Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

LONDON IS G'N GRAP NIE!

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hallo Grapjassers, Vandag plaas ek n e-pos van Rudi Anderson, die laggies volg gedurende die week. Net gou n laggie en kommentaar voordat ons oorskakel na
    Message 1 of 1 , Apr 1, 2001
    • 0 Attachment
      Hallo Grapjassers,
       
      Vandag plaas ek 'n e-pos van Rudi Anderson, die laggies volg gedurende die week.
       
      Net gou 'n laggie en kommentaar voordat ons oorskakel na jou, Rudi!
       
      Twee vrouens ry na die motorwassery...
      Watter een is die blondine?
      Die een op die motorfiets!
       
      Magiel het laat weet:
       
      Ek wonder hoe lank gaan dit vat voor,hy agter kom ek het nie melk nie.
      (Ek het my brains ingespan, maar ek kon nie die een vang Magiel, dalk verwys jy na 'n ou Grapjas nuusbrief?)
       
      Suzette skryf:
      Moet darem net eers vir jou sê dat ek gelag het dat die trane loop vir dié een.  Hoop om sommer BAIE MEER van Icy te hoor!
      (Daar het jy dit nou Icy, wat van nog meer soos Die Bees? Stuur jong, en laat weet of jy 'n vroulike of manlike bees is. -Grapjas)
       
      Rudi, jy is aan die woord. (Lees ook Grapjas se kommentaar)
       
      Ek is 'n Suid-Afrikaner,soos julle seker kan sien want my brief aan julle
      word in Afrikaans geskryf.Ek is op hierdie oomblik in Engeland,en het 'n paar
      goed om julle te vertel.

      Hoeveel keer het julle al gehoor..? """EK WAS VIR 2 JAAR IN ENGELAND!!WAT 'N
      FANTASTIESE ONDERVINDING"""" of ..."WAAR IS KAREL DAN NOU SARIE...?
      ANTWOORD.""HAAI WEET JY DAN NIE SARIE,HY IS NOG STEEDS OORSEE,SOU WAT WOU GEE
      OM SO VROEG IN MY LEWE SO 'N FANTASTIESE ONDERVINDING TE KON HE,MAAR EK IS
      DAREM BLY DAT ONS ONS KINDERS DIE GELEENTHEID KAN  GEE..HY MAAK VERSKRIKLIK
      BAIE GELD IN DAARDIE LAND.WAT 'N VERANTWOORDELIKE JONGMAN IS HY NIE.!!!!
      ""WAT 'N PRAGTIGE LAND"""Dink net,London Tower Bridge,Big Ben,St paul's
      Cathedral ens....!Die modernste moltreinstelsel in die wereld,al die
      werksgeleenthede,en al die verantwoordelikheid wat my kind  daar gaan
      leer....!Dink net hoe selfstandig,en volwasse sal hy nie wees waneer hy
      terugkom nie.

      Wel mense,dat ek nou vir julle iets anders vertel.In die eerste plek,dit is
      nie regtig "OORSEE"  nie,Jy vlieg baie ver oor Afrika,en net bietjie oor die
      see.Dan is daar 'n hele paar ander goed wat ek ook met julle kan deel.

      Ek is al van November 2000 af in hierdie land,en wat ek verwag het en wat ek
      hier gevind het,is werklik twee verskillende goed.

      London het 'n grys depresiewe donker atmosfeer,dit is darem die laaste tyd
      heelwat beter,noudat die son hier begin skyn het.Desember maand was dit net
      na drie-uur in die middag al pikdonker nag.Die dae is darem nou al heelwat
      langer,en dit lyk vir my asof die mense se gemoedstoestand saam met die son
      werk.

