Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Ek het gaan braai - 13 April 2003

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hello Grapjassers. Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_ n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer n mix.
    Message 1 of 1 , Apr 13, 2003
    • 0 Attachment
      Hello Grapjassers.
       
      Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_'n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer 'n mix. Welkom aan almal wat aangesluit het die afgelope 2 maande. Grapjas was vir 'n paar maande weg, nee, ek was nie in die tronk nie, ook nie in die hospitaal nie, ek was sommer net moeg :o)  Philemon se werkgewer is lekker dik vir hom omdat hy die wêreld se tyd het om iets gedoen te kry. "Philemon, is daar IETS wat jy vinnig kan doen?" "Yebo, my kroon, ek word vinnig moeg!" 
       
      Groetnis van Grapjas
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Die skooljaar is weer in volle swang en dis Jannie se tweede dag op skool.
      Tot sy ma se verbasing is hy 10 uur die oggend al terug by die huis.
      "Waarom is jy nou al terug?" vra sy ma.
      "Die meneer en juffrou het gaan braai" vertel Jannie.
      "Gaan braai, op 'n Dinsdag oggend wanner hulle moet werk? Hoe weet jy dit?" vra sy ma.
      "Meneer het vir juffrou oor die interkom geroep en gesê sy moet haar rooster bring, toe kom ek maar huistoe want ek weet hoe lank vat 'n braai."
       
      Dankie aan Wim vir hierdie een.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Agmad is oor die vingers getik omdat hy so min kaartjies skryf. Die Maandag, net na etenstyd, sit hy reg agter sy boompie, coke in die hand en wraggies, daar kom vlieg 'n rooi sportmotor soos die wind vanself oor die teerpad na Potchefstroom. "Het jou, my bra!" Hy spring in die pad, en wys met die coke blikkie vir die sportmotor om te stop. "En toe mannetjie, waar's die haas heen, ek wag al heeldag hier vir jou!"
      "Sorry Sarge, ek het so gou gekom as wat ek kon", en die laaitie met die blonde haartjies en sielvolle blou ogies knipoog vir Agmad. Agwat, Agmad het so snaaks gekry dat hy die laaitie maar laat ry het.
       
      Aspatat het hierdie een ingestuur.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Grapjas se webwerf is beskikbaar is by http://www.geocities.com/sahumor/index.html  Meeste van die ou gunstelinge wat sedert 1999 in Grapjas verskyn het is weer daar, meer as 140 eg Suid Afrikaanse laggies, 90 in Afrikaans en 50 in Engels, asook 33  spotprente.  Gaan loer gerus, en as jy dit geniet, onthou om op die StartHere embleem te kliek en te stem vir Grapjas om ons weer op die "map" te plaas.  As jy 'n goeie ene ken, stuur dit gerus aan grapjas@... .
       
      Cheers vir eers. en onthou om Grapjas aan te stuur aan almal in jou adresboek.
       
      Grapjas
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.