Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

8960Einddinge: die toekoms van Israel ?

Expand Messages
  • Slabbert Le Cornu
    Dec 12, 2017
      EINDDINGE: DIE TOEKOMS VAN ISRAEL ?

      Met president Trump se aankondiging dat die VSA Jerusalem (nou amptelik, nadat dit 20 jaar gelede reeds besluit is deur die VSA se senaat) as die hoofstad van Israel erken, het die belangstelling vir die plek en rol van Israel in die Here se Koninkryk weer sterk laat begin opleef. Daar word meer gevra: wat ‘profeteer’ die Heilige Skrif oor Israel se toekoms ?

      Daar is baie sienings onder Christene, van een uiterste na die ander, afhangende vanuit watter eskatologiese (leer oor die einddinge of eindtye) oogpunt mens na die gebeure in die geskiedenis kyk, veral vandat Israel weer ‘n politieke staat geword het in 1948.

      Dan is daar ook kultiese en sektariese groepe soos die Brits-Israel bewegings en die Hebrew Roots Movement wat almal ook nog hul verskillende Israelvisies het, soos ek hier in ‘n artikel daaroor geskryf het, verwysende na ‘n boek wat geskryf is oor ‘Israelvisies’ deur die geskiedenis, “Israelvisies in beweging” (sien gerus hierdie skakel vir heelwat verwysings na verskillende gereformeerde bronne oor denke oor Israel).

      Ek plaas graag hier onder ‘n paar artikels, geskryf vanuit gereformeerde oogpunt, oor die toekoms van Israel, om gereformeerde gelowiges te help besin en dink oor die onderwerp in die lig van die Skrif. Die artikels is almal voor pres. Trump se afkondiging geskryf, maar die inligting en onderwerp is nog netso aktueel. Baie belangrik is wat een skrywer hier onder sê, wat baie (veral 20/21ste eeuse gereformeerdes) nie besef nie:

      “… a future salvation for ethnic or national Israel was not “invented by 19th Century Dispensationalism”! I fear there is much ignorance among 20th century Reformed brethren who may be surprised to find such a mainstream view among some of the great heroes of their faith tradition.”

      Ek beplan om in ‘n volgende skrywe ook ‘n paar sienings oor Israel deur te gee van ‘n paar Afrikaanse gereformeerde teoloë, oor hoe hul dink aangaande die toekoms van Israel.

      Maar hier is solank vier artikels om te lees: https://proregno.com/2017/12/12/einddinge-die-toekoms-van-israel/

      Groete
      Slabbert Le Cornu
      www.proregno.com