Search the web
Sign In
New User? Sign Up
calvyn · Calvinistiese Poslys
? Already a member? Sign in to Yahoo!

Yahoo! Groups Tips

Did you know...
Hear how Yahoo! Groups has changed the lives of others. Take me there.

Best of Y! Groups

   Check them out and nominate your group.
Having problems with message search? Fill out this form to ensure your group is one of the first to be migrated to the new message search system.

Messages

  Messages Help
Advanced
Messages 7672 - 7679 of 7679   Newest  |  < Newer  |  Older >  |  Oldest
Messages: Show Message Summaries   (Group by Topic) Sort by Date v  
#7679 From: "AH Bogaards" <attie@...>
Date: Mon Dec 14, 2009 10:17 am
Subject: Nuwe module
attie@...
Send Email Send Email
 
Beste broeders en susters,



Daar is 'n nuwe module op my tuisblad: die werk van die puritein James
Durham oor Hooglied. Dit staan onder die e-Sword-9-afdeling (Engels).
http://www.enigstetroos.org/eswordnuut.htm





Gartlike broedergroete,

Attie Bogaards



--------------------------------------------------------------



DEUR CHRISTUS ALLEEN



TUISBLAD VAN dr. AH Bogaards



Tuisblad (Inhoud): http://www.EnigsteTroos.org

Tuisblad (e-Sword-afdeling): http://www.enigstetroos.org/eswordnuut.htm

Tuisblad (Theophilos-afdeling): http://www.enigstetroos.org/theophil.htm

Tuisblad (Bybelstudie): http://www.enigstetroos.org/bybelstudie.htm

E-pos/e-mail: attie@...

Posadres: Posbus 113, Pyramid, 0120

Woonadres: Plot 139, Grootvlei. Marieloulaan

Telefoon: 012-545-0979

Selfoon: 082-57-146-49



--------------------------------------------------------------




--
This message has been scanned for viruses and
dangerous content by Pinpoint, and is
believed to be clean.



[Non-text portions of this message have been removed]

#7678 From: Gerhard Kok <agkok@...>
Date: Fri Dec 11, 2009 8:52 pm
Subject: Kennisgewing: Geloftefees, GK Wonderboompoort
agkok800221
Offline Offline
Send Email Send Email
 
*Geloftefees: Gereformeerde Kerk Wonderboompoort*
(Generaal Beyersstraat 256, Pretoria-Noord).

Woensdag, 16 Desember 2009
09:00 tot 12:00

Ons belowe in die Gelofte "/dat  ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende
geslagte/" en dat ons /"die eer van Sy Naam sal verheerlik/".

*Program*
---------------
09:00
Erediens gelei deur Ds. Christiaan Jooste

10:30
Vertelling aan ons kinders, soos wat ons in die Gelofte belowe om te doen.
(d.m.v. 'n opvoering van die Voortrekkergeskiedenis, wat gelei het tot
die aflegging van die Gelofte.)

12:00
Herbevestiging van die Bloedriviergelofte van 16 Desember 1838

12:15
Piekniekete (selfversorgend) op die Kerkterrein. Onthou asb. u eie
stoele, sambrele, piekniekmandjie, eetgerei en koeldrank.

/(Navrae by telefoonnommer: 082 670 1961)/


[Non-text portions of this message have been removed]

#7677 From: "Slabbert Le Cornu" <slabberto@...>
Date: Tue Dec 8, 2009 12:50 pm
Subject: Boeke-, DVD-, CD-verkope, boekenuus,ens: 8 Des 2009 AD
esra710
Offline Offline
Send Email Send Email
 
Inhoud:
1. Tweedehandse boeke te koop
2. Nuwe boeke te koop
3. DVD/CD's te koop
4. Nuwe boek: "Who made God" - antwoord en kritiek op Richard Dawkins en ander
dwase op die planeet aarde (Ps.14:1)


1. Tweedehandse boeke te koop
- The Quest for Full Assurance - the legacy of Calvin and his successors, Joel
Beeke R90-00
- True Science agrees with the Bible, Malcolm Bowden, R70-00
- Modern Preacher and the Ancient Text, Sidney Greidanus R120-00
- A Call to Spiritual Reformation: Paul and his prayers, DA Carson R70-00
- The Death of Truth: responding to postmodernism, Dennis McCallum R50-00

