Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.
 

HET JY AL MYNE GESIEN? Maandag, 5 April 2004

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Dagsê Grapjassers, Het julle n lekker week gehad? Nog net n paar slapies dan is dit Paasnaweek, n heerlike langnaweek! Vir die van julle wat iewers heen
    Message 1 of 1 , Apr 4, 2004
      Dagsê Grapjassers,
       
      Het julle 'n lekker week gehad? Nog net 'n paar slapies dan is dit Paasnaweek, 'n heerlike langnaweek! Vir die van julle wat iewers heen gaan vir die langnaweek, versigtig ry. Vir die Gautengers wat braaf genoeg is om skou toe te gaan, pas julle selfone en handsakke goed op. Die volgende aflewering van Grapjas sal die Dinsdag na die Paasnaweek wees, en nie die Maadag nie.
       
      Groetnis tot volgende week.
       
      Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
       
      ***** G R A P J A S *****
       
      (Dankie Charles P)
       
      'n Jong dingetjie is op pad met die trein Johannesburg toe om te gaan trou. Oorkant haar sit 'n man wat 'n geselsie probeer aanknoop. Toe hulle Johannesburg se mynhope in sig begin kry, vra hy: "Juffrou, het jy al myne gesien?"
       
      Baie ontsteld roep sy die kondukteur en lê 'n klag. Die kondukteur vra vir die man of hy dit wel gesê het. Die man staan op, roep die kondukteur eenkant en sê: "Ek bedoel, het sy al GOUD-myne gesien!"
       
      Die kondukteur lag, gaan terug na die dametjie toe en sê: "Juffrou, die man het nie bedoel het jy al SYNE gesien nie, hy het bedoel, het jy al MYNE gesien!"
       
      ***** G R A P J A S *****
      SIPPING VODKA

      This is too funny - I still have tears in my eyes! Finally, a chain letter that I don't mind forwarding. (Van Andrea. Dankie)

       

       A new priest at his first mass was so nervous he could hardly speak. 

      After mass he asked the monsignor how he had done. 

      The monsignor replied, " When I am worried about getting nervous On the pulpit, I put a glass of vodka next to the water glass. If I start to get nervous, I take a sip." 

      So next Sunday he took the monsignor's advice. At the beginning of the sermon, he got nervous and took a drink. He proceeded to talk up a storm. 

      Upon his return to his office after the mass, he found the following note on the door:

      1)  
      Sip the vodka, don't gulp.

      2) 
      There are 10 commandments, not 12.

      3) 
      There are 12 disciples, not 10.

      4)  
      Jesus was consecrated, not constipated.

      5) 
      Jacob wagered his donkey, he did not bet his ass.

      6) 
      We do not refer to Jesus Christ as the late J.C.

      7) 
      The Father, Son, and Holy Ghost are not referred to as Daddy, Junior and the spook.

      8) 
      David slew Goliath; he did not kick the shit out of him.

      9) 
      When David was hit by a rock and was knocked off his donkey, don't say he was stoned off his ass.

      10)  We do not refer to the cross as the "Big T."

      11)  When Jesus broke the bread at the last supper he said, "Take this and eat it for it is my body." He did not say, " Eat me".

      12)  The Virgin Mary is not called " Mary with the Cherry,

      13)  The recommended grace before a meal is not: Rub-A-Dub-Dub thanks for the grub, Yeah God.

      14)  Next Sunday there will be a taffy-pulling contest at ST.Peter's not a peter-pulling contest at St. Taffy's.

      The Origination of this letter is unknown, but it brings good luck to everyone who passes it on. The one who breaks the chain will have bad luck.

      Do not keep this letter. Do not send money just forward it to five of your friends to whom you wish good luck and a great laugh.

      You will see that something good happens to you four days from now if the chain is not broken....
      ***** G R A P J A S *****
       
      Okay, nou vir die derde aflewering van Deon Meyer se "Bottervisse in die jêm."  (Daar is altesaam 8 aflewerings)  Geniet dit, ek belowe julle die storietjie sal julle vir altyd bybly.
       
      Meer oor Deon. ( Besoek ook gerus sy webwerf by http://www.uhambo.co.za/ )
       
      Deon Meyer is op die 4 Julie gebore. Dit was toevallig.

      Hy het in 'n myngemeenskap in die Noordweste grootgeword en erken dat jy die Meyer uit Klerksdorp kan haal, maar nie die Klerksdorp uit die Meyer nie. Hy het sy eerste boek geskryf toe hy veertien was en sy broers afgepers om dit te lees. Op hul aandrang het hy nie weer 'n boek probeer skryf voor hy 33 was nie.

      Deon se eerste roman, "Wie met vuur speel", het in 1994 by Tafelberg verskyn, maar toe was sy broers nie meer afpersbaar nie. Sy tweede boek, "Feniks" (Queillerie, 1996) is beskryf as die beste speurroman wat nóg in Afrikaans verskyn het. Dié resensie het hoflikheidshalwe verswyg dat jy die aantal speurromans in Afrikaans op die vingers van jou een hand kan tel.

