Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Uit vandag se Beeld

Expand Messages
  • van der Dussen, Pieter
    Het jy gehoor (onderaan bladsy 4) ************************************************** Prof Koos Vorster, direkteur van die Skool vir Kerkwetenskappe en
    Message 1 of 3 , Mar 1, 2001
    • 0 Attachment
      Het jy gehoor (onderaan bladsy 4)

      **************************************************
      Prof Koos Vorster, direkteur van die Skool vir Kerkwetenskappe en professor
      in etiek aan die Potchefstroomse Universiteit, gaan weer as adviseur by die
      sitting van die Menseregtekommissie van die Verenigde Nasies (VN) optree.

      Die sitting duur van 19 Maart tot 27 April. As deel van sy studieprojek
      Ethical Perspectives on Human Rights gaan hy tydens die besoek ook in die
      biblioteke en argiewe van die VN en die Ekumeniese Sentrum in Geneve
      navorsing doen oor die verskynsels rassisme en xenofobie. Hy sal ook
      onderhoude voer met afgevaardigdes van verskeie menseregte-organisasies wat
      hulle op die sake toespits, asook politieke leiers in lande met etniese
      spanning.
      **************************************************

      Groete
      Pieter

      ###############################################################################################
      The views expressed in this email are, unless otherwise stated, those of the author and not those
      of the FirstRand Banking Group or its management. The information in this e-mail is confidential
      and is intended solely for the addressee. Access to this e-mail by anyone else is unauthorised.
      If you are not the intended recipient, any disclosure, copying, distribution or any action taken or
      omitted in reliance on this, is prohibited and may be unlawful.
      Whilst all reasonable steps are taken to ensure the accuracy and integrity of information and data
      transmitted electronically and to preserve the confidentiality thereof, no liability or
      responsibility whatsoever is accepted if information or data is, for whatever reason, corrupted
      or does not reach its intended destination.

      ###############################################################################################
      This e-mail message has been scanned for Viruses and Content and cleared
      by MailMarshal
      For more information please visit www.marshalsoftware.com
      ###############################################################################################
    • Leonard van der Dussen
      Ek het gedink dat hy n professor van die Teologiese Skool is? Kan iemand meer lig werp op die saak, want dit lyk of hy baie tyd vir ander dinge het as die
      Message 2 of 3 , Mar 1, 2001
      • 0 Attachment
        Ek het gedink dat hy 'n professor van die Teologiese Skool is?

        Kan iemand meer lig werp op die saak, want dit lyk of hy baie tyd
        vir ander dinge het as die opleiding van predikante. Of verstaan ek
        sy posisie verkeerd?

        Groete
        Leonard

        On 1 Mar 2001, at 10:01, van der Dussen, Pieter wrote:

        > Het jy gehoor (onderaan bladsy 4)
        >
        > **************************************************
        > Prof Koos Vorster, direkteur van die Skool vir Kerkwetenskappe en professor
        > in etiek aan die Potchefstroomse Universiteit, gaan weer as adviseur by die
        > sitting van die Menseregtekommissie van die Verenigde Nasies (VN) optree.
        >
        > Die sitting duur van 19 Maart tot 27 April. As deel van sy studieprojek
        > Ethical Perspectives on Human Rights gaan hy tydens die besoek ook in die
        > biblioteke en argiewe van die VN en die Ekumeniese Sentrum in Geneve
        > navorsing doen oor die verskynsels rassisme en xenofobie. Hy sal ook
        > onderhoude voer met afgevaardigdes van verskeie menseregte-organisasies wat
        > hulle op die sake toespits, asook politieke leiers in lande met etniese
        > spanning.
        > **************************************************
        >
        > Groete
        > Pieter
        >
        > ###############################################################################################
        > The views expressed in this email are, unless otherwise stated, those of the author and not those

        > of the FirstRand Banking Group or its management. The information in this e-mail is confidential

        > and is intended solely for the addressee. Access to this e-mail by anyone else is unauthorised.

        > If you are not the intended recipient, any disclosure, copying, distribution or any action taken
        or
        > omitted in reliance on this, is prohibited and may be unlawful.
        > Whilst all reasonable steps are taken to ensure the accuracy and integrity of information and dat
        a
        > transmitted electronically and to preserve the confidentiality thereof, no liability or
        > responsibility whatsoever is accepted if information or data is, for whatever reason, corrupted

        > or does not reach its intended destination.
        >
        > ###############################################################################################
        > This e-mail message has been scanned for Viruses and Content and cleared
        > by MailMarshal
        > For more information please visit www.marshalsoftware.com
        > ###############################################################################################
        >
        >
        >
        > Your use of Yahoo! Groups is subject to http://docs.yahoo.com/info/terms/
        >
        >
        >



        ___________________
        www.vddb.co.za
        ________________________________________
        Leonard van der Dussen
        VDDB
        Posbus 13488
        CLUBVIEW
        0014
        RSA

        Tel: (012) 663-2710
        Fax: (012) 663-2808
        Botswana office +267 37-2477
        _____________________________________
      • van der Dussen, Pieter
        Klein NG gemeentes vorder beter as grotes, toon peiling Neels Jackson Dit is nie die makro-gemeentes wat die meeste sukses behaal in die bediening nie. Klein
        Message 3 of 3 , May 16, 2001
        • 0 Attachment
          Klein NG gemeentes vorder beter as grotes, toon peiling

          Neels Jackson
          Dit is nie die makro-gemeentes wat die meeste sukses behaal in die bediening
          nie. Klein gemeentes vorder beter as grotes.
          Dit is een van die verrassende dinge wat na vore gekom het in 'n
          wetenskaplike peiling wat in die NG Kerk in Suid-Transvaal gedoen is.
          Ds. Ruben Enslin, lid van die sinodale dienskommissie, sê 'n mens is geneig
          om in getalle vas te kyk en dan lyk dit maklik of groot gemeentes op
          verskeie gebiede beter vaar as klein gemeentes.
          Kyk 'n mens egter na goed soos die aantal lidmate wat gemeentes bykry, vaar
          klein gemeentes in verhouding tot hul grootte beter.
          Die peiling het 'n paar dinge uitgelig waaroor daar kommer by lidmate is.
          Een daarvan is dat die NG Kerk nie in die openbare lewe die rol speel wat hy
          behoort te speel nie. Lidmate wil sien dat die kerk 'n bydrae lewer. Daar
          moet byvoorbeeld goeie samewerking met nie-regeringsorganisasies wees.
          Verder wil lidmate ook baie beter interne kommunikasie in die kerk,
          byvoorbeeld tussen verskillende gemeentes, hê.
          Die peiling het getoon dat jong mense met tersiêre opleiding meer tevrede
          met die kerk is as ander jong mense. Dit het ook geblyk dat jong mense meer
          betrek moet word by die beplanning.
          Veral ouer mense is nog gesteld daarop dat predikante huisbesoek moet doen.
          Lidmate is ook baie besorg oor Afrikaans en wil nie hê dat daar in die kerk
          daaraan gepeuter word nie.
          Wat die kerkleierskap betref, sê Enslin dat die lidmate nie outokratiese
          vuur-en-swael-predikers wil hê nie, maar leiers wat transformasie kan
          begelei en lidmate bemagtig.
          Die peiling gaan opgevolg word met terugvoer na die gemeentes wat betrokke
          was en die duplisering van die peiling by gemeentes wat nie deel was van die
          steekproef nie.
          Enslin sê die gedagte is dat gemeentes wat op sekere punte probleme het, kan
          kers opsteek by ander gemeentes wat in daardie opsigte suksesvol is.
        Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.