Search the web
Sign In
New User? Sign Up
GRAPJAS · GRAPJAS is 'n daaglikse Afrikaanse grappie in jou E-pos. Dit is absoluut gratis, maar ons wil jou dag 'n bietjie vroliker maak
? Already a member? Sign in to Yahoo!

Yahoo! Groups Tips

Did you know...
Hear how Yahoo! Groups has changed the lives of others. Take me there.

Best of Y! Groups

   Check them out and nominate your group.
Having problems with message search? Fill out this form to ensure your group is one of the first to be migrated to the new message search system.

Messages

  Messages Help
Advanced
Messages 208 - 237 of 237   Newest  |  < Newer  |  Older >  |  Oldest
Messages: Show Message Summaries   (Group by Topic) Sort by Date v  
#237 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Tue Apr 19, 2005 7:58 pm
Subject: GATIEP, DIE ENGEL EN DIE HOENDERTJIE - 19 April 2005
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,

AANDAG!

Lees asseblief die aanhef ook en nie net die grappies nie. Somtyds is daar iets belangrik, en as daar nie is nie, het julle darem vir my bly gemaak. Vandag wil ek gesels oor taalgebruik in Gatiep, die engel en die hoendertjie. Ek het die laggie in engels van iemand ontvang en dit het my net eenvoudig uitgenooi om dit in Afrikaans te vertaal. Ek kon dit seker doen sonder om 'n paar stoute woorde te gebruik, maar dan sou dit eenvoudig net nie snaaks gewees het nie, as 'n ma vir haar 5 jaar oud kind kan sê, "As jy weer dit doen, gaan jou gat brand," kan ek seker ook maar die woord gebruik? 'n Leser het 'n maand of twee gelede kapsie gemaak teen die gebruik van 'n sekere woord. Ek het onlangs 'n boek gelees van 'n ATKV pryswenner en was verbaas oor die woorde wat in die boek gebruik word, dit het ingepas by die storie, byvoorbeeld 'n polisieman wat sê "Ag fok"  Die skrywer kon seker geskryf het, "O my goeistetjie" maar sou dit dan dieselfde trefkrag gehad het? So lees vir Meraai soos Meraai is, ok?

Welkom aan die nuwe lesers, en dankie dat julle almal nie die pad vat as ek so lank wegbly nie. Ek is druk besig om die nuwe Grapjas tuiste reg te kry en tussenin met Telkom te baklei oor my Adsl konneksie, as enige van julle Adsl oorweeg, laat groei eers hare op julle tande, julle sal dit nodig hê as julle 'n nuwe diens van Telkom af bestel. Ek maak deesdae eers koffie en neem dit saam foon toe, saam met 'n boek of tydskrif en my dagboek en pen voordat ek begin skakel.

Dankie aan Hans, Janske, Wilmien, Muller en Charl wat van hulle laat hoor het, altyd lekker om epos te kry. Muller het 'n nuwe Afrikaanse woord vir foreplay gestuur, "mosselontdooi - Voordat ons bedbraai, moet ons eers vir so uur of wat mosselontdooi !"  (Vroue kla gereeld hieroor in tydskrif artikels, kom manne, nou kan julle mos die ding in Afrikaans doen!)

Groetnis.

GRAPJAS

Skryf gerus aan
grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou
adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.

**********   G R A P J A S   **********

1. Vlooi, vlooi, wat soek jy in my kooi?
2. Gatiep, die engel en die hoendertjie
3. Exaaminflaters
4. Pay your TV license

**********   G R A P J A S   **********

Koos klim op die trein met sy hond en gaan sit naby 'n welgeklede dame. Toe die basterbrak verveeld begin raak, begin hy krap dat dit 'n naarheid is, en die dame sê vererg: "Vat jou hond weg, ek kan al voel hoe die vlooie op my ronddans!"

"Haai Boesman, kom lê hier, die antie het vlooie."

**********   G R A P J A S   **********

Gatiep soen soos gewoonlik vir Meraai goeienag voordat hy omdraai en binne 5 minute aan die slaap raak. Na 'n uur of twee skrik hy skielik helder wakker en sien 'n ou man langs sy kant van die bed staan, wit kleed en al. Meraai se lover? Hy kyk oor sy skouer maar dis pikdonker.

"Hey, wie's jy? Wat soek jy in my kamer?"

"Dis nie jou kamer nie, Gatiep, ek en jy is in die hemel."

"Waaat? Wil djy vir my kom vertel ek is dood Jy moet djou kop laat lees, ek is nog te jonk om te dood, ek wil dadelik teruggaan, NOU!"

"Dissie ..... ek meen, dis nie so maklik nie, sê die witgeklede engel, al die vacancies ........ ag shit, ek meen, jy kan net teruggaan aarde toe as 'n hond of 'n hoenderhen. wat sal dit wees?"

Gatiep oorweeg die saak so 'n bietjie, hoenderhen of hond? 'n Hoenderhen klink beter, hy het tog nie krag om rond te hardloop en vir al wat kar is te blaf en saans te wag vir sy bak kos nie, dan liewer 'n hoenderhen wat heeldag niks doen nie.  Beter as niks, dan is hy darem terug op die aarde.

"Okei, ek wil 'n hoender wees", en woeps, is hy in 'n hoenderhok iewers in die Vrystaat, so 'n mooi rooibruin hoendertjie, maar mense, sy gat brand soos vuur! Die haan kom kennis maak en sê "Haai, jy is mos die nuwe hoendertjie, die ou wat van die hemel af teruggekom het, hoe laaik jy om 'n hoender te wees?"

"Ag, dissie so bad nie, beter as om dood te wees." sê Gatiep, "maar ek voel ek gaan ontplof."

"Jy moet 'n eier lê, dan is alles oor, kekkel net twee keer en dan druk jy dat dit bars."

Gatiep maak toe soos die haan sê, kekkel twee keer en druk, en wraggies, plop, daar lê 'n eier op die grond. Dis so lekker dat hy dit sommer weer 'n keer doen. Die derde keer toe stamp iemand hom dat hy so trek en hy hoor Meraai skree: "Gatiep, word wakker, jy skyt die hele bed vol!"

**********   G R A P J A S   **********

Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en ook baie kinders.  Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis in die wêreld en Händel was ook. Händel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels. Hy was 'n baie groot man.

**********   G R A P J A S   **********

Two recent court cases have earned the attention of newspaper readers in South Africa. One person was fined R1 000 for not having a TV licence. Another was released on bail for R500 after being arrested for murder. And the moral of this South African story? If you do not have a TV licence and the inspector comes round, kill him...........You'll save R500.

**********   G R A P J A S   **********

South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to
grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to
grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com

Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!

GRAPJAS


#236 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sun Mar 13, 2005 7:42 pm
Subject: DIS SOMMER BALLS! 13 Maart 2005
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
'n Hartlike welkom aan die nuwe intrekkers by Grapjas, drie van julle die afgelope week. Dankie ook aan Andrea en Pieter vir die laggies van die dag. Die eerste een klink vir my baie bekend, maar tot ek deur al die ou uitgawes van Grapjas gegaan het, moet die van julle wat dit al gehoor het maar weer lag.
 
Grapjas gaan binnekort 'n eie domain hê, ongelukkig nie Grapjas.co.za nie, die domain behoort reeds aan iemand anders, wie bereid is om dit aan my te verkoop vir 'n belaglike bedrag. Lees net die uittreksel:
 
---If you're interested to buy, we will sell it for US$650.  It's a
reasonable because it's a quality domain name that get type-ins visitors.
If developed, the web site will get new visitors regularly.  Also, few other
people have been showing their interest for this domain name.

This price is good for one week from the date of this email.  The price may
increases after one week for example the price for this name was $550 a few
months ago. ---
 
Wel, die ouens gaan lank wag, deur een lettertjie te verander is ek besig om 'n domain te registreer vir R300. Ek twyfel of enigiemand in Suid Afrika bereid sal wees om hulle prys te betaal. Meer oor die nuwe domain later.
Groetnis.
 
GRAPJAS
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.  Dis sommer balls!
2.  Is seker nie 'n Bloubul nie
3.  Lag vir die dag.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Van der Merwe(Blou Bul natuurlik) goes to London to watch the Boks take on the Poms at Twikenham. While he's in London he's walking around and gaping and staring at everything. So much that he walks smack bang into a fire hydrant which hits him so hard on the family jewels that they burst. He gets rushed to hospital where the docs tell him that they have to remove his testicles.

Van goes beserk, bites and snarls at people and won't let anybody within 10meter of him. Eventually they find a South African doctor in the hospital and get him to talk to Van.

He walks up to Van and tells him "Hey man,  die dokters moet jou balls uithaal.

Van replies "O, is dit al? Maggies man, ek dog die bliksems wil my Test Tickets vat."
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Hierdie zebra het effe afgedwaal uit die Wildtuin en op 'n plaas langsaan beland.
Die eerste lewende wese wat hy ontmoet is 'n hoenderhen.
Zebra vra: "En wat is jy?"
"Ek is 'n hoender".
"Wat maak jy hier?"
"Ek lê eiers, dan versamel die boervrou hulle. Party word geëet en die ander verkoop hulle en kry geld"

Later kom die zebra 'n skaap teë. "Wat se ding is jy?" vra hy.
"Ek is 'n skaap".
"En wat maak jy hier?"
"Die boer skeer my wol, verkoop dit en kry geld daarvoor".
"O, ek sien" sê die zebra.

