Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

LEKKER, LEKKER , LEKKER SAKKE! 17 Mei 2003

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hello Grapjassers. Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_ n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer n mix.
    Message 1 of 1 , May 17, 2003
    • 0 Attachment
      Hello Grapjassers.
       
      Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_'n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer 'n mix. Welkom aan almal wat aangesluit het die afgelope maand. Ek het alweer geduck en dive, het baie grappies om te vertel maar nie rêrig iets nuuts nie. Nou net 'n nuwe een van Aspatat af ontvang, in 'Ingels' hierdie keer, maar ons verstaan mos almal, right?  Ek haal my hoed af vir die ouens wat so vinnig kan dink en 'n grap maak uit 'n nuwe situasie.
       
      Die nuwe wet op plastieksakke het my nie onverhoeds gevang nie, ek lees darem die Huisgenoot of die You elke week, was mooi op hoogte van die verskillende sakke wat die kettingwinkels aanbied, maar toe die dag aanbreek om my sakkie saam te neem, toe vergeet ek natuurlik en om nie te 'cheap' te lyk nie, koop ek toe maar van die kunswerke van Woolworths teen R1 per sak. Nogal nie lelik nie, baie sterker as die wat hulle gewoonlik aankope in verpak het, maar as die sakke nog twee keer heel gaan bly met kos aankope, dosies met hoekies en swaar bottels, dan eet koop ek 'n hele Woollies Lemon Merenque, Merinque, (swaar woord) Merangue (Is ek nou reg)  Ek wens eintlik hulle deurstaan nie die toets nie, want daar is min dinge lekkerder!  Volgende dag het ek Spar ingevaar en 'n hele mandjie vol goed gekoop, waa's die sakkie dan? Net daar kom my Huisgenoot kennis tot my redding, materiaal sakke, R7.99, maar toe verras hulle my met materiaal sakke van R2.99 elk. Ek dink daai goed gaan hou vir 'n redelike lang tyd. Natuurlik hulle bemarkingsplan, want ek kan nie sien dat die sakke hulle minder kos nie. Slim bemarking, nê?  Ek hoor Pick & Pay se sakke is die mooiste, maar ons plaaslike Mini Mark wag nog, terwyl hulle wag sal ek maar elders koop.
       
      Het enigeen van julle snaakse ervarings gehad met die sakke episode? Ek hoor graag van julle, sodat almal die staaltjies kan geniet. Skryf aan grapjas@...  en merk dit SAKKE.
       
      Groetnis van Grapjas
       
                **********GRAPJAS**********

       Description
       
      1x Plastic Polyurethane Shopping Bag With Pick 'n Pay Logo.
       
      Only Used Once To Carry Groceries From Shop To The House.
       
      Really Good Condition, No Holes Or Scuff Marks.
       
      You Have To See This Bag To Believe It! Comes Complete With 2 Carry Handles.
       
      Comments:
      Act Quick As It Will Go Fast, Only R0.35c. Brand New Is R0.45c, bargain!
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Bydrae deur Ashwin
       
      MA MAAK DAREM NIE MOOI NIE

      Ek weet my ma is lief vir my, maar sy maak darem nie mooi nie. Net gisteraand aan tafel het sy en pa gesels oor toe ouboet klein was, net so oor die drie jaar oud, en toe sluk hy 'n vyfsent in wat onder die bank gelê het. Hulle spring toe in die bakkie en jaag met hom hospitaal toe, en die dokter sê, moenie worry nie, die vyfsent sal sy normale loop neem, daar is hulle weer terug in die bakkie en huistoe, ouboet met 'n bottle tjoklit melk om die proses aan te help.
       
      Vanmiddag, nee wag laat ek voor begin met die storie. Julle weet van Liesbet, nê?  Hulle het net 'n maand voor die einde van my matriekjaar hiernatoe getrek, drie huise van ons af. Julle weet van perskes en aarbei, nou dit is nou Liesbet ... en room, daai sagte wit vel met die perske bloeisels op die wange en die aarbeie ........ sommer vir die lekker. Toe ek haar die eerste keer sien toe is die matesis heel uit my kop en die literatuur kom sommer vanself by my mond uit. En die boot, weet julle van die boot? Pa en ek het elke dag gaan visvang, dis mos wat ons almal op ons dorpie doen, maar ek sweer, daai week het die bootjie 10 sentimeter bo die water gevaar. Nie eens die water geraak nie, so die visse wou nie byt nie. Sê pa mos toe ek moet my kop bymekaar hou, heerlikheid, my kop was bymekaar, skoon taai van die perskesap. Dis met die intrek van die net dat ek opkyk en ek sien net perskes en room en met die laat glip ek my kant van die net, nie my skuld nie, maar pa gaan toe 'n gal af dat dit sommer meteens hoogwater word, en die ou vissetjies gly terug in die see. Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar enigiemand kan mos 'n ou glipsie kry. Ons is  toe met een net vis strand toe, en pa skree toe vir my, haak hom kêreltjie, en ek haak hom en sien die grote reg bo-op die bondel en ek gryp en druk hom onder my windjekker in en ek trek die net hoog op die strand. Toe die kopers nader kom toe wil ek net in een rigting, reguit perskes en room toe en ek maak gatskoon links op die strand, reguit na Liesbet toe. Ek sien toe eers sy het 'n rooi rokkie aan, die aarbeie vir die lekker, en met die wat ek die aarbeie in my kop kry toe haak my voet agter 'n stuk seewier op die strand en ek seil behoorlik na Liesbet toe. Die vis is ook toe al behoorlik dik vir my windjekker en hy seil voor my uit, reg op Liesbet se kaal voete af. Sy gee net een gil en daar duik sy dwarsoor die vis en reg op my rug, dat ek skoon disnis is. Ek het nie reg bygekom nie, toe ek nog my kop skud van die slag, toe val Liesbet my om die nek en daai perskewangetjie is teen my gesig en die aarbei lippies op my mond. Sy was al lankal weg met die vis toe lê ek nog daar, skoon deurmekaar.
       
      Eerste wat ek weer weet is toe pa my aan die oor gryp en 'n entjie oor die sand sleep totdat ek genoeg wakker is om regop te kom. Hy sê toe, mannetjie, huistoe met jou. By die huis vertel hy vir ma sy weergawe van die storie en ma sê toe, jy betaal daai vis, elke sent word van jou sakgeld afgetrek. Niks gehospitaal toe jaag met my nie, niks ge-tjoklit melk nie. Ma maak darem nie reg nie.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Grapjas se webwerf is beskikbaar is by http://www.geocities.com/sahumor/index.html  Meeste van die ou gunstelinge wat sedert 1999 in Grapjas verskyn het is weer daar, meer as 140 eg Suid Afrikaanse laggies, 90 in Afrikaans en 50 in Engels, asook 33  spotprente.  Gaan loer gerus, en as jy dit geniet, onthou om op die StartHere embleem te kliek en te stem vir Grapjas om ons weer op die "map" te plaas.  As jy 'n goeie ene ken, stuur dit gerus aan grapjas@... .
       
      Cheers vir eers. en onthou om Grapjas aan te stuur aan almal in jou adresboek.
       
      Grapjas
       

       
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.