Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

GOEDKOOP BILTONG - Vrydag 15 Augustus 2003

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hello Grapjassers. Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_ n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer n mix.
    Message 1 of 1 , Aug 14, 2003
    • 0 Attachment
      Hello Grapjassers.
       
      Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_'n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer 'n mix. Welkom aan almal wat aangesluit het die afgelope maand. Daar was nogal baie ;-)
       
      Wat sê julle van die  rentekoers wat 1% af is? Klink min, maar my seun vertel my dat sy motor paaiement met R90 gaan daal, dit help!  Ek dink ook aan my ma se belegging wat binnekort verval en haar inkomste wat ook gaan daal, ons kan net nie wen nie!
       
      Van wen gepraat, ek speel gereeld Lotto, hoop maar my skip kom in. So twee weke gelede het ek gesit en 4 lotto kaarte voltooi, dit nie gespeel nie, en elke keer wanneer die uitslae aangekondig word, gekyk wat ek sou gewen het. Die eerste 3 kere het ek nie meer as 2 nommers reggehad nie, die laaste keer was ek gelukkig met 4 in 'n ry en 3 in 'n ry. Totale koste as ek die kaartjies sou koop 4x4, R320. Ek sou R212 gewen het met die laaste trekking. Ek gaan nog steeds my R5 kaartjie per trekking uitneem, maar ek gaan voort om die nommers wat ek nie uitgeneem het nie te monitor, net om te sien wat die kanse is. Ek het iewers gehoor dat die kanse een uit 14 miljoen is, ek is net bang dat ek al gaan dood wees teen die tyd dat my kans kom. Miskien is dit maar beter om 'n blikkie coke te koop en dit te geniet in plaas van 'n Lotto kaartjie, maar R2.50 is te min vir 'n Coke, en dit maak vet, so ek sal maar aanhou probeer, dalk is ek redelik voor in die miljoener tou. Good luck aan al die Grapjassers, dalk staan julle voor my in die tou!
       
      Groetnis van Grapjas
       
                **********GRAPJAS**********

      Julle moet my laat weet of julle belangstel in biltong. My vriende gaan volgende naweek jag en het gevra of ek weet van iemand wat belangstel
      Hulle gaan die volgende skiet:

      15 Springbokke
      7 Reserwes en
      1 Afrigter

      Ek wag vir jul bestellings...
       
      Andrea Luttig
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Die volgende een kom ook van Andrea, vir grootmense alleen, dit bevat, soos die tv sê, sex en nudity.
       
      One day Meraai wanted to bake a cake, but she ran out of eggs.  So she went to her usual grocery store in the dorp where she lived.   As she walked in, the owner, Gatiep, was there and she asked him for a dozen eggs.

       She went back home and baked the cake. To her surprise the eggs were rotten, so she went back to the store and this time Gatiep wasn't there, but his wife, Sera was there.

       Meraai approached the lady and said  "Weet jy, jou man het vrot eiers?"

       Sera, obviously shocked and upset said "Hoe weet jy my man het vrot eiers!?"

       Meraai replied, "Kom ruik my koek!"
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Grapjas se webwerf is beskikbaar is by http://www.geocities.com/sahumor/index.html  Meeste van die ou gunstelinge wat sedert 1999 in Grapjas verskyn het is weer daar, meer as 140 eg Suid Afrikaanse laggies, 90 in Afrikaans en 50 in Engels, asook 33  spotprente.  Gaan loer gerus, en as jy dit geniet, onthou om op die StartHere embleem te kliek en te stem vir Grapjas om ons weer op die "map" te plaas.  As jy 'n goeie ene ken, stuur dit gerus aan grapjas@... .
       
      Cheers vir eers. en onthou om Grapjas aan te stuur aan almal in jou adresboek.
       
      Grapjas
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.