Volgende kom hy op 'n koei af.
"Wat is jy?".
"Ek is 'n koei".
"Wat is joú werk hier?" wil die zebra weet.
"Hulle melk my. Van die melk word hier gebruik. Die ander gebruik hulle om botter te maak en te verkoop".
"O".

Nog later kom hy op so 'n groot bees met horings af, wat eenkant staan en stof opskop.
Ewe versigtig vra hy "Wat se ding is jy?".
Antw: "Ek is die BUL hier rond!".
"Wat doen jy hier?".
"Trek uit daardie pajamas, my darling, dan wys ek jou!".
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is 'n klomp sissies wat nie genoeg guts het om iemand self te byt nie.
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to
grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan
grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to
grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#235 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sun Mar 6, 2005 8:56 pm
Subject: 'N RAM MET 'N PLAN - 6 Maart 2005
grapjas@...
Send Email Send Email
 
 
Dagsê Grapjassers,
 
Haai ouens, ek groet julle weereens vanaf 'n splinternuwe ou rekenaar,  effens opgegradeer maar weereens met niks, nothing, ziltz, op. Alle grapjasse weer verlore, ek moes op Yahoo gaan kyk wat die bewoording moet wees. Ek sien rekenaars raak baie gpedkoper. miskien moet ek ophou met regmaak en 'n nuwe een koop. Ek het darem nou 'n DVD Player/CD writer maar daar is net soveel DVD's wat jy kan koop, die goed is duur, en dan is die nuutjie ook gou verby, wie kan dan nou "Oh Schucks, I'm Gatvol, meer as 3 keer kyk, eers op die DVD speler, toe op die rekenaar en later weer op die Tv. Leon is goed, maar nie vier keer goed nie, ek sal jou weer aan die einde van die jaar kyk, ok Leon?
Welkom aan die nuwe Grapjassers, jammer dat julle so lank moes wag vir 'n laggie, hoop die laggies wat volg laat jou glimlag.
 
Groetnis tot weersiens.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.  'n Ram met 'n plan
2.  Kosie raak mixed up
3.  Sipho, Bongani en die dooie koei
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Ouma gaan die Maandagoggend tandarts toe, vaar in sy ondersoek kamer in en gaan plant haar in die stoel neer, een voet op die tafeltjie, ander been oor die leuning van die stoel.
 
Die tandarts verkleur so effens en hakkel, "Ou .... Oumatjie, is ji ...jy nie by die verkeerde dokter nie?"
 
Met 'n pyntrek op haar gesig sê die tante, "Ag heiden doktertjie, moenie nog sukkel met my nie, haal tog net die oom se tande uit!"
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Kosie skryf eksamen en kry die volgende vraag: Wat is die tenoorgestelde van kleinneef?  Totale verwarring op sy gesig, dan 'n groot glimlag toe sy brains inkick, en hy skryf vinnig "KLEINTEEF".
 
**********   G R A P J A S   **********
 
"Hey Sipho! I have a cow for you for just R500!"
 
"E yoh, Bongani! I'll  take  it - you can bring it to me tomorrow!"
 
The next day: "Sorry Sipho, but  the  cow died last night."
 
"Hauw.. So, ok then. Just give me my money  back."

"Sorry Sipho, I did already spent that money.."
 
"Eish! So, ok then. Just  bring me the dead cow."
 
So, Bongani brought the dead cow to Sipho the  next  morning.
 
A few weeks later, Bongani bumped into Sipho and asked him what  he  did with the dead cow:
 
"You won't believe, Bongani! I made a raffle for  the  cow, and I sold 251 tickets for R5 each! I made a profit of R850! But,  I  didn't tell anyone the cow was dead.."
 
"Yoh! And the people they didn't  complain?"
 
"Eish! Only the guy which won! So, I gave him back his R5  and  he  was happy!" 

Sipho is now in parliament...
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to
grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan
grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to
grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#234 From: "Grapjas" <grapjas@...>
Date: Fri Jan 21, 2005 8:39 am
Subject: Notification
grapjas@...
Send Email Send Email
 
#233 From: "Grapjas" <grapjas@...>
Date: Thu Jan 20, 2005 11:11 am
Subject: Forum notify
grapjas@...
Send Email Send Email
 

For security reasons attached file is password protected. The password is


#232 From: "Grapjas" <grapjas@...>
Date: Wed Jan 19, 2005 8:25 am
Subject: Encrypted document
grapjas@...
Send Email Send Email
 
#231 From: "Grapjas" <grapjas@...>
Date: Tue Jan 18, 2005 8:10 am
Subject: Re: Yahoo!
grapjas@...
Send Email Send Email
 
#230 From: "Grapjas" <grapjas@...>
Date: Mon Jan 17, 2005 8:16 am
Subject: Fax Message Received
grapjas@...
Send Email Send Email
 
#229 From: "Grapjas" <grapjas@...>
Date: Wed Jan 12, 2005 8:25 am
Subject: Re: Hi
grapjas@...
Send Email Send Email
 
#228 From: "Grapjas" <grapjas@...>
Date: Wed Dec 29, 2004 12:07 pm
Subject: Forum notify
grapjas@...
Send Email Send Email
 
#227 From: "Grapjas" <grapjas@...>
Date: Wed Dec 15, 2004 10:04 am
Subject: Changes..
grapjas@...
Send Email Send Email
 
#226 From: "Grapjas" <grapjas@...>
Date: Thu Dec 9, 2004 8:24 am
Subject: Protected message
grapjas@...
Send Email Send Email
 
#225 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sun Dec 5, 2004 9:02 pm
Subject: MORE MAAK ONS GOGGATJIE STEW - 5 Desember 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Jammer ouens, nog steeds rekenaar probleme, ek voel dat 'n nuwe rekenaar die beste opsie sal wees, maar soos julle almal weet, 'n ou rekenaar is niks werd as jy dit wil verkoop nie. Behalwe dit, is jou lewe op die ou rekenaar, goed wat jy bymekaar gemaak het en wat nie vervang kan word nie. Ek het weereens 'n klomp data verloor, dit is op 'n ander rekenaar, maar ek kan nie daarby uitkom nie. As van vandag se nuus dalk ou nuus is, lees maar weer en geniet.
 
'n Leser van Sasolburg het my oor die vingers getik oor die kru woorde in die vorige Grapjas. Ek neem aan dat dit oor die woord "opf*k" gaan. Ek haal aan: "Die grappe kan netsoveel trefkrag hê sonder kruwoorde - daar is mense soos ek vir wie dit baie aanstoot gee vanuit Christelike oortuigings, en by wie dit 'n bitter smaak in die mond laat."  Die leser het 'n punt beet, ek stem saam dat ek ook nie daardie woord in my daaglikse gesprekke gebruik nie, maar mens sien dit so baie in geskrewe vorm en ook op TV, dat ek nie twee keer gedink het om dit te gebruik nie, veral waar dit gebruik is deur bedelaars. Ek vra dus om verskoning maar ek kan nie belowe dat 'n lelike woord nie weer in die toekoms sal deurglip nie ;o)
 
Welkom aan die nuwe Grapjassers, jammer dat julle so lank moes wag vir 'n laggie, hoop die laggies wat volg laat jou glimlag.
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.  SMS'e - Andrea
2.  'n Hand vol vere  deur P.L. Rossouw
3.  Thys en die koek - Thys G
4.  Sy is so effens blond - beng
 
**********   G R A P J A S   **********
 
My niggie, Andrea, het die volgende e-pos gestuur. 
 
Ek ontvang so baie SMSe by Janine (my broer se dogter) dat dit my ‘n fortein sal kos om aan almal te stuur.  So hier is ‘n paar van hulle:
 

Hoekom klop mans se harte vinniger, raak hulle kniee lam, word hulle kele droog en dink hul irrassioneeel as ‘n vrou leerklere dra?

Want sy ruik soos ‘n nuwe kar! 

**

A man asked a fairy to make him desirable to all women.

She turned him into a credit card!!

** 

A speed trap is like a G-string, first you see da strings, then you see da bush, then se see de p… behind the bush!!

**

Nighty-Night sleepy tight… do not let the goggatjies bit … if they do, catch a few, en mòre maak ons goggatjie stew…..

**********   G R A P J A S   **********
 
'n Hand vol vere  deur P.L. Rossouw
 
Piet Bonthuys was danksy 'n erfporsie van 'n verlangse familielid al jonk-jonk 'n vermoënde Vrystaatse boer. Derhalwe het hy besluit dat net die beste goed genoeg sou wees vir sy aanstaande bruid. Benewens die spogtroue, wat uit alle oorde beskou is as die afgelëe klein dorpie se troue van die dekade, is daar vir die wittebrood plek bespreek in die allerluukste hotel in Durban.
 
Dit was 1952.  In daardie stadium was sy bruid nog kwalik in 'n stad en gevolglik het sy nie eerstehandse kennis gehad van sulke goed soos wolkekrabbers en hysbakke nie.
 
Dis ook nodig om te meld, dat sy, in teëstelling met die sedige Piet, 'n besonder vrolike, speelse en soms stuitige mens was - en nog steeds is.
 
Piet se skone bruid heet onbedaarlik aan die giggel gegaan van pure senuagtigheid toe hulle met hul yslike tassie die voorportaal van die paleisagtig hotel betree. Hoe meer hy vir haar uit sy een mondhoek berispe en sê dat sy moet maak of sy aan alles gewoond is, des te meer giggel sy. Piet se twee plaasore het bloedrooi begin brand van skaamte.
 