- Christianity and Science - a Philosophical Investigation, JP Moreland R70-00
- New Horizons in Hermeneutics - The Theory and Practice of Transforming
Biblical Reading, AC Thiselton R130-00
- Sinai Strategy - Economics and the 10 Commandments, Gary North R70-00
- Israel and the New Covenant, Roderick Campbell R70-00
- The Challenge of Postmodernism, David Dockery R140-00

- Hermeneutical Spiral, Grant Osborne R120-00
- C van Til - An analysis of his thought, John Frame R80-00
- Shadow of Christ in the Law of Moses, Vern Poythress R80-00
- Calvin's Calvinism: Predestination and Providence, John Calvin R70-00
- Gospel Worship, Jeremiah Burroughs R120-00

2. Nuwe boeke te koop
- The Calvin Handbook, Herman J Selderhuis (ed.) R240-00
- Die Bybel, 1933/53 vertaling, luukse bruinleer-uitgawe, A5-grootte, naslaan,
duimindeks, goudsnee, R250-00
- Given for You - Calvin's doctrine of the Lord's Supper, KA Mathison R100-00
- Down and Out - How to get up when life knocks you down, Wayne Mack
- Celebrating the Sabbath, Bruce Ray R50-00
- Chosen for Life - the case for divine election, Samuel Storms R90-00
- The Sabbath Defended, James Gilfillan R130-00
- Christ centered Preaching, Bryan Chapell R120-00
- The Shape of Sola Scriptura, Keith Mathison R150-00
- Human Nature in its Fourfold State, Thomas Boston R100-00
- Last Days according to Jesus, RC Sproul R120-00
- Putting truth to work - the theory and practice of biblical application,
Daniel Doriani R100-00
- Justification, Francis Turretin R70-00
- Philosophical Foundations for a Christian Worldview, JP Moreland & WL Craig 
R300-00

3. DVD/CD's te koop
a. DVD'S (al die DVD's is R120 elk)
- Inside the Islamic Mind: how Muslims view the west
- Shaky Town: Homosexualism in San Franciso
- Languages: the Bible vs Evolution, dr Allan Steel
- Arguments creasionists should not use, dr. Jonathan Sarfati
- Power of Logic in defending the faith, dr. Jonathan Sarfati
- First Blast of trumpet against feminism
- Hell's best kept secret: how we must proclaim the gospel
- Dinner with 40 Atheist, Ray Comfort & Mark Spence

Hell's Bells 2: the power and spirit of popular rock and roll music, 2 discs
R200-00

Audio CD's:
- What Jesus demands from the world, John Piper  R50-00
- Reformed Pastor, Richard Baxter, 7 cd's  R130-00

4. Nuwe boek: "Who made God" - antwoord en kritiek op Richard Dawkins en ander
dwase op die planeet aarde (Ps.14:1)

Nuwe boek om van kennis te neem: "Who made God", E. Andrews

Sien: http://whomadegod.org/

Resensie: http://www.challies.com/archives/book-reviews/who-made-god.php

Onderhoud met skrywer:
http://www.challies.com/archives/interviews/who-made-god-an-interview-with-edgar\
-andrews.php

Posgeld is nie ingesluit nie.

Groete
Slabbert Le Cornu (VDM)
Gereformeerde Kerk Carletonville  Posbus 5 Carletonville 2500 RSA
Tel & faks: 018 787 5444  Sel: 082 770 2669  Web: www.esra.za.org
E-pos: proregno@... Blog: http://proregno.blogspot.com
Die HERE het groot dinge aan ons gedoen, ons was bly ! - Psalm 126:3

[Non-text portions of this message have been removed]

#7676 From: "HJ van Dijk" <hjvandijk@...>
Date: Sat Dec 5, 2009 10:15 pm
Subject: Re: Reguitstraat
hennievandijk
Offline Offline
Send Email Send Email
 
Dit is met blydskap dat ek kan rapporteer dat
Reguistraat suksesvol gelanseer is by www.reguistraat.za.org

www.reguitstraat.za.org werk beter!

Groetnis
Hennie

#7675 From: Nico van der Dussen <calvyn@...>
Date: Sat Dec 5, 2009 4:53 pm
Subject: Reguitstraat
ramkat2002
Offline Offline
Send Email Send Email
 
Goeie more broeders en susters,

Dit is met blydskap dat ek kan rapporteer dat
Reguistraat suksesvol gelanseer is by www.reguistraat.za.org

Ons het reeds binne minder as 24 uur 37 intekenare geregistreer.

