Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Vater krismus, wat van daai prenkieboeke? - 5 Desember 2002

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hello Grapjassers. Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_ n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer n mix. Wie
    Message 1 of 1 , Dec 4, 2002
    • 0 Attachment
      Hello Grapjassers.
       
      Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_'n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer 'n mix.
       
      Wie van julle kyk Egoli (M-Net 18h00) en Sewende Laan (TV2 18h30)?  Ek het somtyds Egoli gekyk maar Sewende Laan eers leer ken toe Mom by ons kom kuier het. Indien julle albei kyk, wat is julle mening oor die twee soapies? Laat weet wat julle dink, grapjas@... . Ek en die vriende met wie ek gesels het dink Egoli het 'n dive gevat. Die Botha's het kleur gegee aan die reeks, maar nou is dit plein boring. Sewende Laan, daarenteen is vol dinge wat gebeur en vol humor. As julle die programme kyk, kom ons stem, ek sal nie e-pos addresse en name publiseer nie, gee maar 'n niek wat ons kan gebruik. Komaan ouens. sê julle sê, gesels saam!
       
      As jy nog nie lid van  Grapjas is nie, sluit aan deur 'n blanko e-pos te stuur aan grapjas-subscribe@yahoogroups.com As jy hier lees, kan jy net sowel aansluit.  Welkom aan die nuwe Grapjassers wat die week aangesluit het. Stuur Grapjas aan jou vriende asseblief, laat ons groot word. Okei, daar was net drie nuwe lede hierdie afgelope week, maar ek verwyt julle nie .... nog nie. 
       
      Stem gerus vir die soapie debat  net na Kosie se briefie aan vater krismus.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Vandag se laggies
       
      1)  Dis Desember, een van die dae is dit 'krismus'
      2)  Sesgang maaltyd
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Lieve Vader krismus

      Ek was hierdie jaar baie soet en ek het hart geleer. Ek het eerste in my klas gestaan en het die afrikaanse beker ook gekry. Nogals 'n mooi blink ene, ma het dit in die sitkamer op die tavel gesit, sodat die hele familie kan sien as hulle ons uit die huis uit kom eet. Ek het elke Saterdag die gras gesny en vir ma die asdrom leeggemaak Jy weet, ons het mos nou daai pickit up dromme in Johannesburg, daai met die wiele. Nogals lekker. Het julle ook pickit up daar in die noordpool? Ma sê mense is maar ammal eners oor die wêreld, sy sê almal het maar rabbies wat hulle wegsteek in die pickit up dromme.

      Vater Krimus, ek was so soet die hele jaar dat ma gedink het ek is siek. Dis omlat ek verlede kersfees gevra het vir 'n bike en daai anner boeke met die mooit prenkies van die tannies sonder rokke. Toe bring jy vir my klere en kryte. Vater krimus, ons teken nie meer met kryte innie skool nie, ons  teken met kokis. Ondou tog asseblief hierdie krismus.

      Ma het kokies gekoop toe die anner oukie myne gesteel het en my klere is nog reg, so wat van daai bike en die prenkie boeke hierie Krismus? Ek sal sommer in die jaart ry, dis te gevaarlik in die straat, sê ma. Ma weet nie dat ek die prenkie boeke vra nie, maar ek is nie bang nie, jeffrou het vir ons geleer dat jy net 'n kondoom dra, dan kan jy nie aaits kry van die kaal tannies nie. Moenie vir ma sê nie, maar die minisipalieteit gee vir almal kondome by die bib   bib lieteek. Ek  sal die plestiek sakkie by elke blad sit, ek belowe. Die tannie by die bib  liekeet het gesê ek kan dit eers oopmaak as ek 18 is. Hoeveel slapies is dit nog?  Kan ek maar die prentieboeke kry oom?

      Groete van Kosie

      NS. Onhou om vir tannie krismus te sê van my Afriekaanse prys en ondou die prentieboeke.
       
      (Die briefie vertaal deur Grapjas, kopiereg Grapjas. Stuur asseblief aan na jou vriende as 'n geheel. Dankie baie.)
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Het u gehoor dat Australië nou 'n sewe-gang maaltyd aanbied?

      'n Sixpack en 'n hamburger.
       
      (Uit die argiewe, ingestuur deur Icy. Icy het jy daai nuwe Mc Donalds advertensie gesien van die Mega Big Mac? Die ou bestel, skuif sy motor se sitplekke agtertoe om plek te maak vir die reuse Mega Big Mac, en dan haal hy die piepklein kardoesie van die skinkbord af? Net daarna vul die bruingebraaide Mega Mac die hele tv skerm, druppend van lekkerheid. Dankie Mc Donalds, ons weet almal jule burgers is droog en smaak almal dieselfde, maar tien uit tien vir die advertensie, mens kan nie help om te lag vir die teenstelling tussen die klein bruinpapier kardoesie en die moerse groot burger nie. Julle het 'n wenner daar, almal sal die advertensie onthou.)
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Grapjas se webwerf is beskikbaar is by http://www.geocities.com/sahumor/index.html  Meeste van die ou gunstelinge wat sedert 1999 in Grapjas verskyn het is weer daar, meer as 140 eg Suid Afrikaanse laggies, 90 in Afrikaans en 50 in Engels, asook 30  spotprente.  Gaan loer gerus, en as jy dit geniet, onthou om op die StartHere embleem te kliek en te stem vir Grapjas om ons weer op die "map" te plaas.  As jy 'n goeie ene ken, stuur dit gerus aan grapjas@... .
       
      Cheers vir eers. en onthou om Grapjas aan te stuur aan almal in jou adresboek.
       
      Grapjas
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.