Na die intekeningsseremonie, vergesel 'n portier die paartjie gereserveerd en uit die hoogte na hul kamer op die negende verdieping. Om die een of ander (in daardie stadium duistere) rede het hy in die kamer bly staan na hy die tasse op die mat neergesit het. Hy het sy hand, palm na bo, na Piet uitgesteek, en Piet was verplig om hom 'n handdruk te gee. Waaroor sy gesig so suur vertrek het, kon Piet nie dink nie.
 
Uitgevat in hulle nuwe klere is die opgewonde paartjie die aand na die eetsaal. Voor hulle in die hysbak klim, waarsku Piet sy bruid erg besorgd dat hulle moet seker maak dat hulle nie verdwaal nie. "Onthou nou," sê hy, "ons kamer is die tweede deur van die hysbak af, aan die linkerkant."
 
Na die ete en terug in die kamer besluit sy wispelturige bruid sy is nou lus vir sjokolade. Sy verklaar haarself mans genoeg olleen, sonder om te verdwaal, met die hysbak af te gaan na die voorportaal waar die klein lekkergoed toonbank geleë is.
 
Piet kondig saaklik aan dat hy solank uittrek vir die nag.
 
Sy koop 'n yslike plaat sjokolade en haas haar terug hysbak toe. Sy druk die knoppie vir die negende verdieping en daar gaan die hysbak.
 
Intussen het iemand op die sesde verdieping die knoppie gedruk om die hysbak te bestel. Die hysbak hou derhalwe op 6 stil om die nuwe passasier op te laai, maar die bruid, salig onder die indruk dat sy haar bestemming op die negende verdieping bereik het, klim summier uit.
 
Sjokolade in die hand, stap sy opgewonde na die tweede deur van die hysbak, aan die linkerkant. Toe sy die kamer binnegaan, staan haar bruidegom juis in 'n gebukkende posisie, met sy rug na die deur, besig om sy slaapbroek aan te trek.
 
Stuitig soos sy is, steek sy haar hand van agter tussen sy bene deur en vat 'n handvol ! Toe die man omkyk, staar twee vreemde gesigte mekaar geskok aan!
 
Piet en sy bruid het dieselfde nag uitgeboek en ander verblyf gesoek!
 
**********   G R A P J A S   **********
 
So n antieke grappie wat wat nog steeds vir my goed bly.
Die staaltjie het hom jare gelede op n plattelandse dorpie af gespeel.Die oom en tannie se kinders was al uit die huis en die twee besluit om n loseerder in te kry om die stilte in die huis te verlig.Hulle dink aan n jong juffroutjie wat by die plaaslike skool skoolhou.Die tannie maak toe n draaitjie by die skool en lig die sekretaresse in dat hulle n losserder sal inneem indien daar n navraag is.Nie jare nie of daar is n navraag van n jong juffroutjie wat die volgende jaar begin skool hou.Sy besoek die oom en tannie voor die skool begin en sy gee te kenne dat sy van hulle aanbod gebruik gaan maak.
Die juffroutjie het sommer dadelik van die oom en tannie gehou.Die eerste aand vra sy waar die badkamer is want sy sal graag wil bad want dit was n lang en stowwerige reis.Die tannie se toe dat hulle nie n geyser in die huis het nie en sy vir haar op die stoof water moet warm maak.So gedoen en sy maak reg om te bad en vra die tannie om sommer by haar te sit as sy bad.Terwyl hulle so gesels en sy bad merk die tannie  op dat die juffroutjie kaal geskeer is op n strategiese plek.Vra toe : Juffrou dit het niks met my te doen nie maar hoekom skeer jy jouself so.Se tannie met die sport wat ons beoefen en klere wat ons aantrek werk dit net beter.
Die aand vertel die tannie dit vir die oom.Die oom se hy sal die affere graag wil sien en vra of sy nie n plan kan maak nie.Besluit dat die tannie met die badwater gaan wag die volgende aand totdat die oom van die kerkraad vergadering af kom en dan sal sy die gordyn so n entjie oop los.
Alles werk toe soos beplan en toe die tannie dink dat die oom terug is van die kerkraadsvergadering maak sy die badwater reg en sit weer saam met haar in die badkamer terwyl sy bad.Op n stadium toe sy dink dit is die regte tyd vra die tannie of sy net weer na die kaal geskeerde affere kan kyk.Die juffroutjie is ook nie links nie en wys vir die tannie.Die juffroutjie vra toe op haar beurt of die affere as mens ouer word ook grys word. Ja se die tannie.Vra of sy kan sien.Die tannie is ook nie links nie tel die rok op en trek die panty af vir haar om te wys.Later die aand na die bad sien die tannie die oom maar hy lyk dikbek.
Vra toe , Pa het jy dit toe gesien.Hy antwoord : Was dit nou nodig om jou ou koek vir die hele kerkraad te wys.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Sy's so effens blond - Ingestuur deur beng
 
Het jy geweet daar's ´n vereniging vir blondines gestig?
Hulle noem dit die Ama-dom-dom.
 
Hoekom het blondines deurskynende kosblikke?
Sodat hulle kan weet of hulle werk toe gaan of huis toe.
 
Waarom hou die blondine ´n leë melkbottel in haar yskas?
Vir mense wat van swart koffie hou.
 
Die blond hardloop by die polisiestasie in en skree "Gou, help, iemand het my nou net aan my padda gevat."
Die sersant skree "Konstabel Koos hardloop jy regs in die pad af en konstabel Piet jy links en sien of julle die ou kan vang. Ek sal hier bly en solank vingerafdrukke vat."

 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#224 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Wed Nov 10, 2004 12:04 am
Subject: WIE HET HULLE SO IN HULLE MOER GERY?
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Net omdat ek so lank weg was, kry julle vandag sommer vier laggies. Baie welkom aan die nuwe lede, nou nie so baie as wat ek graag wil hê nie, maar as ek so lank wegbly, moet ek seker maar die pak vat. Nog altyd rekenaarprobleme maar ek verwag darem so 'n meevallertjie in volgende maand, 'n kontrak wat dan ten einde loop en daar sal darem genoeg wees om die blikbrein te laat regmaak, dit is eintlik net Windows wat herlaai moet word, maar die vorige ou het dit so bewerk dat as ek Windows wil herlaai, ek gevra word om in Dos te reboot. Fyn, ek doen dit maar dit wil nie in Dos reboot nie!
 
Iemand het lank gelede gevra vir boks grappies, ek het ongelukkig die epos verloor, maar hier is 'n Mike ene, net vir jou.
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.  Kredietkaarte  (Gerrie Parker)
2.  Huisbesoek  (Piet Kitshoff)
3.  Mike en sy kwaai vrou  (Susan)
4.  Die Ford Escourt  (Kevin A)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
KREDIETKAARTE
 
As gereelde besoeker aan Checkers (ek bly net om die hoek) word ek dikwels lastig geval deur boemelaars en bedelaars - wat vir my 'n duur storie geword het, want ek voel skuldig as ek nie 'n paar sente in die hand gestop het nie. Omdat ek eersdaags op pensioen gaan, het ek 'n ander plan beraam. Ek loop eendag weer deur die parkeerterrein huis toe. Op 'n sementmuurtjie sit 'n hele paar boemelaars, en een kom met 'n drafstappie nader.
 
"Tannie, net 'n paar sente vir 'n honger ou, asseblief!"
 
"Ek antwoord: "Jammer, seun, ek dra nie meer kontant by my nie, ek koop nou net met 'n kredietkaart."
 
Ewe vinnig draai hy na sy maters en sê: "Hoor julle, ek sê nou vir julle. Hierdie donnerse kredietkaarte gaan nog ons hele besigheid opfok!"
**********   G R A P J A S   **********
 
Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede. By een huis hoor hy dat die mense tuis is maar hulle maak nie die deur oop nie. Hy haal toe 'n kaartjie uit en skryf daarop "Openb. 3:20" en skuif dit onder die deur in.Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kolektebord met 'n boodskap onderaan gevoeg: "Genisis 3:10"
Hy trek sy Bybel nader om die gedeelte op te soek en toe hy dit kry, bars hy hardop uit van die lag.
Openb 3:20 lees: "Kyk ek staan by die deur en ek klop . . "
Gen. 3:10 lees: " . . .Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal."
**********   G R A P J A S   **********
 
Mike het so bietjie laat gekuier en strompel half twee die oggend by sy huis in. Toe hy by sy kamer ingegaan, sien hy 'n ander ou by sy vrou op die bed. Sy vee die ou soos 'n lastige vlieg van haar af en vra in 'n ysige stem: "En waar was jy tot half twee in die nag, meneertjie?"
 
Mike is darem nou ook nie so dronk nie, kyk die ou op sy bed vies aan en skree op sy vrou: "Wat doen hierdie ou saam met jou in die bed?"
 
"Moenie nou die subject probeer verander nie, dik Mike", gil sy vrou "waar de hel was jy al die tyd tot nou toe?"
 
Help nie om met 'n vroumens te stry nie!
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Die ou oom en tannie het geboer hul hele lewe lank....maar al die kinders het getrek van die plaas af en nou is dit net hulle twee stoksielalleen.

