ek reken die oorspronklike formuleerder dus nie 'n sonde toe nie; hoewel
      selfs al het hy dit ook bedoel as synde 'n salarisvoorbeeld te wees, is hy
      mos vry om enige voorbeeld te kies.

      >
      > 3. Ek bly met die ongemaklikheid sit dat so 'n bespreking dalk nie
      heeltemal op hierdie poslys tuishoort nie - al besef ek die doel van die
      statistiek en projeksie was om aan te dui dat ons buitengewoon hoog belas
      word deur die staat.

      Amper soos rugby gesels in die konsistorie?


      Groete
      Leonard
    • Paul Kruger
      Amper soos rugby gesels in die konsistorie? Leonard * n Nuwe onderwerp, maar een waaroor ons gerus kan gesels. Dis iets wat my nog altyd pla.
      Message 2 of 9 , Nov 1, 2001
        "Amper soos rugby gesels in die konsistorie?"

        "Leonard"

        * 'n Nuwe onderwerp, maar een waaroor ons gerus kan gesels. Dis iets wat my nog altyd pla. Sondagoggende in die konsistorie is soms 'n taamlike luidrugtige geselsery oor die vorige dag se rugby, tot die voorsitter hulle stilmaak, daar haastig 'n gebed gedoen word en na afkondigings gekyk word en dan in die erediens gegaan word. Na die tyd dikwels geen woord oor die Woordverkondiging nie, maar word die gesprek oor die vorige dag se rugby (selfs die oggend se rugby in NZ/Austr) voortgesit. Gun elkeen sy sport - maar as dit is wat ons gedagtes op Sondag volmaak, is ons ver op die pad van sekularisasie. Ons het in die gemeente 'n verstandhouding gehad dat ons maar liewer in die konsistorie tot rus moet kom en die vorige dag se sport buite moet laat. Daar is ander tye en geleenthede daarvoor. Wat ons ook gedoen het was dat die kerkraad nie op die laaste ingaan nie, maar hulle plekke vroeër inneem om of saam te sing met die gemeente of om saam met die gemeente hulle voor te berei en te wag op die erediens.

        Groete.

        PP
      • van der Dussen, Pieter
        Die probleem is baie bekend :-) By ons gemeente het die grappies op n stadium so baie geword dat een van die ouderlinge se vrouens ons moes waarsku dat ons
        Message 3 of 9 , Nov 2, 2001
          Die probleem is baie bekend :-)

          By ons gemeente het die grappies op 'n stadium so baie geword dat een van
          die ouderlinge se vrouens ons moes waarsku dat ons tot in die kerk gehoor
          lag word. Daarna het sake vanself verbeter.

          Self hou ek ook baie daarvan om net 'n paar minute vroeër in te gaan, dan
          kom mens van self ook tot rus voor die erediens.

          Groete
          Pieter (jnr)

          -----Original Message-----
          From: Paul Kruger [mailto:SBBPPK@...]
          Sent: 02 November 2001 08:27
          To: calvyn@yahoogroups.com
          Subject: Re: [calvyn] Re: Kerke en belasting


          "Amper soos rugby gesels in die konsistorie?"

          "Leonard"

          * 'n Nuwe onderwerp, maar een waaroor ons gerus kan gesels. Dis iets wat my
          nog altyd pla. Sondagoggende in die konsistorie is soms 'n taamlike
          luidrugtige geselsery oor die vorige dag se rugby, tot die voorsitter hulle
          stilmaak, daar haastig 'n gebed gedoen word en na afkondigings gekyk word en
          dan in die erediens gegaan word. Na die tyd dikwels geen woord oor die
          Woordverkondiging nie, maar word die gesprek oor die vorige dag se rugby
          (selfs die oggend se rugby in NZ/Austr) voortgesit. Gun elkeen sy sport -
          maar as dit is wat ons gedagtes op Sondag volmaak, is ons ver op die pad van
          sekularisasie. Ons het in die gemeente 'n verstandhouding gehad dat ons
          maar liewer in die konsistorie tot rus moet kom en die vorige dag se sport
          buite moet laat. Daar is ander tye en geleenthede daarvoor. Wat ons ook
          gedoen het was dat die kerkraad nie op die laaste ingaan nie, maar hulle
          plekke vroeër inneem om of saam te sing met die gemeente of om saam met die
          gemeente hulle voor te berei en te wag op die erediens.

          Groete.

          PP







          Your use of Yahoo! Groups is subject to http://docs.yahoo.com/info/terms/



          ___________________________________________________________________________________________________


          The views expressed in this email are, unless otherwise stated, those of the author and not those
          of the FirstRand Banking Group or its management. The information in this e-mail is confidential
          and is intended solely for the addressee. Access to this e-mail by anyone else is unauthorised.
          If you are not the intended recipient, any disclosure, copying, distribution or any action taken or
          omitted in reliance on this, is prohibited and may be unlawful.
          Whilst all reasonable steps are taken to ensure the accuracy and integrity of information and data
          transmitted electronically and to preserve the confidentiality thereof, no liability or
          responsibility whatsoever is accepted if information or data is, for whatever reason, corrupted
          or does not reach its intended destination.

