Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.
 

VIR DIE JONGSPAN - NAWEEK UITGAWE - 12 Mei 2001

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hallo Grapjassers, Onthou tog dit is moedersdag Sondag die dertiende. Dit beteken nie n duur parfuum vir ma gee en dan terug sit met n glas in jou hand en
    Message 1 of 1 , May 11, 2001

      Hallo Grapjassers,
       
      Onthou tog dit is moedersdag Sondag die dertiende. Dit beteken nie 'n duur parfuum vir ma gee en dan terug sit met 'n glas in jou hand en wag vir 'n vyfgang maal nie. Dis uit! Wat in is is om ma uit te neem vir ete (jy betaal) of kook vir haar 'n ete (by jou huis) of as jy nog by ma woon, koop al die benodigdhede en maak die kombuis skoon na die ete. Koop vir ma en pa 'n fliekkaartjie of kry 'n video terwyl jy die gemors opruim. O, moet nie die parfuum vergeet nie, dit is deel van Moedersdag. Opskepbakke en ornamente is uit, parfuum is in! Ook nie sommer enige parfuum nie, loer op ma se spieeltafel vir 'n parfuumbottel wat amper leeg is. Dis die een wat sy gebruik.
       
      Vandag se uitgawe is vir die jongspan, maar grootmense lag nog steeds vir die simpel grappies wat die rondte doen in die laerskool. Jy stem nie saam nie? Okay, luister na die volgende.
       
      SO SAD
       
      "Waarom lyk jy so treurig, Ou koos?"
       
      "Ag man, ek kom nou net van die begraafplaas af."
       
      "Is iemand dood?"
       
      "Ja man, almal ......... almal ....................snik.......so sad!"
       
      BREI
       
      Koos kon baie goed motor bestuur, so goed dat hy sy geliefkoosde hobby, brei, agter die stuurwiel kon doen. Hy het die kuns so volmaak dat hy  by elke tweede ry regs, en dan weer links gedraai het, volgens die patroon. By die verkeerslig het hy gestop en die volgende ry begin.
       
      Eendag keer 'n Engelse verkeersman hom voor.
       
      "Pull over!!"
       
      "Agge nee man, dis sokkies vir my pa, dissie 'n pullover nie!"
       
      GEKRAAKTE EIERS
       
      Koos se vrou kom by die winkel.
       
      "Wat kos die eiers?"
       
      Cohen: "Nine cents an egg maa'm, but cracked one's five cents"
       
      "Okay Joodjie, kraak vir my 'n dosyn eiers asseblief"
       
      As iemand hierdie e-pos aanstuur na jou en jy is nog nie 'n Grapjasser nie, sluit gerus aan, dis vry ('Skuus, ek meen dis gratis)
      grapjas-subscribe@yahoogroups.com  Ek hou nie van die woord U nie, klink vir my soos iemand wat te veel soda water gedrink het!
       
      Cheers vir eers
       
      Grapjas
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.