Eendag sê die ou vrou vir die ou man: "Ek dink ons moet stad toe trek."
So verkoop hulle alles, plaas, trekkers, bakkies, vee man sommer lock stock and barrel en hulle koop ´n meenthuisie in die stad. Na so ´n maand in die stad sê die ou vrou vir haar man: "Ek dink ons moet vir ons ´n klein motortjie koop. Ons kan nie net hier sit nie, ons moet darem kan rond gaan en dinge sien." Die ou man was ´n groot Ford fan en hy maak die koerant oop by die advertensies. Hier voor hom staan escourt agency en hy skakel die nommer. Die man antwoord en die boer vra hom of hy enige escorts het en wat prys hulle. So antwoord die man hom: "Ja meneer ons het, en hulle wissel so tussen R200 en R250."
So vra die boer vir hom: "My ou maat, maar wie het hulle so in hul moer gery?"

**********   G R A P J A S   **********

South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#223 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sun Jul 25, 2004 8:37 pm
Subject: HOU OP DIE MAERMERRIE - Sondag 25 Julie 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Ons ry behoorlik wipplank met die weer die afgelope week of twee. Die naweek hier in Gauteng het ons lieflike winterweer gehad, met somersklere buite in die tuin gebraai, (en rugby gekyk!!) maar daar is 'n koue front vanaf die Kaap voorspel, so môre is Johannesburg so 3 grade kouer. Ek dink dat die winter meeste van ons hierdie jaar goed behandel het.
 
'n Mooi gedagte vir die week kom van Sunel, dit is so waar, wat dink julle?
 
Niemand kan teruggaan om 'n nuwe begin te maak nie,  maar jy kan nou begin en daaraan werk om 'n nuwe en beter einde te bewerkstellig.
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Andrea het vir ons 'n wenk gestuur van hoe om jonk te bly. Ignoreer alle syfers wat jou stress in jou lewe, soos ouderdom en gewig. Laat jou dokter daaroor worry, jy betaal hom genoeg daarvoor.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Na aanleiding van verlede week se storie oor mediese studente, het Thys die volgende een vir ons gestuur.
 
Weer so n antieke storie wat vir my goed bly:
Die twee derde jaar mediese studente sit op n bankie in n park en hulle middag toebroodjies te geniet.Albei neem  n ouerige oom waar wat snaaks loop en ooglopend ongemak beleef.Die twee begin redeneer wat moontlik met die oom fout kan wees.Die een student se hy dink die oom het n rugsenuwee wat vas geknyp is.Gee n hele mediese beskrywing en motivering vir sy diagnose van die oom se  mediese toestand.Die tweede student se hy dink eerder dit is n gevoderde stadium van arthritis want al die tekens kan in die oom bespeur word.Die twee stry n geruime tyd oor wie reg is.Die een student maak die voorstel dat hulle die oom self moet vra want hy behoort mos te weet.
Hulle stap na die oom toe en vertel hom dat hulle mediese studente is en dat hulle stry oor die oom se mediese kwaal.Vertel die oom wat elkeen dink die oom makeer.Die oom reageer,  jy is verkeerd wat se ek het n vas geknypte senuwee en jy is ook verkeerd wat se ek het gevorderde arthiritis en ek is ook verkeerd. Hoe so oom vra die een student.Die oom se ek het gedink dit is net n windjie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Voor ons by vandag se storie kom, hierdie een van Dewald.
 
Gatiep se vrou vang hom in die motel oppie job met 'n cherie, gryp hom met een hand agter die nek en die ander een tussen die bene en skiet hom by die venster uit, vierde verdieping, en skreeu:  "Jou donnerse insek, as jy kan steek, kan jy vlieg ook!"
 
**********   G R A P J A S   **********
 
'n Hou op die maermerrie deur Elsabe Smith
 
'n Klompie manne het iewers in die boendoes gaan jag, natuurlik met die koelsakke groter as die gewere - soos dit maar gaan.
 
'n Dag of wat die jagtog in, en baie brandewyne verder, sny 'n draad een van die ouens se hele maermerrie oop, van net onder die knie tot onder op die voet. Deur die dronkigheid besef die manne hier is moeilikheid en die beseerde sal dadelik moet steke kry; dinge lyk nie goed nie.
 
Enigste probleem is hulle sit hell-en-gone op die haaie vlakte met die naaste dokter letterlik honderde kilometers ver. Maar 'n boer maak 'n plan. Een van die jagters is 'n tandarts en weet van steke insit, maar waarmee? Hulle kry toe 'n naald in die noodhulpkissie en die dok sê dental floss kan ook die ding doen. Die naaste aan narkose is nog 'n bottel brandewyn en die jaag hulle gou vir die pasiënt in, terwyl die res ook nie die kans, of liewer die bottel, sommerso laat verbygaan nie.
 
Met 'n stok tussen die beseerde se tande, begin die tandarts toe die hele skeen toewerk. Dit duur nie lank voor die pasiënt uitpass nie, en die res, ook lekker onvas op die voete, sit hom in die bed in sy rondawel en kuier voort om die kampvuur.
 
Die volgende oggend toe almal begin ontwaak, onthou hulle van die pasiënt in die rondawel, maar voor hulle kon gaan kyk, kom daar 'n vreeslike gil van die rondawel se kant af. Almal storm daarheen, en toe hulle binnegaan, sien hulle - noudat almal nugter is - dat daar eintlik slegs 'n klein wondjie onder die ou se knie is, en dat dit bloed was wat so teen sy maermerrie afgeloop het. Hulle het 'n gesonde maermerrie toegewerk en die dental floss sit stewig as bewys!
 
**********U I T  D I E  G R A P J A S  A R G I E W E**********
 
Die storie se naam was "The Verger". 'n Verger is soos 'n koster en die storie gaan dat die ou vir jare die koster by 'n kerkie in Engeland was maar met verandering kom daar toe die gevoel dat die ou darem moet kan lees en skryf, ens. en hulle dank hom toe af.
 
Op pad huistoe stap hy toe en wil sy pyp stop maar kan nie 'n plek kry waar hy tabak kan koop nie. Hy dink toe dis 'n goeie idee om 'n klein "Tobacconist Shop" te begin en met sy kennis van tabak, ens. gaan dit toe baie goed. Hy begin toe 'n tweede en derde winkel totdat hy later 'n hele ketting van die winkeltjies dwarsoor Engeland besit.
 
Toe hy eendag by sy bank kom is daar 'n nuwe bankbestuurder en die wil toe dat hy 'n klomp vorms teken sodat fondse oorgedra en belê kan word. Hy vertel toe dat hy nie kan lees of skryf nie waarop die aanmerking ook is: "Dink net wat jy sou gewees het as jy kon lees en skryf?" waarop hy toe antwoord - 'n Koster?
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#222 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Mon Jul 19, 2004 10:16 pm
Subject: WAARHEDE OOR NAARHEDE - 19 Julie 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Haai almal, bietjie van 'n dip gevang met 'n siek moeder met Alzheimers by die huis, laat ek julle wat nie weet nie, vertel, dit is nie 'n piekniek nie. So 'n persoon lewe in haar eie wereld en kry idees in haar kop wat sy glo die waarheid is, en niemand kan haar anders oortuig nie. Ons is almal menslik, simpatiek maar later neem die frustrasie oor, frustrasie omdat die persoon wie jy so lief het in iemand anders verander het, en jy kan nie baklei daarteen nie, want as iemand vas glo aan dinge wat sy uitgedink het, kan geen mens haar van die teendeel bewys nie. My ma het altyd gesê, mag die Here gee dat ek nooit my verstand verloor nie, nou het sy, maar sy weet dit nie, sy voel net almal baklei met haar. Jammer vir die aanhef, maar ek dink sommige van julle sal in die toekoms met Alzheimers te doen kry, ek self het nog altyd net daarvan gelees en dit vergeet, nooit gedink dit gaan iemand in my familie tref nie, ook nie gedink dat ek vir die persoon moes sorg nie. Snaaks, dis vir almal aanvaarbaar as iemand kanker kry, of 'n swak hart, maar 'n siekte van die verstand is nie aanvaarbaar nie. Seker omdat dit so moeilik is om 'n heel nuwe mens te leer ken in die plek van 'n geliefde pa of ma. Laqt weet as enige van julle ondervinding het en raad het, grapjas@...
 
Nou vir 'n paar laggies, geniet veral Naarhede oor waarhede.
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   Laggie vir die dag - Geheue soos 'n olifant
2.   Waarhede oor naarhede deur Heinrich Lottering
3.   Uit die argiewe: Vrot eiers
 
**********   G R A P J A S   **********
 
'n Storie met 'n pragtige les...
 
'n Man is op safari in Afrika. Hy kom af op 'n olifant met 'n groot doring in sy voet. Versigtig bekruip hy die olifant en verwyder die doring. Die Olifant wat doodstil gestaan het tot nou toe, draai stadig
om en begin wegstap. 'n Paar tree verder gaan staan hy, kyk om en staar vir amper 'n volle minuut na die man. Die olifant stap toe verder en die man dink by homself: "Ek wonder of daardie olifant my sal onthou, as ek hom ooit weer sien?"
 
'n Goeie paar jaar later terug by die huis neem die man sy kinders sirkus toe. Hy merk toe op dat een van die olifante waar hulle verbystap, die hele tyd na hom staar, amper asof hy hom herken. Die man wonder, "Kan dit die olifant wees wat ek al daardie jare terug gehelp het?"
 
Hy besluit om van nader te gaan ondersoek stel, en met die olifant wat nog steeds na hom staar stap hy tot reg voor die olifant.
 
