Loading ...
Sorry, an error occurred while loading the content.
 

Lekker lawwe laggies van Grapjas - 31 Mei 2000

Expand Messages
  • Pix
    Hello Grapjassers. Welkom by die 153 ste aflewering van GRAPJAS, ons eie Afrikaanse Lag_ n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the next
    Message 1 of 1 , May 31, 2000
      Hello Grapjassers.
       
      Welkom by die 153 ste aflewering van GRAPJAS, ons eie Afrikaanse
      Lag_'n_dag. The jokes will be in English some days and Afrikaans the
      next day, of sommer 'n mix. Ek wil om verskoning vra dat Grapjas die
      laaste paar maande net af en toe uitgestuur word, meer af as toe, maar
      hou moed, dinge kan net beter gaan van nou af!

      As jy nog nie lid van  Grapjas is nie, sluit aan deur 'n blanko e-pos te
      stuur aan  grapjas-subscribe@onelist.com. As jy hier lees, kan jy net
      sowel  aansluit.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Vandag se laggies:
       
      1)  Idiome.
      2)  Omie word stout.
      3)  Etenstyd.
      4)  Lanklaas gesien.
                **********GRAPJAS**********
       
      Weet julle hoe blaf 'n Franse poedel?
       
      "Le woef!"
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Wat beteken: "Kop in een mus?"
       
      Hulle het nie genoeg geld vir nog 'n mus nie!
       
      Wat beteken: Snuf in die neus kry?"
       
      Iemand se voete stink!
       
                **********GRAPJAS**********
       
      'n Armoedige omie vir wie die luste van die lyf nog nie bedaar het nie, besoek die plaaslike bordeel, ten spyte van die feit dat hy byna platsak is.
       
      Die madame gee hom net een kyk en vra hoeveel hy kan betaal.
       
      "R2.59"
       
      "Wel," sê Madame, "stap maar na die tiende verdieping en klop aan Loeloe se deur."
       
      Min het jy geweet dat Loeloe al taamlik oud en afgeleef is en feitlik geen besoekers kry nie. In 'n donker kamer lê sy en wag op 'n moontlik klant. Om dinge 'n bietjie interessanter te laat klink, het sy die volgende boodskappie op die deur geplak:
       
      LIEFDE OP DIE SPAANSE MANIER - R2.50.
       
      Die omie was verheug en toe hy 15 minute daarna klaar is, vra hy vir die tannetjie: "Liefde op die Spaanse manier? Ek het geen verskil agtergekom nie."
       
      "Oeps!" sê Loeloe, "Amper vergeet ek: Olè !!"
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Die Sondagskool juffrou vra vir die kinders wat pappa sê voordat hulle begin eet. Jannie se handjie skiet in die lug op.
       
      "Juffrou, my pa sê: "Stadig met die brood, dit kos al amper R4."
       
      (My pa het altyd gebid: "Segen Here wat ons eet, en laat ons nimmer U vergeet" terwyl ek met een oog geloer het wat alles op die tafel is en wat ek eerste kan gryp voor my broer, wanneer my pa by "Amen" kom. Meeste van die tyd was my ma vinniger as ek, en as ek my hand uitsteek na die brood, het ek 'n klap op die hand gekry. "Nee maggies, mens sou sweer julle kry nooit kos nie!")
       
                **********GRAPJAS**********
       
      Wat is die verskil tussen 'n gewilde en 'n ongewilde meisie?
       
      Ja en Nee.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      'n Man van Kuruman besoek Kakamas toe hy skielik deur Van Der Merwe op straat voorgekeer word.
       
      "Stoffel," sê Van, "wat op aarde het met jou gebeur? Ek het jou so lanklaas gesien en kyk hoe lyk jy nou!"
       
      "Nee wag," sê die ou van Kuruman, "ek is nie........"
       
      "Ag nee, moenie worry nie, ek kan net nie daaroor kom hoeveel jy verander het nie. Jy was voorheen so 'n groot man, gebou soos 'n os maar nou lyk jy kleiner as ek. Was jy dan siek?"
       
      "Nee wag," probeer die ou van Kuruman weer 'n woord inkry. "Ek is nie................."
       
      "Nee," sê Van, "jy hoef niks te sê nie. Ek kyk net na jou hare. Jy het altyd so 'n pragtige bos swart hare gehad, en nou is jy omtrent heeltemal bles. En daardie pragtige hangsnor. Stoffel, hoekom het jy dit afgeskeer?"
       
      "Luister," sê die vreemdeling. "Ek probeer jou vertel dat my naam nie Stoffel is nie. My naam is Wouter."
       
      "Agge nee man," sê Van der Merwe, "en nou het jy nog jou naam ook staan en verander!"
       
                **********GRAPJAS**********
      As jy graag 'n webtuiste wil begin, maar weet nie hoe en
      waar om te begin nie, ons kan help. PixWebDesigns spesialliseer
      in webtuistes vir individue en klein besighede teen bekostigbare
      tariewe. Ons bied ook lesse aan om beginners touwys te maak.
      Skryf gerus aan pix@... as u meer wil weet.
       
                **********GRAPJAS**********
       
      South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
      Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@egroups.com
      Stuur grappies aan grapjas@...
      Besoek ons tuisblad by http://pixwebsites.com/grapjas
      If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@egroups.com
       
      Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
       
      Grapjas
       
      F-R-E-E: Were hot dogs ever made of dogs?
      How do astronauts use the bathroom in space?
      What's so French about French fries?
      For the answer to these and other curious questions,
      go to http://go.MailBits.com/trivia.asp?1094.4
    Your message has been successfully submitted and would be delivered to recipients shortly.