Die webblad is aan die gang en die eerste vier artikels is gepubliseer:
* Redaksionele Artikel: 21ste Eeue Reformasie
* Amok by Streeksinode Randvaal
* Reformasie in Nehemia se tyd
* Dr Hennie antwoord dr Vorster oor Gen 1-3

Ons is van plan om die res van die artikels
(ongeveer 15) so in die volgende week of twee sporadies vry te stel.

Baie dankie aan elkeen van u wat gehelp het om
hierdie groot taak 'n sukses te maak.

Indien u nog artikels wil bydra dan is u welkom.
Die internet medium maak dit vir ons moontlik om
nie soseer aan afsnydatums gebonde te wees nie en
te kan publiseer wanneer ons wil. Dus: Die
broeders wat nog streeksnuusartikels wil skryf, is meer as welkom.

U kan u vriende en familie laat weet om in teken
op Reguitstraat deur 'n epos te stuur na
ReguitStraat-subscribe@yahoogroups.com<mailto:ReguitStraat-subscribe%40yahoogrou\
ps.com>

Ek hak vir u die Redaksionele artikel hier aan.
Daarin sit ek uit een wat die rasionaal agter hierdie elektroniese blad is:

Teen die tyd dat Pretoria vandeesmaand sy pers
jas verruil het vir ‘n groen jas, sal dit reeds
492 jaar gelede wees dat Maartin Luther sy 95
stellings teen die kerkdeur in Wittenberg
vasgespyker het en die Protestantse Reformasie begin het.

Hierdie Reformasie was nie die enigste reformasie
in die geskiedenis nie. Daar het ook soortgelyke
reformasies plaasgevind onder Gideon, Asa, Hiskia, Josía, Nehemía en andere.

As ons na die Reformasies deur die geskiedenis
kyk, dan is dit opmerklik om te sien dat die
terugkeer na die Woord van God telkemale die
sentrale plek ingeneem het. Tydens die Reformasie
van die 1500’s was dit dan ook een van die
slagspreuke, naamlik : Sola Scriptura.

Ons beleef tans weer ‘n tyd van afval. In Josía
se tyd het hy en die volk hulle bekeer en hul
samelewing gereformeer toe die wetboek herondek
is en aan die volk voorgelees is (2 Konings 22).

In Maartin Luther se tyd het die Rooms- Katolieke
Kerk die Waarhede van die Woord van God van die
mense probeer weghou deur vervolging, oorlog,
moord, leuens en wat nog. Daar het egter ‘n
fundamentele verandering plaasgevind wat dit
makliker vir die Reformatore van die 1500’s
gemaak het om die Skrifwaarhede onder die
bevolking te versprei. Dit was die
Gutenberg-drukkerspers wat dit moontlik gemaak
het dat die Rooms-Katolieke se monopolie op die
verspreiding van idees verbreek is. Voorheen is
hoofsaaklik van handgeskrewe boeke gebruik
gemaak. Nou kon talle boeke met relatief min
moeite gedruk word. Die uiteinde was dat die
Reformatore se idees regoor Europa soos ‘n veldbrand versprei het.

In ons tyd is daar ‘n soortgelyke proses aan die
gang: Rekenaartegnologie maak dit vandag moontlik
om duisende boeke elektronies op jou rekenaar te
stoor, op te roep en te deursoek. Dit beteken dat
hierdie boeke nou baie meer toeganklik vir die
bevolking begin word. So het Stillwater Revival
Books ‘n rekenaarskyf geproduseer wat in jou
baadjiesak pas, maar 12,500 Reformatoriese boeke,
prente en multimedia-stukke bevat
(http://www.swrb.com/Puritan/calvinism-bookshelf-cds.htm).
Dit word nou moontlik om ‘n hele biblioteek in
jou baadjiesak rond te dra en met die druk van ‘n
knoppie daardeur te soek na spesifieke inligting.

Verder maak die elektroniese publisering van
inligting op webruimtes dit nou baie goedkoper,
vinniger en makliker om Reformatoriese artikels
en gevolglik ook die idees wat daarmee saamgaan,
te versprei. Rekenaartegnologie is besig om die
Sekulariste se monopolie wat hulle die afgelope
eeu op inligting opgebou het, te verbreek. Dit
word nou moontlik dat die Skrifwaarhede herontdek
kan word. Dit wat die Kerkvaders en Reformatore
geglo het, kan daagliks makliker en goedkoper deur gewone mense herontdek word.