Hulle oe ontmoet. 'n Kyk van "Ek ken jou." flits oor die olifant se gesig. Die olifant buk af en tel die man versigtig met sy slurp hoog in die lug op..
 
EN GOOI HOM TOE HARD OP DIE GROND NEER EN TRAP HOM IN SY MOER!
 
Blykbaar toe nie dieselfde olifant nie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Waarhede oor naarhede deur Heinrich Lottering
 
Dis 'n ware storie .... regtig!  Dit was laat een aand by 'n welsynskliniek waar ons mediese studente diens gedoen het in ons vierde jaar. Die dokter aan diens was besig met sy tweede aaneenlopende skof en nie lus vir 'n klomp onnosel grasgroen studente nie. Ongelukkig vir ons was sarkasme sy sterk punt.
 
Hy het gaan neerplof in 'n gemakstoel in die teekamer en met moeite oor sy bril geloer as ons hom kom raad vra het. Die eerste een wat sy blindederm kom ruk en pluk, is toe my vriend Jaco wat wil weet of die dosering van 2 g Amoxil wat hy drie maal 'n dag vir keelseer wil voorskryf, reg is. Eers 'n lang sug. Toe met 'n monotone stem: "Daardie dosering is honderd persent reg," en toe Jaco begin wegstap, "..... as jy 'n olifant wil uitsit."
 
Teresa is die volgende om deur te loop. Oorhaastig en senuweeagtig stamel sy: "Dokter, ek het 'n pasiënt met sinus ....." Weereens reageer hy sonder enige gesigsuitdrukking: "Wens haar hartlik geluk namens my, dit beteken sy is soos die res van ons ses biljoen mense op aarde .... ons het almal sinusse."
 
Nadat ek al my moed bymekaar geskraap het, vra ek toe dat hy asseblief na die oom moet kom kyk wat ek sopas ondersoek het. Ek het vermoed die oom het torsi van die testis, 'n kondisie waar die testis skeef draai en begin swel ... dis gewoonlik besonder pynlik. Ek gaan stel hom aan die pasiënt voor. Hy staan hande in die sak, knik net sy kop vir die stokou man op die ondersoekbed.
 
Toe begin ek maar sing: "Ek het die pasiënt met anti-inflammatoriese suppositories behandel laas - " maar die oom val my in die rede.
 
"Ja boetie ..... daardie pille wat jy laas vir my voorgeskryf het, het so min gehelp, ek kon dit net sowel in my jack opgedruk het!"
 
Terwyl ek op my tande kners om nie te lag nie, voltooi ek toe maar die sin. "Ek het oorspronklik gedink die pasiënt het inflammasie van sy manlike dele, maar ek dink nou dat hy dalk torsi het."
 
Die volgdende oomblik vlieg die oom regop. Baie vies. "Boetie, ek sal jou mos 'n oorveeg gee ...... ek toss al lankal nie meer nie!"
 
Ek het histeries begin lag en die ou dokter, terwyl hy kopskuddend by die deur uitloop, het net gemompel: "Julle klomp is definitief nog nie reg om op die publiek losgelaat te word nie!" - voor hy ook wonder bo wonder uitgebars het van die lag.
 
(Die storie is nie geproeflees nie, verskoon die tikfoute)
 
**********U I T  D I E  G R A P J A S  A R G I E W E**********
 
One day Meraai wanted to bake a cake, but she ran out of eggs.  So she went to her usual grocery store in the dorp where she lived.   As she walked in, the owner, Gatiep, was there and she asked him for a dozen eggs. She went back home and baked the cake. To her surprise the eggs were rotten, so she went back to the store and this time Gatiep wasn't there, but his wife, Sera was there. Meraai approached the lady and said  "Weet jy, jou man het vrot eiers?" Sera, obviously shocked and upset said "Hoe weet jy my man het vrot eiers!?" Meraai replied, "Kom ruik my koek!"
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#221 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Tue Jul 6, 2004 3:30 am
Subject: IT'S NOT INSIDE, IT'S OOOONNNNN TOP!!!
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Daar was heelwat e-pos die afgelope week of twee, dankie ouens, vandag gesels ons met Hans Rens van België. Ek geniet die Nederlands en is mal oor 'n  geselsbrief. Ek verstaan die meeste daarvan maar sommige woorde laat my kopkrap. Hans, jy sê ons winter begin nou, jy is nogal reg, Junie was nie so koud nie, maar man, nou vries ons. Korreksie, ons ondervind nie 'koud' hier soos julle in Europa dit ondervind nie, maar na 'n warm somer is dit nou KOUD by ons. In de kaap regent dit veel, dit is 'n winter reën gebied, maar in Gauteng kry ons net af en toe 'n storm en verder is dit droog tot die somer weer begin. (Sien Hans se e-pos later in die Grapjas geselsbrief en kyk of julle alles verstaan. Dis redelik maklik om die gedagte te kry nadat jy die hele sin gelees het, stem julle saam? Ons kry mos ons Afrikaans van Nederlands en dit is vir my fyn dat ons oor kontinente heen met mekaar kan gesels in naastenby dieselfde taal. Het 'n vriend gehad in België, Dirk, en hy het my vertel dat in sommige dele van België hoofsaaklik Frans gepraat word en in ander dele weer Nederlands. Hans, jy kan gerus meer uitbrei hierop.
 
Die rede hoekom Grapjas vir 'n week nie uitgestuur is nie? Julle weet mos nou al , rekenaar probleme, ens ens, sal nog regkom, ek bly positief.
 
Die nuwe storie begin volgende week, hierdie keer 'n korter, humoristiese storie.
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   Vruggebruik
2.   "Dr" Nkosazana Zuma's List Of Medical Terms
3.   Uit die argiewe: It-s not inside, it's oooonnnnn top!!!
4.   Lesers skryf
 
**********   G R A P J A S   **********
 
'n Ou klassieke grap(staaltjie) wat vir my goed bly.
 
Die man en vrou het op die platteland vir jare gelukkig getroud gewoon.Op n stadium wil die huweliksbootjie nie meer lekker vaar nie en besef die twee hulle het nie veel vir mekaar te se nie.Bespreek die saak en besluit saam dat  dit  beter sal wees om maar te skei.Daar is nie werklike diep liggende griewe en gevoelens nie en  al skei voorwaardes word word onderling bespreek en ooreengekom en ook in n deeglike kontrak deur n prokureur opgeneem.Die man het vir die vrou n huis in die dorp gekoop as deel van hulle egskeidingsvoorwaardes en sy het intussen haar intrek daar geneem.Maar nieteenstaande die feit dat hulle geskei is, staan haar eks-man se kar elke aand tot watter tyd voor haar huis.Die situasie was so ooglopend dat die saak tot in die kerkraad n draai gemaak het.Die gemeenskap voel dis darem nie reg dat  die twee geskeides so lewe nie.Die dominee en ouderling maak n afspraak met die man en tydens die gesprek word die kuiery bespreek en spreek die dominee sy gevoel uit dat die twee tog wettiglik geskei is en dat die chroniese gekuiery vir die gemeenskap nie aanvaarbaar is nie.Na die ernstige gesprek en vermaning  deur  die dominee sê die broer dat hy ook darem iets wil sê.Dit word toe gestaan.Die man vra toe vir die dominee of hy daarvan bewus is , dat  met die bedinging van die skeivoorwaardes , hy vruggebruik uit gehou het.
 
Dankie Thys, maak weer so.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Die volgende kom van Simone, spesiaal vir Suid Afrikaanse dokters. Ek het altyd gedink A E I O U word vowels genoem in Afrikaans, Dr Zuma weet seker beter, after all, sy is 'n doktor! Dankie Simone!
 
"Dr" Nkosazana Zuma's List Of Medical Terms:
(SA Doctors)
 
Artery:                      The study of paintings
Bacteria:                    Back door of the cafeteria
Barium:                      What u do with dead patients
Bowels:                      A E I O U
Caesarean Section:   A suburb in Rome
Catscan:                    A search for kitty
D & C:                        Where Washington is
Dilate:                       To live longer
Enema:                       Not your friend
Fester:                      Quicker
Genital:                     Not a Jew
Impotent:                 Distinguished and well known
Labour Pain:             Getting hurt at work
Medical Staff:        Doctor's walking stick
Morbid:                   Higher offer
Nitrates:                Cheaper than day rates
Out Patient:           A person who's fainted
Pelvis:                     A friend of Elvis
Post Operative:     A letter courier
Seizure:                The roman Emperor
Terminal Illness:  When u get sick at the airport
Tumour:                 Another couple
Urine:                    The opposite of "you're out"
 
And the best of all ............
 
ZUMA:                         Zero Understanding of Medical Affairs
 
**********U I T  D I E  G R A P J A S  A R G I E W E**********
 
Koos koop 'n yskas en die mense van Russels kom lewer dit af.
 
""Waar wil Meneer dit hê?"
 
"In die kombuis .................... onder die Cremora."
 
(Onthou julle nog die Cremora advertensie? It's not inside, it's OOONNNN TOP!!)
 
*****GRAPJAS   LESER  NUUS******
 
Danke voor die storie ...
 
(maar de rest is in gewoon nederlands hoor)
Hebben er echt maar 2 anderen "Die meissie van Parys" gelezen? Want ik kan
mij niet inbeelden dat ze het géén mooi verhaal vinden. Maar zoals je zegt:
smaak verschilt. Ik denk dat teveel mensen gewoon vergeten om te reageren.
 
