Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.
 

SIES, DIS DAN KOFFIE! - 22 September 2001

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hello Grapjassers. Welkom by die 156 ste aflewering van GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_ n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next
    Message 1 of 1 , Sep 21, 2001
      Hello Grapjassers.
       
      Welkom by die 156 ste aflewering van GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_'n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer 'n mix. Die vorige uitgawe was meer as 'n maand gelede, maar hou vas, moenie weggaan nie, as ek iets het om te sê, dan sê ek dit omdat dit snaaks is.
       
      As jy nog nie lid van  Grapjas is nie, sluit aan deur 'n blanko e-pos te stuur aan grapjas@yahoogroups.com 
       
      As jy hier lees, kan jy net sowel  aansluit.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Vandag se laggies:
       
      1)  Die tokkelok en die meisie
      2)  Nog nie getroud nie
      3)  Nie vir my nie, dankie!
       
        **********GRAPJAS**********

      'n Predikant het een aand met sy meisie na die Hartebeespoortdam gery. Daar gekom het die tokkelok haar 'n paar drukkies en soentjies gegee, en toe in die hitte van die oomblik, aan haar been gevat.

      Sy glimlag toe soet en sê "Jy kan maar verder gaan ..."

      Toe vat die tokkelok sy hand weg, skakel die motor aan en ry aan na Brits toe!

                **********GRAPJAS**********

      Die tannie vra vir die dogterjie: "Wat is jou naam?"
       
      "Anna, Tannie"
       
      "En jou tweede naam, Anna?"
       
      "Ek weetie tannie, is is nog nie getroud nie!"
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Hoekom is vet ouens so saggeaard?
       
      Hulle moet wees, want hulle kan nie baklei nie en ook nie vinnig weghol nie.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Die predikant doen huisbesoek in sy groot plattelandse gemeente. Sy motor breek en hy staan hulpeloos langs die pad. Dis middel Julie, en dis koud, man, baie koud! Toe dit beginne lig word, hou daar 'n motor stil en twee vistermanne laai hom op. Dominee is natuurlik baie dankbaar, want onthou, dis middel Julie en dis koud, man, baie koud!
       
      Toe hulle so 'n entjie gery het, haal Koos, dis nou die ou wat in die passasierssitplek sit, 'n bottel onder die voorste sitplek uit, netjies in bruin papier toegedraai. Hy skroef die prop af, hou die bottel agtertoe en vra: "Slukkie, Dominee?"
       
      "Nee dankie, sê die Dominee verskrik." (Dis mos van die duiwel, die dinge!)
       
      Koos trek sy skouers op, vat 'n diep teug en gee die bottel aan vir Pieterjan, die ou agter die stuurwiel. Pieterjan vat 'n diep sluk, Koos skroef die bottel toe en sit dit weer onder die sitplek.
       
      Maar dis koud man, baie koud, middel Julie ..............
       
      Nie lank daarna nie, buk Koos weer af, haal die bottel onder die sitplek uit, skroef dit oop, hou die bottel agtertoe en vra: "Slukkie, Dominee?"
       
      "Nie vir my nie, dankie" sê Dominee waardig.
       
      Maar dis middel Julie, en dis koud man, baie koud!
       
      Later, toe die bottel die derde keer aangebied word, dink Dominee dat dit darem baie koud is en dat hy vergewe sal word as hy so 'n ou klein slukke vat. Hy vat die bottel, sit dit voor sy mond en laat waai.
       
      Die volgende oomblik spoeg hy die vloeistof teen die ruit vas en sê: "Sies magtig, dis dan koffie!"
       
                **********GRAPJAS**********

      Geld is nie alles nie ................ hel, dis nie naastenby genoeg nie!

                **********GRAPJAS**********
       
      Cheers vir eers, sien julle volgende week!
       
      South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual.
      Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@egroups.com

      Stuur grappies aan grapjas@...
      Besoek ons tuisblad by http://pixwebsites.com/grapjas
      If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@egroups.com

       
      Cheers, hopelik is ek volgende week weer hier.
       
      GRAPJAS
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.