Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.

GRAPJAS - Hiekerie, diekerie dok - 21 September 2000

Expand Messages
  • GRAPJAS
    Hello Grapjassers. Welkom by die 157 ste aflewering van GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_ n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next
    Message 1 of 1 , Sep 21, 2000
    • 0 Attachment
      Hello Grapjassers.
       
      Welkom by die 157 ste aflewering van GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_'n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next day, of sommer 'n mix. Ek hoop ek het die regte nommer vir hierdie uitgawe want vandat ons laas gesels het, het ek my rekenaar se hardeskyf laat formateer (is dit die regte woord?) en in die proses alles verloor, ook die grappies wat sommige van julle aangestuur het. So asseblief, laat kom daardie grappies. Onthou net om 'n voornaam of skuilnaam te verskaf.
       
      As jy nog nie lid van  Grapjas is nie, sluit aan deur 'n blanko e-pos te stuur aan grapjas-subscribe@egroups.com As jy hier lees, kan jy net sowel  aansluit, reg? Ek hoop julle geniet vandag se laggies.
      .
                **********GRAPJAS**********
       
      Vandag se laggies:
       
      1)  Limeriek.
      2)  Felicity in die hof.
      3)  Hiekerie, diekerie, dok. (Limeriek)
      4)  In graad I.
      5)  Die plaasbrak en die stadsbrak.
      6)  Afsluit gebed.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Sê yskoue Lonatjie Beukman;
      "Ek vra dat jy krap waar ek jeuk, Jan,
      en kyk nou wat doen jy
      jy foefel en soen my
      jy eis dat my ys nou moet breek, man."
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Felicity verskyn voor die hof en die landdros vra vir haar -
      "Vertel nou vir die hof presies wat gebeur het."
       
      "Djy sien, your worship, your honour, ek was net besig om te jôl daar oppie beach ....."
       
      Die landdros val haar in die rede - "Verskoon my mevrou, maar ons laat nie sulke taal in die hof toe nie. U bedoen seker u het gaan wandel op die strand."
       
      "Ja, your worship, your honour," sê Felicity. "Ek het net gaan wandel toe kom Trevor en hy gryp my aan my tiete."
       
      Die landdros val haar weer in die rede. "Verskoon my mevrou, maar u bedoel seker hy het u buuste bevoel."
       
      "Ja, your worship, your honour. Ek het net gaan wandel op die strand, toe skielik het Trevor my buuste bevoel, en nog voor ek weet, gryp hy na my pêntie."
       
      Die landdros begin nou moeilik raak. "Asseblief mevrou! U taal is onaanvaarbaar! U wil seker sê hy het u begin ontklee."
       
      "Ja, your worship, your honour, ek het net 'n bietjie op die strand gaan wandel, toe bevoel die man my buuste en hy begin my ontklee .....en voordat ek aangaan met my storie ....... wat is 'n fênsie woord vir doos?"
       
      **********KOM ONS MAAK VRIENDE**********
       
      Indien enige Grapjassers e-pos maats soek, skryf gerus aan grapjas@...
      Die skaam ouens kan gerus 'n Hotmail of soortgelyke gratis e-pos adres aanskaf. Gratis e-pos addresse is ook beskikbaar by
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Hiekerie, diekerie dok
      die bok hardloop op na die klok;
      die klok slaan ses
      en doen nou jou bes
      om saam met die bok en die klok
      die hele ou rympie totaal op te ......
       
                **********GRAPJAS**********
       
      'n Seuntjie in die graad 1-klas: "Juffrou, Sannie het nou net 'n plassie hier agter op die vloer gemaak."
       
      Juffrou sê: "Ag nee wat, Sannie. Het ek dan nie vir jou gesê jy moet jou hand opsteek nie?"
       
      Sannie skukd haar koppe. "Ek hèt juffrou, maar dit het niks gehelp nie. Dit het alles tussen my vingertjies deurgeloop."
       
                **********GRAPJAS**********
       
      'n Plaasbrak kuier by sy neef in Johannesburg. Hulle sit nog so lekker en gesels, toe sê die plaasbrak; "Verskoon my."
       
      "Waarheen gaan jy?" vra sy neef.
       
      "Toemaar, ek is nou-nou terug," antwoord die plaasbrak.
       
      'n Halfuur later kom hy benoud teruggedraf.
       
      "En nou?" vra die stadsbrak.
       
      "'n Boom! Ek kan nie 'n boom kry nie!"
       
      "Aag man, pleks dat jy eerder gevra het. Hier in Johannesburg gebruik ons sommer wieldoppe!"
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Jannie moet aan die einde van die kwartaal die klas met gebed afsluit.
       
      "Liewe Jesus, sorg asseblief dat die onderwysers goed sal uitrus gedurende die vakansie," bid hy. "Nie omdat hulle dit verdien nie, maar alleen uit genade. Amen"
       
                **********GRAPJAS**********
       
      South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual.
      Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@egroups.com

      Stuur grappies aan grapjas@...
      Besoek ons tuisblad by http://pixwebsites.com/grapjas
      If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@egroups.com

       
      Cheers, hopelik is ek binne 'n paar dae weer hier.
       
      Grapjas
       
      F-R-E-E: Were hot dogs ever made of dogs?
      How do astronauts use the bathroom in space?
      What's so French about French fries?
      For the answer to these and other curious questions,
      go to http://go.MailBits.com/trivia.asp?1094.4
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.