En met jouw "rekenaar" probleem -dat meer klinkt als een telefoonprobleem-
heb je het goede nieuws misschien (nog) niet ontvangen.
 
Ga gerust door, die Deon Meyer schrijft goed genoeg voor mij. Natuurlijk
ben ik wel meer gewoon om nederlands, frans, duits, engels te lezen, het
is hier België en afrikaans kom je hier niet zoveel tegen. Maar ik vind
het mooi.
 
De grapjes zijn ook fijn, maar die "stories" zijn de kers op de taart: MOOI
afgewerkt.
 
Nog goeie moed, ook met je telefoonlijn. Bij jullie zal de "winter" nu beginnen,
hoe is dat ginder? Onze zomer begon met drie dagen zon, maar nu waait het
weer en regent het veel ... zoals gewoonlijk.
 
Tot de volgende keer,
 
Hans
En todo amar   y servir
 
(Ag nee Hans, wat beteken En todo amar y servir? Klink vir my na Frans?)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#220 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Wed Jun 23, 2004 9:04 pm
Subject: TOTSIENS AAN DIE MEISIE VAN PARYS - Maandag 21 Junie 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Hello almal,
 
Baie van julle het navraag gedoen oor Die meisie van Parys se einde, ek het toe gaan loer op http://groups.yahoo.com/group/GRAPJAS/ en wraggies, sy was nie daar nie. Sal die meisiekind ons nou so 'n lewe lei!  Hier is die einde, vars uit my sent box, sou graag 'n saucy einde wou hê, maar nou ja, die skrywer, Deon Meyer laat dit aan ons verbeelding oor.
 
Laat my nou dink , ek het alweer die Woendag deadline gemis, maar toemaar, julle kry dit later.
 
Lekker Donderdag vir julle almal. As Die meisie van Parys weer verskyn, blameer Yahoo Groups, ek het nou die dag gelees dat boodskappe van 2 jaar gelede skielik weer aan 'n groep gestuur is, en die persoon is al lankal aan die anderkant ......
 
Grapjas
 
 
----- Original Message -----
From: GRAPJAS
Sent: Tuesday, June 22, 2004 12:59 AM
Subject: TOTSIENS AAN DIE MEISIE VAN PARYS - Maandag 21 Junie 2004

Dagsê Grapjassers,
 
Grapjas se rekenaar probleme duur al heel week verlede week, skaars op die internet of my modem se net 'kliek' en ek is weg. Hopelik sal dinge verbeter, Telkom het belowe om te kom kyk na die geraas op die lyn. Julle sal die Woendag en Maandag uitgawe van Grapjas gelyktydig ontvang, en as dinge nog nie reg is nie, dalk hierdie week Woendag se uitgawe ook, hou maar duim vas en geniet die laggies. 'n Laggie elke dag hou jou jonk.
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   Ons gebede is verhoor
2.   Die meisie van Parys - Einde
3.   Uit die argiewe: Genade
4.   Lesers skryf
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Dankie Lauren
 
Dominee Smit is op huisbesoek en lui die oujongnooi, Hester Labuschagne, se voordeurklokkie. Sy lyk nie baie gretig om hom in te nooi nie, maar hy stap deur na die sitkamer, met haar agterna.
 
"Hi sexy, hoe lyk dit, het jy lus vir 'n bietjie fun?" 
 
Hester  bloos bloedrooi en toe dominee gaan sit vertel sy hom dat sy raadop is met haar twee pappegaaie, Dinky en Dollie, hulle sê die vreeslikste goed!
 
Dominee Smit glimlag en sê rustig, "Suster, moenie bekommer nie, ek het twee pappegaaie, Sidney enJakes en hulle sal hierdie twee gou regsien. Hulle is baie godsdienstig, sit van die oggend tot die aand met hulle klein gebede boekies. Bring jou pappegaaie oor na die pastorie toe en Sidney en Jakes sal hulle gou op die smal weg lei.
 
Die volgende dag is Suster Hester by die pastorie met haar Dinky en Dollie. Dominee nooi haar in en toe sy in die studeerkamer kom sien sy 'n groot hok met 2 pappegaai, gebedeboekies in hulle kloutjies, ogies styf toe soos hulle bid.
 
Dominee maak die hok oop en Hester haal die handdoek van Dinky en Dollie se hokkie af en sit hulle binne-in. "Hey, julle sexy mansmense, wil julle bietjie speel?"
 
Dominee se glimlag verdwyn soos die mis voor die son toe Sidney sy gebedeboekie neergooi en skree "Jakes, hou op met bid, ons gebede is verhoor!"
 
**********   G R A P J A S   **********
 
DIE MEISIE VAN PARYS - Einde
Geskryf deur Deon Meyer
 
Hy neem haar hand. "Je ne parle pas francais. Potage Saint-Germain. Escargots å l'alsocienne. S'il vous plait."
 
Sy verstaan nie 'n woord wat hy sê nie, hy praat te goed Frans, te vinnig, dink sy, maar sy moet antwoord.
 
"Je suis de l'Afrique du-Sud." As sy hom waarsku dat sy 'n Suid-Afrikaner is, as sy eerlik is, dink sy, ontferm hy hom dalk oor haar.
 
"Non, non, je ne comprends pas."
 
Hy glo haar nie, hy vang nie die skimp nie, hy verstaan nie wat sy vir hom wil sê nie. Natuurlik sal hy nie verstaan nie, maar tant Baby praat en red haar."Oe, dit is so mooi, ag, kyk hoe straal sy, my kind. Ek is so trots op jou. Kom sit julle, laat ons eet, maar gesels. Wiaan, die kind is so uitgehonger vir haar taal. Sit jy daar langs haar.
 
"My Frans is verroes, Ma, laat ons net eers eet."
 
Ja, dink Sanita. Nog 'n paar minute gewen. Sy kry darem 'n laaste aandete.
 
Die minute word 'n uur toe oom Servaas vir Wiaan uitvra oor sy nuwe werk as junior kopieskrywer by 'n groot reklameagentskap in die Wes-Kaap en hy net nou en dan vir Sanita iets in Frans sê wat ver bokant haar vuurmaakplek is, maar elke keer rus sy oë sag op haar en glimlag hy simpatiek.
 
Die dankbaarheid groei in Sanita Basson. Daar is ook iets anders, 'n aangetrokkenheid, en sy wil huil. Of lag. Ná drie jaar van student wees het sy nooit regtig verlief geraak nie, dink sy. En nou, op die man wat vir haar grootste vernedering gaan sorg ...
 
"Ek en Sanita gaan so 'n bietjie op die stoep gesels," sê Wiaan Pretorius net na die koffie.
 
"Natuurlik, my kind," sê tant Baby.
 
"Laat dit by gesels bly."
 
"Servaas!"
 
"Sy verstaan nie, Baby."
 
"Maar darem, Servaas."
 
Wiaan staan op en hou sy hand galant na Sanita uit. "Tournedos en croùte." sê hy.
 
Sy staan op, neem sy hand en stap uit stoep toe. Hy wys na een van die diep gemakstoele en sy gaan sit, maar hy bly staan. Hy loop so 'n draai op die stoep.
 
"Hoe kan ek dit aan jou verduidelik, Sanita Bassô?" vra Wiaan in Afrikaans en loop dan nog 'n draai. "As jy net nie so mooi was nie. As ek net nie gaan staan en verlief raak het nie. Een uur aan die etenstafel en die situasie verander van 'n ongemaklike grap na 'n onmoontlikheid."
 
Hy kom sit voor haar op sy hurke. Haar hart klop in haar keel en sy wil skree: "Ek verstaan, ek verstaan!" maar sy durf nie.
 
"Je ne parle pas français," sê hy en neem haar hand. "Ek praat nie Frans nie, Sanita. Ek verstaan nie eens Frans nie. Dis my ma se skuld.
Sy het dit so geniet toe ek terugkom verlede jaar en ek allerhande goedjies in Frans kon sê, toe bewaar ek maar die skyn, want 'n man se ma moet kan lag en trots wees. En hoe gaan jy nie lag as jy weet ek het op die lughawe 'n Franse resepteboek gekoop en die disse se name geleer net om iets vir jou te kan sê nie. Maar hoe gaan ek dit vir jou verduidelik uit 'n kookboek uit? Wat de duiwel gaan ek doen?"
 
Dit is nie net die idee van die resepteboek wat haar laat reageer nie. Dit is die verbreking van meer as 'n week se spanning, die wete dat hulle saam in 'n noodleuenweb gevang is, die wete dat alles op die een of ander manier gaan regkom, wat Sanita Basson laat lag, 'n helder lag wat van die stoep af opstyg en oor die plaaswerf uitkring in 'n kristalklank van verligting en verliefdheid.
 
**********U I T  D I E  G R A P J A S  A R G I E W E**********
 
Gammat ry met sy donkiekar deur die strate en piets sy donkie te veel na 'n verbyganger se smaak.
 
"Haai jy," roep die verbyganger, "het jy nie genade nie?"
 
"Nei, meneer," antwoord Gammat "net pere, appels, piesangs, wortels en aartappels."
 
*****GRAPJAS   LESER  NUUS******
 
DANIE vra of GRAPJAS ook vakansie hou, of is dit net sy e-pos wat nie op die twee dae ietsie ontvang het nie?
 
'Ek is klaar bederf vandat jy weer gereeld grappies stuur, dat as ek een mis my dag of die volgende paar tot jy weer stuur, sommer net nie dieselfde is nie.'
 
