Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

Die dêng van Gauteng. - Maandag 18 November 2002

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hello Grapjassers. Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_ n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer n mix. As jy
    Message 1 of 1 , Nov 18, 2002
    • 0 Attachment
      Hello Grapjassers.
       
      Welkom by GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_'n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer 'n mix.
       
      As jy nog nie lid van  Grapjas is nie, sluit aan deur 'n blanko e-pos te stuur aan grapjas-subscribe@yahoogroups.com As jy hier lees, kan jy net sowel aansluit.  Welkom aan die nuwe Grapjassers wat die week aangesluit het. Ons het tans 238 lede.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Vandag se laggies
       
      1)  Die krakie
      2)  Watter dêng? (Limeriek)
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Koos van der Merwe sit die Saterdag oggend sy koffietjie op die stoep en drink toe hy merk dat die sitkamer se venster 'n kraak in het. Julle weet mos hy's 'n baie netjiese oukie so hy besluit om seker te maak van al die ander vensters voordat hy P.G. Glass skakel. Hy krap die laaste beskuitkrummels onder uit die koffiebeker, lek sy vinger af en loop al kouende om die huis. Die eetkamer se venster is ook gekraak, reg in die middel, so ook die badkamer se venster. Hoe verder hy loop, hoe meer ontsteld word hy. Wat de hel het verlede nag aangegaan?
       
      Hy bel P.G. Glass nadat hy al die vensters bekyk het, al die blerrie goed is in die middel gekraak! "Sheeeeeeet1"
       
      Binne 'n uur is iemand daar om te kom mate neem van die vensters. (Lekker groot job, baie kommissie!) "Goeiedag Mnr van der Merwe. Hoe gaan dit? U is seker op pad oogarts toe met daardie kraak in u regterkantse brilglas? Reg in die middel nogal." 
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Watter dèng?
       
      'n Dikke wat woon in Gauteng
      Sluk muti met pienats gemeng.
      'n Vrou van Soweto
      Vertel vir diè vet ou
      Dit help om die dêng te verleng.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Grapjas se webwerf is beskikbaar is by http://www.geocities.com/sahumor/index.html  Meeste van die ou gunstelinge wat sedert 1999 in Grapjas verskyn het is weer daar, meer as 140 eg Suid Afrikaanse laggies, 90 in Afrikaans en 50 in Engels, asook 30  spotprente.  Gaan loer gerus, en as jy dit geniet, onthou om op die StartHere embleem te kliek en te stem vir Grapjas om ons weer op die "map" te plaas.  As jy 'n goeie ene ken, stuur dit gerus aan grapjas@... .
       
      Cheers vir eers. en onthou om Grapjas aan te stuur aan almal in jou adresboek.
       
      Grapjas
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.