Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

WELKOM BY MCDONALDS 27 Oktober 2003

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hello Grapjassers. Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_ n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer n mix.
    Message 1 of 1 , Oct 26, 2003
    View Source
    • 0 Attachment
      Hello Grapjassers.
       
      Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_'n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer 'n mix. Welkom aan die 8 nuwe grrapjassers wat aangesluit sedert die laaste Grapjas die lig gesien het, okay, ek weet, ek weet, as ek meer van my laat hoor sal meer mense aansluit. Dis nie nodig om daai, 'Ek het jou mos gesê' storie te herhaal nie, lees die grappies en stuur dit aan vir jou maatjies :-)
       
      I rest my case.
       
      Groetnis van Grapjas
       
      **********GRAPJAS**********
       
      Joy en haar seuntjie is op pad na McDonald's toe hulle op 'n ongeluk afkom, bakkie en minibus taxi ingemekaar gery. Vandat hy kon praat het sy die 4 jarige Sean geleer dat hulle 'n gebedjie moet opsê as hulle mense sien wie in die moeilikheid is.
       
      "Sean, ons moet bid." sê Joy terwyl sy met haar vinger na die ongeluk wys.
       
      Van die agterste sitplek af kom die stemmetjie onmiddellik:
       
      "Ag, Liewe Jesus, moenie dat daai karre McDonald's se ingang blok nie."
       
      **********GRAPJAS**********
       
      'n Man het maar 'n moeilike lewe. Hy moet baie geld hê, 'n goeie werk, ten minste bestuursvlak of beter nog, sy eie besigheid, 'n smart huis ..... maar meisie, al werk jy ook by McDonalds sal hy jou foon nommer probeer kry, solank jy net lang bene en groot boobs het!

      **********GRAPJAS**********
       
      Besoek Kalahari.net vir boeke, dvd en video, musiek, skoolboeke, tydskrifte, Verimark en baie meer. Jy sal enigiets wat jy soek daar kry, teen heelwat minder as in die winkels, en dit word afgelewer by jou huis of werk. Ek maak gereeld van hulle gebruik. Boeke by hulle gevind nadat ek die hele Johannesburg vol gebel het.
       
       
      **********GRAPJAS**********
       
      Grapjas se webwerf is beskikbaar is by http://www.geocities.com/sahumor/index.html  Meeste van die ou gunstelinge wat sedert 1999 in Grapjas verskyn het is weer daar, meer as 140 eg Suid Afrikaanse laggies, 90 in Afrikaans en 50 in Engels, asook 33  spotprente.  Gaan loer gerus, en as jy dit geniet, onthou om op die StartHere embleem te kliek en te stem vir Grapjas om ons weer op die "map" te plaas.  As jy 'n goeie ene ken, stuur dit gerus aan grapjas@... .
       
      Cheers vir eers. en onthou om Grapjas aan te stuur aan almal in jou adresboek.
       
      Grapjas
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.