Ons gesels op dié lys oor Afrikaans en taal in die algemeen. "Taalgesprek" is 'n besonder lewendige kletslys, waar die humeure soms opvlam, maar dit geskied altyd in 'n goeie gees. Jy kan die lys stilswyend geniet, aktief deelneem of dit as blitsvinnige, gratis naslaanbron gebruik. Die lede reageer gewoonlik in 'n japtrap. Enige taalkwessies word bespreek en neologismes word voorgestel.
Jy kan 'n verskil maak deur deel te neem, want van die lede is topmedewerkers aan die "AWS" en senior woordeboekmakers.
Cornelis: Die maandblad Onze Taal vra nou julle mening of Afrikaans opgeneem sal word in die Nederlandse Taalunie. Daar is omtrent 90% voorstanders. Ingewydes
Brian, ek hou van "ontbogting", en reken 'n "opneuker" is eintlik 'n beter woord as "opstopper" vir 'n hou wat alles behalwe subtiel is. Ria, ek is half jammer