LOUIE het geskryf dat sy/hy die stories geniet
 
LOUIS het ook van hom laat hoor, met baie laggies wat binnekort gaan verskyn.
 
BOBBY van London skryf dat die Afrikaanse laggies hom laat huistoe verlang.
 
SANET geniet ook die stories, maar is twee mense se mening genoeg om nog 'n storie vir julle oor te tik? Ek het regtig die twee stories self so geniet dat ek dit met julle wou deel, smaak verskil en ek sou graag vir julle iets wou bring wat almal sal geniet. Vir die volgende paar weke sal ek hou by 'n storie en 'n laggie vir Maandae totdat ek almal se smaak leer ken het. Deal?
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#219 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Tue Jun 22, 2004 9:25 pm
Subject: LAAT DIE SKULDIGE VORENTOE KOM - Woensdag 16 Junie 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Ouch, is ek die afgelope week lelik oor die vingers getik omdat Grapjas 'n duck gevat het. Ek kan my modem blameer, of Mweb, of Telkom, maar die skuld is by Grapjas, dis nie Telkom of Mweb wat belowe het om julle twee keer per week laggies te stuur nie, die flippen ouens wil net nie saamwerk nie. Ek het vandag 'n lang gesprek met Telkom gehad op my selfoon, nadat 'n storm alles ontwrig het, gelukkig het die ou van Telkom my gebel, sy naam is Darren en laat ek julle vertel, hy is 'n bemarker 1000, hy het my oortuig om 'n nuwe telkom diens te gebruik, ten spyte van die feit dat my telefoon op die stadium nie gewerk het nie. Sommige bemarkers doen hulle ding, waar ander 'all out' gaan en jou 'n ekstra diens verkoop aan 'n diens wat nie werk nie, ek saluut Darren van Telkom!
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Gedagte vir die dag:
 
Die verskil tussen die ou R.S.A. en die nuwe R.S.A:
In die oue, was plastiek sakke verniet en kondome te koop.
In die nuwe, is kondome verniet en plastiek sakke te koop.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   Laggie vir die dag - Simone en die kak bra
2.   Work or pleasure? (Engelse en Afrikaanse weergawes)
3.   Bobo naar de hoerentent
 
**********   G R A P J A S   **********
 
'n Mens sou dit in geen ander taal so kon geniet nie !!!!!!
 
Die boer lê en slaap in sy huis toe die selfoon skielik begin lui.
Toe hy antwoord, is dit ou Petrus op die plaas.
Petrus sê: "Baas, baas, jy moet gou kom, hier's groot kak oppie plaas."
 
Die boer vra toe "Petrus Wat is fout?"
Petrus: "Ek, ek kannie oor die phone verduidelik nie my baas. jy, jy moet kom hier by die plaas."
 
Toe die boer daar kom sê Petrus: "Een vannie skappe, hy het hom die 16 babies gekry, enne die skap hy sallie hom nie kan voer almal van daai babies nie".
 
Die boer besef toe dat hulle die lammers maar self met bottels sal moet voed en ry toe na die noodapteek toe en vra vir die dame agter die toonbank, "Verskoon tog dame, het jy lam tieties ?".
 
Koel en kalm antwoord sy: "Nee, Meneer, dis net 'n kak bra!!
 
(Dankie Simone, dit was 'n paar jaar gelede in Grapjas, maar dit bly maar snaaks)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
'n Laggie uit die apartheids era, ingestuur deur Willem, raar maar waar.
 
Two farmers from Vryheid were debating about whether having sex is hard work or pleasure, and they couldn't come up with one answer, and one of them decided to call induna u Cele and ask him the same question   (is sex pleasure or hard work?) u Cele after thinking deeply about this he said " sex is pleasure baas" and the farmer asked u Cele why, u Cele replied, "if sex was hard work you would have asked me to do it for you"
 
En die Afrikaanse een van Andrea:
 
Boer se vir Jonas: Ai Jonas, jy werk stadig, jy eet stadig, jy loop stadig, is daar iets wat jy vinnig doen??
Jonas se: Ish ek word vinnig moeg ...
 
Twee boere staan by die lyndraad en argumenteer of seks werk of plesier is. Hulle roep vir Jonas nader en vra vir hom:  "Jonas, is seks werk of plesier?"  Jonas antwoord:  "Baas, hy is hom die plesier, want as hy was hom die werk, dan sou jy my gesê het om dit te doen."
 
**********  GRAPJES  **********
 
Bobo is een grote ,zeeeer zwaar geschapen afrikaan. Het is al een half jaar uit met zijn vriendin en Bobo is derhalve zo geil als  boter, dus....Bobo naar de hoerentent.
 
Bobo meld zich bij  de hoerenmadam  en vraagt: "hoeveel kost het om een meissie te neuken".
 
Hoerenmadam:"tweeenhalvemeier per uur". Bobo: "nou dat is goedkoop, doe me er maar een" dus de hoerenmadam wijst hem naar  zijn kamer.
 
Na 5 minuten gewacht te hebben komt een hoertje. Bobo springt op, trekt zijn en haar kleren uit en gooit haar met haar rug op bed en hop benen wijd. Bobo duikt erop en begint haar met zijn pik te bewerken. Na ruim  een half uur te hebben geneukt roept het hoertje:
 
" STOP. effe  pauze , ik kan niet meer!!!"
 
ze roken een sigaretje en even later  zegt Bobo:
 
"Meissie , je zult Bobo een tijdje niet meer zien".
 
Zegt het  hoertje:"Waarom , ga je op vakantie?"
.
Zegt Bobo:"Je gaat nu op je buik liggen"
 
Ken jy snaakse Nederlandse grapjes? Stuur vir ons sodat almal dit kan geniet! grapjas@...
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#218 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sun Jun 13, 2004 7:10 pm
Subject: ALTYD REG, TOYOTA - MAANDAG 14 JUNIE 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Die afgelope week hierdie Zim dollar storie in 'n ou Financial Mail van Junie verlede jaar gelees. Nogal snaaks as mens mooi daaraan dink.
 
Zimbabwe must be one of the few places in the world where the largest note - Z$500 - can't buy you a beer, which costs Z$650. But if that's not bad enough, then consider that a roll of single-ply toilet paper costs Z$1000.
There are about 72 sections on the average roll, so it is cheaper to take your Z$1000, change it into Z$10 notes, wipe with 72 of your notes, and keep the other $280 as change!
 
Die meisie van Parys loop volgende Maandag ten einde. Geniet julle die stories of sal julle liewer ekstra laggies wil lees?  Laat weet!
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   Toyota
2.   Die meisie van Parys - Episode 4
3.   Uit die argiewe: Nuttige wenke wat werk!
4.   Lesers skryf
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Dankie aan W F Malherbe
 
Die twee eerstejaars trap oor die tou en besluit om die nooi se ouers die naweek op die plaas oor die situasie te gaan inlig. Die hele aand het die kêrel gewroeg oor hoe hy die voorgenome skoonouers oor hul lot gaan vertel, maar hy kom nie sover om dit te doen nie.
 
Die nag het hy sleg geslaap en die volgende more was hy vroeg op.Hy was heel verbaas om oral op die werf net Toyotas te sien.  In die motorhuis het 'n Camry gestaan, onder die boom 'n Hilux bakkie en
in die stoor was 'n Land Cruiser.  Selfs die plaas se naambord was geborg  deur Toyota.
 
Terwyl hy hom so verwonder, groet die oom hom skielik. Die arme kêrel skrik  hom flou. Maar kenmerkend van 'n vindingryke student herstel hy gou en vra die oom uit oor sy baie Toyotas. "Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie.  Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. Die onderstelle hou vir ewig. En selfs in die winter sukkel 'n mens nie om die  Toyotas te start nie," sê die oom.
 
Waarop die kêrel vinnig antwoord: "Oom se dogter is seker ook 'n Toyota. Ek het haar net so 'n ligte stootjie gegee, toe vat sy."
 
**********   G R A P J A S   **********
 
DIE MEISIE VAN PARYS - Episode 4
Geskryf deur Deon Meyer
 
Sy staan die volgende oggend op met 'n vasberadenheid om die nekslag so lank as moontlik uit te stel. Sy werskaf in die kombuis aan 'n piekniekmandjie en neem later vir Laura veld toe, na 'n koel plekkie langs die spruit waar hulle baljaar en sy eindelik in Afrikaans vir Laura die hele storie vertel. Die driejarige het geen begrip van die erns van die saak nie -- sy dink dit is alles deel van die lekker speletjies wat hulle die afgelope week of wat gespeel het, maar Sanita voel beter. Sy het minstans aan een mens die volle waarheid vertel.
 
Teenlaatmiddag, toe sy nie langer kan uitstel nie, stap hulle stadig terug. Sanita met die hangende skouers van iemand wat gevonnis gaan word.
 
Daar staan 'n vreemde motor voor die huis en tant Baby wag hulle op die stoep in. "Wiaan rests" sê sy. "Die arme kind is so moeg na die lang reis, maar hy sal seker vir ete by ons aansluit. He eats with us later. O, dan gaan julle so lekker gesels, ek kan nie wag nie. Arme kind, jy verlang seker al so vreeslik om weer jou moedertaal te kan hoor."
 
Tant Baby stap saam met haar die huis in en Sanita is dankbaar vir die ekstra uur of twee wat sy wen voor die quilotine val.
 