          ________________________________
        • Dr M Durand
          Ek het soms probleme dat daar oor Rugby hoegenaamd gesels word. Ek kan verstaan dat Rugbyklets voor eredienste die saak heeltemal ondraaglik maak. My grootste
          Message 4 of 9 , Nov 2, 2001
            Ek het soms probleme dat daar oor Rugby hoegenaamd gesels word.
            Ek kan verstaan dat Rugbyklets voor eredienste die saak heeltemal ondraaglik maak.
            My grootste probleem met Rugby is natuurlik dat dit gespeel word en bonop na gekyk word.
            Ek wonder selfs of daar prinsipieel groot verskille is tussen die kyk na Loerbroer en die kyk na `n Rugbywedstryd.

            beste groete
            Michiel

            Paul Kruger wrote:

            > "Amper soos rugby gesels in die konsistorie?"
            >
            > "Leonard"
            >
            > * 'n Nuwe onderwerp, maar een waaroor ons gerus kan gesels. Dis iets wat my nog altyd pla. Sondagoggende in die konsistorie is soms 'n taamlike luidrugtige geselsery oor die vorige dag se rugby, tot die voorsitter hulle stilmaak, daar haastig 'n gebed gedoen word en na afkondigings gekyk word en dan in die erediens gegaan word. Na die tyd dikwels geen woord oor die Woordverkondiging nie, maar word die gesprek oor die vorige dag se rugby (selfs die oggend se rugby in NZ/Austr) voortgesit. Gun elkeen sy sport - maar as dit is wat ons gedagtes op Sondag volmaak, is ons ver op die pad van sekularisasie. Ons het in die gemeente 'n verstandhouding gehad dat ons maar liewer in die konsistorie tot rus moet kom en die vorige dag se sport buite moet laat. Daar is ander tye en geleenthede daarvoor. Wat ons ook gedoen het was dat die kerkraad nie op die laaste ingaan nie, maar hulle plekke vroeër inneem om of saam te sing met die gemeente of om saam met die gemeente hulle voor te berei en te wag op die erediens.
            >
            > Groete.
            >
            > PP
            >
            >
            >
            >
            > Your use of Yahoo! Groups is subject to http://docs.yahoo.com/info/terms/
          • Gerhard Kok
            Ek stem ten volle saam! Ek het net ALTYD probleme dat daar oor Rugby hoegenaamd gesels word! As n mens daagliks Bybelstudie doen en jou beroep/studies/talente
            Message 5 of 9 , Nov 2, 2001
              Ek stem ten volle saam! Ek het net ALTYD probleme dat daar oor Rugby
              hoegenaamd gesels word!

              As 'n mens daagliks Bybelstudie doen en jou beroep/studies/talente ten volle
              as roeping van die Here uitleef, dan bly daar nie altyd eers genoeg tyd oor
              vir slaap nie!
              Wat nou nog te sê tyd oorhê om voor die kassie te lê en kyk hoe mense agter
              'n bal aan hardloop of hulle sit en verveel in 'n Loerhuis? (Dan praat ek
              nog nie eens van self die tyd vespeel agter daardie ovaalbal nie!)

              :-) :-)

              Groete
              Gerhard Kok

              -------------------------------------------------------------------

              Dr. M. Durand wrote:

              Ek het soms probleme dat daar oor Rugby hoegenaamd gesels word.
              Ek kan verstaan dat Rugbyklets voor eredienste die saak heeltemal ondraaglik
              maak.
              My grootste probleem met Rugby is natuurlik dat dit gespeel word en bonop na
              gekyk word.
              Ek wonder selfs of daar prinsipieel groot verskille is tussen die kyk na
              Loerbroer en die kyk na `n Rugbywedstryd.

              beste groete
              Michiel

              Paul Kruger wrote:

              > "Amper soos rugby gesels in die konsistorie?"
              >
              > "Leonard"
              >
              > * 'n Nuwe onderwerp, maar een waaroor ons gerus kan gesels. Dis iets wat
              my nog altyd pla. Sondagoggende in die konsistorie is soms 'n taamlike
              luidrugtige geselsery oor die vorige dag se rugby, tot die voorsitter hulle
              stilmaak, daar haastig 'n gebed gedoen word en na afkondigings gekyk word en
              dan in die erediens gegaan word. Na die tyd dikwels geen woord oor die
              Woordverkondiging nie, maar word die gesprek oor die vorige dag se rugby
              (selfs die oggend se rugby in NZ/Austr) voortgesit. Gun elkeen sy sport -
              maar as dit is wat ons gedagtes op Sondag volmaak, is ons ver op die pad van
              sekularisasie. Ons het in die gemeente 'n verstandhouding gehad dat ons
              maar liewer in die konsistorie tot rus moet kom en die vorige dag se sport
              buite moet laat. Daar is ander tye en geleenthede daarvoor. Wat ons ook
              gedoen het was dat die kerkraad nie op die laaste ingaan nie, maar hulle
              plekke vroeër inneem om of saam te sing met die gemeente of om saam met die
              gemeente hulle voor te berei en te wag op die erediens.
              >
              > Groete.
              >
              > PP
              >
              >
              >
              >
              > Your use of Yahoo! Groups is subject to http://docs.yahoo.com/info/terms/




              Your use of Yahoo! Groups is subject to http://docs.yahoo.com/info/terms/
            Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.