Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.
 

GRAPJAS Maandag 8 September 2003

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hello Grapjassers. Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_ n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer n mix.
    Message 1 of 1 , Sep 8 12:10 PM
      Hello Grapjassers.
       
      Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_'n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer 'n mix. Welkom aan almal wat aangesluit het die afgelope maand. Daar was nogal baie ;-)
       
      Willem het laat weet dat dit sy droom is om die lotto te wen, en dan te gaan suip...... dan koop hy sommer die hele Springbokspan. (Mens koop mos enige kak as jy gesuip is.)
       
      Groetnis van Grapjas
       
      **********GRAPJAS**********
       
      Dankie aan Maya en Andrea.
       
      BMW vra die Volkswagen :  Hoekom peul jou oë so uit  ?
       
      VWS reageer:    Hoe sal jy voel as 'n enjin in JOU jou gat opgedruk word?
       
      **********GRAPJAS**********
       
      Die volgende een is 'n ou grappie, maar dit bly maar snaaks. Oordeel self.
       
      Koos en sy vrou het so baie kinders dat hulle nie 'n motor kan bekostig nie. Nou moet hulle elke dag busry.
       
      Eendag staan hulle vir die bus en wag, en by hulle staan 'n ou wit omie met 'n kierie. Die omie is so oud hy beeeeewe behoorlik. Met die bewerasie tik-tik-tik die kierietjie op die sypaadjie - en dit irriteer Koos vreeslik.
       
      Einde ten laaste kom die bus aan, maar nadat Mev. Koos en die 12 kindertjies opgeklim het, is daar nie meer plek in die bus vir Koos en die ou omie nie.
       
      Nou moet hulle vir die volgende bus wag.
       
      Hoe langer hulle wag, hoe meer bewe die omie, en hoe meer tik die ou kierietjie,  en hoe vieser raak Koos.
       
      "Oom," sê hy, "net hier op die hoek is 'n supermark wat omtrent enigiets verkoop. Wil Oom nie 'n rubbertjie gaan koop en dit onder die kierie sit nie? Dan tik-tik dit nie so op die sypaadjie nie.
       
      Die Omie gee Koos 'n vuil kyk. "Jong man, as jy 'n rubbertjie op jou kierietjie gesit het, dan het ons nie nou nodig gehad om vir die volgende bus te wag nie.".

      **********GRAPJAS**********
       
      Besoek Kalahari.net vir boeke, dvd en video, musiek, skoolboeke, tydskrifte, Verimark en baie meer. Jy sal enigiets wat jy soek daar kry, teen heelwat minder as in die winkels, en dit word afgelewer by jou huis of werk. Ek maak gereeld van hulle gebruik. Boeke by hulle gevind nadat ek die hele Johannesburg vol gebel het.
       
       
      **********GRAPJAS**********
       
      Grapjas se webwerf is beskikbaar is by http://www.geocities.com/sahumor/index.html  Meeste van die ou gunstelinge wat sedert 1999 in Grapjas verskyn het is weer daar, meer as 140 eg Suid Afrikaanse laggies, 90 in Afrikaans en 50 in Engels, asook 33  spotprente.  Gaan loer gerus, en as jy dit geniet, onthou om op die StartHere embleem te kliek en te stem vir Grapjas om ons weer op die "map" te plaas.  As jy 'n goeie ene ken, stuur dit gerus aan grapjas@... .
       
      Cheers vir eers. en onthou om Grapjas aan te stuur aan almal in jou adresboek.
       
      Grapjas
       
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.