      As jy iemand in hierdie land groet,plein "hallo"kyk die meeste van hulle jou
      aan asof jy 'iets van 'n ander planeet' af is.Julle sal nie verstaan as julle
      nie al voorheen hier was nie,maar as jy na die mense om jou kyk,wil jou bloed
      kook,hoe hulle aantrek,al die gate en tatoëër merke,dit is ringe in die
      ore,neuse,naeltjies,wenkbroue,tonge en allerhande plekke.En die ergste van
      alles,jy sien van hierdie vernielde mense op die trein,half dronk of
      bedwelmd,en die gedagtes wat dan deur jou kop gaan."tipiese voorbeeld van die
      engelse "jeug" "Skokkend om dit te sê,dan praat twee van die goed met
      mekaar,en wat hoor jy..?"""""" f..k..£..n vark,ek scal djou bl*.r..e scheen
      afsscopp asj jy my sjoo aankyk!!!!!!

      AFRIKANER....!!!!!! Kan julle sê,my mond val oop,en my oë rek,ek kan dit nie
      glo nie,dit is dan 'n AFRIKANER,is dit dan nie mense wat met waardes opgevoed
      is nie..?Mense wat respek het vir ouer mense,vroumense..?Dat van die
      Suid-Afrikaanse mans dan nie eers opstaan vir 'n dame op die trein nie..?Wat
      nog te sê van 'n ou tannie of oom..?|Dit gaan my verstand te bowe dat dit kan
      gebeur.Ek weet nie hoe waar die volgende ding wat ek vir julle gaan sê is
      nie,ek praat onder korreksie,Ek hoor by 'n S-Afrikaner wat 'n vriend in die
      Engelse polisie het dat daar meer as 10000 S-Afrikaners in die Engelse tronke
      is.Oortredings soos baklei onder die invloed van
      drank,dwelmmisbruik,dwelmsmokkel en nog 'n klomp ander...diefstal ens.

      Dit is tragies dat ek nou hier vir julle sit en skryf van mense van ons eie
      land en ook wat hulle hier doen.Baie wat diep in die skuld is met
      agterstallige huur.(verblyf) Werkloos..!!!

      Ek kan julle een ding sê,as jy in Engeland is en jy het nie werk nie,is dit
      net omdat jy lui is,geen ander rede nie!Hier is geweldig baie van ons wat 'n
      reuse sukses maak van die tydperk wat ons gegun word om hier te kom werk en
      'n bestaan te maak,geld te spaar,deur Europa te gaan toer,en nog 'n klomp
      ander goed ook te gaan doen.

      Ons het 'n baie mooier land as Engeland,Baie mooier stede,en baie
      vriendeliker mense.Die werk wat ek doen veroorsaak dat ek basies die hele
      land sien omdat ek geweldig baie rondry.Buite London is dit party plekke baie
      mooi.Ek kan nie dieselfde van die stad sê nie.Geskryf teen al wat 'n muur in
      'n stil area is,vuil strate(nie orals nie)mense wat sommer in die straat
      staan en urineer(het dit al 3-keer gesien)Die strate is baie nou,daar is te
      veel voertuie vir die land,die mense is nie vriendelik en opgewek nie,almal
      so half "dikbek"Hier is ongelooflik baie mense in London self,iets soos
      3000000 mense gebruik daagliks die moltreine "tubes" en as julle gedink het
      Johannesburg en omgewing het spitstye wat erg is,NEE julle verstaan
      nie.Hierdie is baie erger.Ek het een dag 'n volle 2 ure aan 1 myl gery.Die
      verkeer is baie baie druk.

      Wel mense skryf terug as julle met my wil gesêls,ek werk weer vroeg
      more,jammer dat ek ontlaai op 'n grappie tuisblad,maar ek moet dit net vir
      iemand sê.Ek kan verstaan hoekom dit so 'n vreeslike storie is om'n visum om
      te kan werk in die land te kan kry,dit behoort duidelik te wees as jy die
      brief gelees het.Ons eie mense is daarvoor verantwoordelik.Die jeug van ons
      land SUID-AFRIKA

      Lekker dag vir julle.Skryf gerus vir my 'n e-pos

      Trotse SUID-AFRIKANER

      RUDI ANDERSON
      Salisbury Hotel 
      1 grandparade 
      Greenlanes 
      London 
      n4 1 jx
       
      Grapjas se kommentaar:
       