Vanaf Februarie vanjaar het 8 predikante en talle
ouderlinge en lidmate met mekaar gekoukus oor die
oprigting van ‘n Gereformeerde Tydskrif. In
Reformasiemaand (Oktober) het hulle besluit om ‘n
Gereformeerde rekenaartydskrif op te rig. Dit is
gedoen juis om die Waarhede van die Woord van God
te bevorder en om artikels die lig te laat sien
wat Christene in Suid-Afrika sal help om hul
lewens, hul gesinne, hul kerke en ons land weer
te laat terugkeer na God se Woord sodat die HERE ons kan seën.

Hierdie nuwe elektroniese Gereformeerde Tydskrif
se naam is Reguitstraat. Dit verwys terug na die
gebeure in Handelinge 9:11 toe Ananias deur die
HERE beveel is om na Paulus toe te gaan te
Reguitstraat om hom die hande op te lê sodat hy
van sy blindheid genees kon word. Die HERE het
Paulus met blindheid geslaan as simbool van die
geestelike onkunde en blindheid waarin hy verkeer
het. Nou het hy nie net sy sig teruggekry nie,
maar hy kon ook die Woord van God reg verstaan.
Hy was nou nie meer die vervolger van God se volk
nie. Hy het ‘n bouer geword van God se koninkryk.
Hy het nuwe lig gesien: nie net met sy fisiese oë
nie, maar ook met sy geestelike oë. Hy het ‘n
nuwe mens geword wat nou anders na die wêreld gekyk het.

Die doelwit van Reguistraat is om net so ook
mense se oë oop te maak sodat hulle God se Woord
reg sal verstaan en die reguit weg sal bewandel
(Spreuke 15:21, Gal 2:14). Die Belydenisgrondslag
is die Heilige Skrif soos verwoord in die Drie
Formuliere van Eenheid en ons teikengehoor is Gereformeerde Afrikaanse gesinne.

Die Redaksie bestaan uit Ds. Gustav Opperman, Ds.
Ben Smit, Nico van der Dussen, Francois van
Deventer (eindredakteur) en Susan Opperman.

Streeksverteenwoordigers sluit in:

¦OVS: Ds Arie Stavast
¦Dorsland: Ds Neil Prinsloo
¦Bosveld: Ds Sarel Cilliers
¦Platinumland: Ds Slabbert le Cornu
¦Noord-Kaap: Moet nog bevestig word
¦Wes-Kaap: Ds Thinus du Plessis
¦Natal: Ds Hennie de Villiers
¦Transvaal: Ds Petrus Venter
Ons eerste uitgawe van Reguitstraat fokus op
Reformasie terug na die Skrif. Sommige van die
artikels wat in hierdie eerste uitgawe gaan verskyn sluit in:

¦Amok by Streekssinode Randvaal – Ds S le Cornu
¦Reformasie vs Revolusie – Prof L Floor
¦Nehemía se Reformasie praat met ons : Hy sal ons
dit laat geluk – Ds G Opperman
¦Die ooreenkomste tussen ons tyd en die Nadere Reformasie – Prof A Neele
¦Die Waldense – Minderheid gelowiges verander die geskiedenis – Jan Kruger
¦Darwinisme, natuurwetenskaplike kennis en die Woord van God – Prof PH Stoker
¦Kom ons rebelleer! – Susan Opperman
¦Die Reformasie en sending-ywer – Alwyn Bezuidenhout
¦Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 7 – Dr Gert Kruger
¦Kohlbrugge oor reformasie – Dr Attie Bogaards

Hierdie nuwe tydskrif val egter nie net in die
smaak van die akademici nie. Dit maak ook ruimte
vir die mense onder ons wat van tuinmaak en
kosmaak hou. In hierdie uitgawe gee ons in die
Koskas ‘n resep deur vir “Peer en perke poeding
met hawermout” en in Eden word vertel hoe om jou
eie vrugte in die stadstuin te kweek.

Indien u gratis wil inteken op hierdie
e-Tydskrif, kan u net ‘n e-pos stuur aan:
mailto://Reguitstraat-subscribe@yahoogroups.com

Mag hierdie nuwe elektroniese tydskrif ’n bydrae
lewer om ‘n nuwe Reformasie terug na die Skrif
aan die gang te sit. Mag dit ‘n bydrae lewer dat
ons geslag se oë kan oopgaan en ons lewens, ons
gesinne, ons kerke en ons land sal terugkeer in
gehoorsaamheid aan Sy Woord, want “dan sal Ék uit
die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” (2 Kor 7:14)

groete

U broer in Christus

Francois van Deventer



[Non-text portions of this message have been removed]

#7674 From: "AH Bogaards" <attie@...>
Date: Wed Nov 25, 2009 11:09 am
Subject: Vrou - God roep jou
attie@...
Send Email Send Email
 
Beste broeders en susters,

Die Bybelstudie van ds Peet Coetzee Vrou - God roep jou is vir e-Sword 9 verwerk
en kan hier afgelaai word: http://www.enigstetroos.org/eswordnuut.htm
(Afrikaans, nr 70). Met groot dank aan ds Coetzee.