      'n Kortverhaalbundel, "Bottervisse in die Jêm", is in 1997 deur J P van der Walt in Pretoria uitgegee. Sy volgende boek, "Orion" (werktitel), verskyn aanstaande jaar by Human & Rousseau. "Nee, ek het nie probeer om die hele spektrum van Afrikaanse uitgewers te dek nie. Dis (ook) toevallig," sê hy.

      Min toevalligheid in sy beroepslewe: Studeer aan die PU vir CHO en UOVS, werk as joernalis, mediaman, bedryfsjoernalis, reklame-kopieskrywer en skeppende direkteur, maar begin dan met die Internet heul en is vandag 'n heeltydse Internet-strategiekonsultant in Kaapstad.

      En verlief. In Desember trou die gelukkige "bogger" met Anita le Roux, die spreekwoordelike meisie van Ipanema. Hulle sal dikwels vier kinders in die huis hê by Melkbosstrand - twee van hom en twee van haar. Hulle vrek albei oor kinders en motorfietse, kosmaak en musiek. En wie't gesê die wêreld is nie ons woning nie? (http://www.boekworum.co.za)

      BOTTERVISSE IN DIE JêM
       
      Ek sit in die lotus-posisie op die mat, worstelend met die wete dat my karma besig is om in diè lewe 'n paar duike op te doen: kunstenaar wees, die pyn van die palet, die eensaamheid van die skeppende gees, die Weltschmerz van die was.
       
      "Wat doen jy?"
       
      Dieselfde stemmetjie. Ek maak nie dadelik my oë oop nie, probeer om kalm te bly, om aan die laaste strooihalms van die meditasie-beswyming te klou.
       
      "Ek weet jy slaap nie, want jy sit."
       
      Ek maak my oë oop. Ek is kwaad. "Wat soek jy hier? Het jy nie 'n huis nie? Ek wil jou nie hier hê nie. Ek hou nie van kinders nie. Waar is jou ouers?"
       
      "My pa is in die hemel en my ma is by die huis." Hy sê dit sonder om 'n oog te knip.
       
      Ek sug en voel hoe die verleentheid rooi oor my daal.
       
      Buks Barnard hou 'n CD-houer na my toe uit. "Ek het dit vir jou gebring."
       
      Ek neem dit by hom en kyk daarna. Mozart-klaviersonates.
       
      "Maar dit is net om te leen, tot jy beter voel," sê hy.
       
      "Tot ek beter voel?"
       
      "My ma sê dit was die musiek wat Dawid vir Saul gespeel het. Mozart. My ma sê dit sal enigiemand weer sag en mooi van binne maak."
       
      Ek soek ammunisie. "Maar Mozart ..... Dawid en Saul was lankal dood toe Mozart gebore is."
       
      "Dit is wat ek ook vir my ma gesê het, maar my ma sê dis eintlik die liewe Heer se musiek en Hy kan dit gee vir wie Hy wil, en toe het Hy dit vir Dawid gegee en toe weer vir Mozart," sê hy in een asem, sy stemtoon geduldig verduidelikend, asof hy 'n vierjarige moet leer.
       
      Wat kan ek sê?
       
      Ek is nie heeltemal ongevoelig vir die oulik-faktor van kiners, klein hondjies en eendjies nie. Die probleem is dat in al drie gevalle, hulle grootword en na die metamorfose al die oulikheid verloor. Die enigste manier om jouself daarteen te beskerm, is om hulle van meet af aan soos die finale produk te behandel.
       
      "Nee, ons kan nie die musiek opsit nie." Ek staan op, gee die CD terug en neem weer sy hand. "Jy en Mozart moet huis toe." Ons stap in stilte na die voorste skuifdeur, waar hy met 'n "Okay, sien jou," groet.
       
      (Lees volgende Maandag verder)
       
      ***** UIT DIE G R A P J A S ARGIEWE *****
       
      Daar was 'n ou wie se lewensideaal dit was om 'n obsene telefoonoproep te maak.
       
      Toe 'n vrou met drie pragtige dogters (twee grotes en 'n kleintjie) op 'n dag oorkant hom intrek, dog hy nou is dit sy kans. Nie lank nie of jy klim op die telefoon en die klein dogtertjie antwoord.
       
      "Hallo dogtertjie, is jou mammie daar?"
       
      "Nee oom, my ma is nie hier nie."
       
      "Hhhmmm, is jou oudste sussie dan daar?"
       
      "Nee oom, my oudste sussie is nie by die huis nie."
       
      Die ou begin nou werklik desperaat raak.
       
      "Is jou ander suster daar?"
       
      "Nee oom, my ander suster is ook nie hier nie."
       
      Man: "Oukei dan, GAGGAS - KAKKAS - POEFIES!!!"
       
      ***** G R A P J A S *****

      South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
      Subscribe now by sending blank email to
      grapjas-subscribe@yahoogroups.com
      Stuur grappies aan
      grapjas@... 
      If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to
      grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com

      Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!

      GRAPJAS
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.