      Ons het vandag as familie oor die juiste dinge gesels wat jy oor skryf. My dogter was vir amper 5 jaar in Basingstoke, so 'n uur van London af. Die ondervinding was wonderlik, sy en haar man, wat sy hier ontmoet het en aan verloof geraak het voordat hulle oorsee is, (hy is het "dual-citizenship" omdat sy familie na Suid Afrika verhuis het toe hy 8 jaar oud was.) het fantastiese salarisse gekry, gemeet teen die rand. Dis was eers toe ek gaan kuier het en elke dag London toe gegaan het per trein, dat ek besef het hoekom die salarisse so goed klink vir ons. As jy met rande betaal, dan neem jy somtyds 'n toebroodjie saam London toe vir die dag, sodat jy kan geld hê om plekke te besoek. (Is ek reg Rudi?)
       
      Ek het nie geweet van Suid Afrikaners in Britse tronke oor wangedrag nie, nie daaraan gedink nie, maar baie jongmense se koppe haak seker uit as hulle onder hulle ouers se oe uit is.
       
      Engeland is 'n pragtige land vir die twee weke wat hulle somer het, die ander 50 weke is koud en bleek en vaal. Ek het my gate uit geniet, internet vriende persoonlik ontmoet, Wallis besoek en tonne museums, fantastiese ondervinding gewees die twee keer wat ek daar was. Die gras was wonderlik groen, van die baie reen, groener as in Suid Afrika, maar snaaks, na 3 weke van alles los en buite toe hardloop as iemand skree dat die son agter die wolke uit is, kan jy nie wag om in Suid Afrika terug te kom en die son te sien en te weet dit sal more weer skyn nie.
       
      As pluspunt moet ek noem dat my kinders genoeg geld gemaak het om na 'n paar keer na Griekeland te gaan met vakansie, en 'n hele paar keer na Frankryk. Hulle het aan die einde van Oktober 2000 as volwassenes teruggekom, met genoeg Britse ponde om 'n deposito te betaal op 'n huis in 'n spogbuurt van Johannesburg, genoeg ponde om 'n motor te koop en vaswee hulle ondervinding wat hulle in Engeland opgedoen het in die rekenaar bedryf, was hulle in aanvraag en het albei binne twee weke goeie poste gekry in Johannesburg.
       
      Ek wens dat ek die geleentheid gehad het om die wereld te sien nadat ek matriek gemaak het, in Jamaica te gaan trou soos my kinders kon doen. Ons het almal drome, maar vir meeste van ons bly dit net drome. Engeland het my dogter en skoonseun grootmense gemaak, hulle in staat gestel om baie van hulle drome te verwesenlik .............. maar, hulle het teruggekom na Suid Afrika, omdat hulle Suid Afrikaners is in murg en been. Hulle kan lewe met werkloosheid in CRIME CAPITAL omdat hulle wortels hier lê.
       
      Drie hoera's vir die jeug van ons land wat ondervinding in ander lande opdoen en as "grootmense" terugkom na Suid Afrika. Daar is niks verkeerd daarmee om permanent in Engeland te woon nie, as jy kan saamleef met die weer. Ek was baie keer alleen in London se West End om middernag na 'n vertoning, en nooit bang nie, het my staan en vergaap aan die straat artieste. As jy iets te sê het in London, spring jy op 'n kissie op 'n sypaadjie en doen jou ding, amper soos die mense in Suid Afrika wat smous op ons sypaadjies. Die groentewinkel waar ek al die afgelope tien jaar koop het toegemaak. Hoekom? Daar is ten minste 20 "groentewinkels" op die grense van die kompleks waar ek koop, geen lisensie, hulle verskyn in die oggend en verdwyn in die aand. Rudi, moet net nie groente en vrugte smous as jy terugkom "huistoe" nie, bly dan liewer met jou dik baadjie in Engeland en geniet die ou geboue wat bewaar word en vir toeriste gewys word teen R90 per besoek, hier sloop ons sommer die ou geboue en bou nuwes!
       
      Cheers vir eers
       
      GRAPJAS
       
      As jy die brief gelees het en nie aan grapjas behoort nie, stuur 'n blanko e-pos aan grapjas-subscribe@yahoogroups.com
       
       
       
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.