Hartlike broedergroete,
Attie Bogaards


--------------------------------------------------------------

DEUR CHRISTUS ALLEEN

TUISBLAD VAN dr. AH Bogaards

Tuisblad (Inhoud): http://www.EnigsteTroos.org
Tuisblad (e-Sword-afdeling): http://www.enigstetroos.org/eswordnuut.htm
Tuisblad (Theophilos-afdeling): http://www.enigstetroos.org/theophil.htm
Tuisblad (Bybelstudie): http://www.enigstetroos.org/bybelstudie.htm
E-pos/e-mail: attie@...
Posadres: Posbus 113, Pyramid, 0120
Woonadres: Plot 139, Grootvlei. Marieloulaan
Telefoon: 012-545-0979
Selfoon: 082-57-146-49

--------------------------------------------------------------
--
This message has been scanned for viruses and
dangerous content by Pinpoint, and is
believed to be clean.



[Non-text portions of this message have been removed]

#7673 From: "AH Bogaards" <attie@...>
Date: Mon Nov 23, 2009 9:33 am
Subject: 2 nuwe modules
attie@...
Send Email Send Email
 
Beste broeders en susters,

Daar is twee nuwe modules vir e-Sword 9 en in PDF op my tuisblad:

PJ de Bruyn, Kuisheid voor die huwelik
GJC Jordaan, Voëlvlug oor die Ou Testament

Hartlike broedergroete,
Attie Bogaards

--------------------------------------------------------------

DEUR CHRISTUS ALLEEN

TUISBLAD VAN dr. AH Bogaards

Tuisblad (Inhoud): http://www.EnigsteTroos.org
Tuisblad (e-Sword-afdeling): http://www.enigstetroos.org/eswordnuut.htm
Tuisblad (Theophilos-afdeling): http://www.enigstetroos.org/theophil.htm
Tuisblad (Bybelstudie): http://www.enigstetroos.org/bybelstudie.htm
E-pos/e-mail: attie@...
Posadres: Posbus 113, Pyramid, 0120
Woonadres: Plot 139, Grootvlei. Marieloulaan
Telefoon: 012-545-0979
Selfoon: 082-57-146-49

--------------------------------------------------------------
--
This message has been scanned for viruses and
dangerous content by Pinpoint, and is
believed to be clean.



[Non-text portions of this message have been removed]

#7672 From: "Slabbert Le Cornu" <slabberto@...>
Date: Sat Nov 14, 2009 1:20 pm
Subject: Pro Regno nr.9: Johannes Calvyn
esra710
Offline Offline
Send Email Send Email
 
Pro Regno nr. 9: Johannes Calvyn (November 2009)

Inhoud
- Enkele aspekte uit die lewe van Calvyn ... 1

- Die Reformatoriese leer oor die regverdiging deur die geloof alleen ... 5

- Die Calvyn boekrak: bronne om te lees oor Calvyn se lewe en werke ... 11



Inleiding

In die Heilige Skrif staan daar: “Laat ’n ander jou prys en nie jou eie mond
nie; ’n vreemde, en nie jou eie lippe nie.” (Spr.27:2)




Die merkwaardigheid en belangrikheid van Johannes Calvyn, as vriend of vyand,
kan juis gesien word in wat ander mense van hom gesê het:



[Calvin] “belonged to the ranks of the greatest haters in history.” - Erich
Fromm, Author



“Calvin has, I believe, caused untold millions of souls to be damned…” - Jimmy
Swaggart, Preacher



“Taking into account all his failings, he [Calvin] must be reckoned as one of
the greatest and best of men whom God raised up in the history of Christianity.”
- Philip Schaff, Historian



“Calvin is the man who, next to St. Paul, has done most good to mankind.” -
William Cunningham, Scottish Theologian



Calvyn was dus beide geliefd én gehaat.  Die beste getuienis en kompliment, kom
egter van seker sy grootste vyand, gesien in die lig van die kerkstryd in die
16de eeu, tussen Protestante en Rome:



“The strength of that heretic [Calvin] consisted in this, that money never had
the slightest charm for him. If I had such servants my dominion would extend
from sea to sea.” - Pope Pius IV, Roman Pontiff at time of Calvin’s death.



In ‘n tyd waar die Christelike geloof al hoe meer aangeval en bespot word, van
buite én binne die kerk, in die begin van die 21ste eeu, is dit waardevol om te
kyk na ‘n paar aspekte van ‘n man van God se lewe, wat ‘arm is en verslae van
gees, en wat bewe vir My woord’ (Jes.66:2).



Sien die volledige uitgawe hier: www.esra.za.org (gaan na 'Pro Regno' skakel)


ns. by die artikel "Die Calvyn boekrak", wil ek ook die volgende nuwe bron
byvoeg, soos aanbeveel deur ds. Eric Kayayan:





OUDIOVISUELE AANBIEDING OOR JOHANNES CALVYN BESKIKBAAR

Broers en susters

‘n CD-Rom met ‘n oudiovisuele aanbieding oor die jeug van Johannes Calvyn, wat
deur Reformed Faith and Life, ‘n Franse Radiobediening, onlangs vervaardig is,
is onlangs vrygestel. Dit kan bestel word teen R100 per kopie - posgeld
uitgesluit. Die aanbieding is ook in DVD formaat beskikbaar, en kan op ‘n
rekenaar of ‘n DVD speler gespeel word. Die opbrengs van die verkope gaan
aangewend word om Christelike radioprogramme van die Franse Radiobediening, wat
deur FEBA Radio se kortgolfuitsender uitgesaai word, te finansier.
Uitsaaitariewe het heelwat gestyg in die afgelope tyd.

Dié aanbieding is in sy voorlopige formaat op die 10de Julie 2009 by die
Senaatsaal van UNISA vertoon tydens ‘n Calvyn gedenkaand wat deur daardie
universiteit se Departement Kommunikasiekunde gereël is. Dit is daarna in
dieselfde formaat tydens die Nasionale GTV in Potchefstroom vertoon.
Intussen is die projek toe voltooi. Terugvoer oor die aanbieding deur akademici
asook deur ander gelowiges, was, dankbaar om te sê, oorweldigend
positief.

Hierdie oudiovisuele aanbieding is omtrent ‘n uur lank, en bestaan uit ‘n ryke
samestelling van beeld en klank materiaal wat die teks illustreeer.
Laasgenoemde - wat ekself geskryf het - gee eers ‘n oorsig oor die toestand van
die Christendom aan die vooraand van die sestiende eeu, waarna die jeug
van Calvyn in Frankryk asook die omstandighede rondom sy bekering en roeping as
hervormer van die Kerk aan die beurt kom. Dit eindig in 1536, die jaar
waarin die eerste uitgawe van sy Institusie gepubliseer is, asook die jaar van
sy aankoms in die stad Geneve.

Bestellings kan via die kantoor van Reformed Faith and Life geplaas word. 
Kontak suster Carlien Visser by Rietvallei Gereformeerde Kerk, 359 Umgeni
straat, Erasmuskloof, Pretoria (Maandae - Vrydae 8:00 – 13:00. Tel: (012) 347
1312 / e-posadres: foietvie@...). Die bankbesonderhede is
soos volg:

ABSA Bank (Menlyn tak)
Naam van rek.: Reformed Faith and Life
Tjekrekening nommer: 4048786755

Bewys van betaling moet per e-pos gestuur word om die bestelling te bevestig.

Broederlike groete
Ds Eric Kayayan
Foi et Vie Réformées
P.O. Box 65261
Erasmusrand 0165
Rep. of South Africa
www.foi-vie.org.za






Groete

Slabbert Le Cornu (VDM) ______________________________________
Gereformeerde Kerk Carletonville  Posbus 5 Carletonville 2500 RSA
Tel & faks: 018 787 5444  Sel: 082 770 2669  Web: www.esra.za.org
E-pos: proregno@... Blog: http://proregno.blogspot.com
Die HERE het groot dinge aan ons gedoen, ons was bly ! - Psalm 126:3
___________________________________________________________



[Non-text portions of this message have been removed]

Messages 7672 - 7679 of 7679   Newest  |  < Newer  |  Older >  |  Oldest
Advanced
Add to My Yahoo!      XML What's This?

Copyright © 2009 Yahoo! Inc. All rights reserved.
Privacy Policy - Terms of Service - Guidelines - Help