Sy bad vir Laura, gaan maak haarself dan mooi met die gedagte dat sy minstens 'n laaste indruk kan maak voor haar totale ontmaskering, en stap dan stadig na die eetkamer toe tant Baby haar nou al tradisionele: "Sanita, we eat" laat hoor.
 
Wiaan Pretorius is nie aan die etenstafel nie.
 
"He comes. Ek weet nie wat met die kind aangaan nie. Ek het hom gepor, hy is wakker. He comes. Now."
 
"Maak hom seker mooi om die Franse nooi te ontmoet." sê oom Servaas.
 
"Servaas!" waarsku tant Baby byvoorbaat en begin inskep.
 
Dan kom hy in.
 
Sanita sien hy is lank; sy oë is sag en sy glimlag is skeef en senuagtig, en sy hoop vir 'n oomblik dat hy gaan genadig sal wees.
 
"Bonjour," sê hy. Wiaan." Hy steek sy hand uit.
 
"Bonsoir," sê sy. "Sanita."
 
**********U I T  D I E  G R A P J A S  A R G I E W E**********
 
Nuttige wenke wat werk!
 
Met die prys van drank vandag, is dit 'n goeie idée om koue tee of coke en water te drink in plaas van whiskey. Sluk die volgende oggend 'n proppie Sunlight Liquid en kap jou kop herhaaldelik teen die muur om om 'n bul van 'n babalaas te ontwikkel.
 
Hier's nog 'n wenk vir motoriste.
 
As jy 'n indruk op mede padgebruikers wil maak en hulle laat dink dat jy 'n duur motorfoon besit, hou 'n ou televisie afstandbeheerder by jou oor en swenk elke dan en wan skuins oor die pad.
 
*****GRAPJAS   LESER  NUUS******
 
Heelparty laggies ontvang, dankie baie daarvoor, maar geen geselsbriefies nie. Ek geniet dan juis die geselsbriefies so baie, komaan ouens, gesels.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to
grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan
grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to
grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#217 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Tue Jun 8, 2004 9:18 pm
Subject: WE ARE PROUDLY SOUTH AFRICAN - Woensdag 9 Junie 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Daar is so min nuwe SA humor dat ek onmiddellik toe ek 'n paar minute gelede die volgende van Sid ontvang het,  besluit het om dit gebruik. Sekerlik nie snaaks vir die Amerikaners nie, wat daar gebeur het kan nooit snaaks wees nie, maar as ons nie lag nie, dan kan ons net sowel dood wees, so geniet STOP PRESS.
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Gedagte vir die dag -
 
This morning when I wakened
And saw the sun above,
I softly said, "Good morning, Lord,
Bless everyone I love."
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   Laggie vir die dag - 'n Stywe gat
2.  STOP PRESS,  pas ontvang!
3.   Grapjes van Hans Rens
4.   Laat jou dink 4  (deur Willem M)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Die volgende laggie van Louie Strydom af.
 
Twee ouens in Woolworths stamp mekaar se winkeltrollies.
 
 Die een sê:  "Hel, ek's jammer, man, maar ek soek my vrou."
 
 "Dis toevallig.  Ek soek myne ook."
 
 "Miskien kan ons mekaar help.  Hoe lyk jou vrou?"
 
 Sy's lank.  Sy't lang, donker hare, lang bene met mooi kuite, groterige,  ferm tiete en 'n oulike, stywe gat.  Hoe lyk joune?"
 
 "Fok dit.  Kom ons soek joune."
 
(Hoekom klink 'n tight ass beter as 'n stywe gat? Moet ons 'n ander Akrikaanse uitdrukking uitvind nie, iets beskrywend maar eg Afrikaans?)
 
**********   G R A P J A S   **********
 After the tragedy in New York and Washington the  question arises:
 
WHAT WILL HAPPEN IF SOUTH AFRICA IS ATTACKED?
 
Well .... if that happens, there can be no comparison. That's because  in S.A  we are much better prepared for these kinds of  attacks.
 
1.  We do not construct exaggerated elevated high-rise buildings these days, only squatter camps.
 
2.  We all get stuck in traffic in the morning, so at 8.45am the building would still be empty.
 
3.  Firefighters and police officers will do their utmost not to get to the spot in time. They will  reach there just when everything is over, so there  will be no casualties among them.
 
4.  Johannesburg International would surely have  fouled up the terrorist's plans by delaying the  plane.
 
5.  A South African would never let a terrorist  hijack a plane. He would beat him up, and send  him back to where he came from.   (or use him for police dog training)
 
6.  A South African would not have used his cell  phone to call home, he will rather send please  call me. He would have hit the terrorist over  the  head with it then steal terrorist's weapons.
 
7.  If a  terrorist lived in South Africa for one year he would have been robbed and molested so  many times that he would have given up and gone  back home a long time ago....
 
You see......in South  Africa, we are well  prepared!
 
We are proudly South African!!!!!!!!!!!!
 
**********  GRAPJES  **********
 
Een blondje staat fout geparkeerd. Komt er een politievrouw aan, en vraagt:
"Uw rijbewijs, madame"
Het blondje grabbelt in haar tas -je weet hoe damestassen zijn, net broekzakken
van kleine jongens.
Na drie minuten heeft ze nog geen rijbewijs gevonden, kijkt naar de agente
-gelukkig geen man, deze is tenminste niet neerbuigend of ongeduldig. "Madame,
er staat een foto van u op", helprt de agente. Bijna onmiddelijk heeft madame
dit gevonden, en ze reikt blij glimlachend ... haar poederdoos aan de agente.
 
Die lacht nog steeds vriendelijk, opent de doos en kijkt in het spiegeltje:
"Maar madame, als u direkt had gezegd dat u ook bij de politie was ..."
 
Of: raadseltje:
V: Hoe weet je dat een hyena blond is?
A: Hij trapt in een klem, bijt drie poten af ... en zit nog altijd vast.
 
Ken jy snaakse Nederlandse grapjes? Stuur vir ons sodat almal dit kan geniet! grapjas@...
 
**********   LAAT JOU DINK   **********
 
Lewe getroudes langer as enkellopendes? Of voel dit maar net so?
 
Enige kar kan jou lewenslank hou, jy moet net onverskillig genoeg ry!
 
As 'n ou met gesplete persoonlikheid dreig om selfmoord te pleeg is dit 'n gyselaar situasie?
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#216 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sat Jun 5, 2004 11:20 pm
Subject: MAAK TOE JOU HANDSAKKIE - Maandag 7 Junie 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Baie kere het ek al gewens dat ek in die rekenaar era kon 16 wees, die hele wereld aan jou voete, veral as jy 'n vrou is. Gesels maklik met mense van ander lande, selfs op video, waar 'n brief na 'n vriend in byvoorbeeld Amerika 'n week geneem het, kan jy nou 'n e-pos stuur en onmiddelik 'n antwoord ontvang as die ander persoon ook aanlyn is. Lekker nê? Ja, lekker, maar dan kyk ek weer na die 're-run' van Little House on the Prairie en ek wens dat ek in daardie era kon opgroei, geen radio of televisie nie, geen rekenaars nie, mense het werklik met mekaar gesels, en omdat hulle nie van rekenaars en televisie geweet het nie, het hulle dit nie gemis nie. Wat dink julle, praat 'n bietjie saam?
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   Maak toe jou handsakkie
2.   Die meisie van Parys - Episode 3
3.   Uit die argiewe: Moenie vir my blame nie
4.   Lesers skryf
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Kosie speel saam met die bure se dogtertjie, Sue-Ellen op die grasperk agter die huis. Toe hulle die kraan oopdraai om die dam wat hulle gebou het te laat vol loop, besef hy skielik hy wil dringend piepie, toe hy die  watertjies hoor. Hy sit en knyp terwyl sy verstandjie oortyd werk, mamma het hom geleer om nooit van toilet goete te praat nie, maar hy wil piepie!
 
Toe die dammetjie al amper vol is sit hy met sy beentjies styf oormekaar, sy beentjies pyn, sy siel is nie meer in die speletjie nie.
 
Toe onthou hy wat mamma altyd by die Spur sê as sy kamer wil verlaat en voor sy moed hom begewe sê hy: "Nou terug, wil net gou my neus gaan poeier!"
 
Hy doen sy ding haastig en is binne twee minute terug.
 
Sue Ellen bekyk hom krities en vra of hy toe sy neus gepoeier het.
 
"Ja ek het."
 
"Maak jou handsakkie toe, jou  lipstick hang uit."
 
(Dankie aan L de Beer)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
DIE MEISIE VAN PARYS - Episode 3
Geskryf deur Deon Meyer
 
Die res van die aand was 'n waas van kommer wat stelselmatig in vrees verander het. Vrees vir onmaskering en uiteindelike vernedering.
 
Toe die huismense gaan slaap het, het sy uitgesluip stoep toe om hier te kom sit, onder die sterre, met 'n vooruitsig wat swaar op haar hart rus.
 
En nou oordink Sanita Basson haar opsies. Sy kan vlug. Sy kan nou in haar motor klim en verdwyn en van Parys af (enige een van die twee) 'n briefie van verskoning en smeking om vergifnis stuur. Maar dan is sy die geld kwyt -- en besmoontlik oor haar Europese avontuur.
 
Of sy kan bieg -- Môreoggend aan ontbyttafel met die hele sak Franse patats voor vorendag kom, verduidelik van haar onmiddellike band met Laura, haar groot behoefte aan 'n vakansie-inkomste, en die twee Pretoriuse smeek om haar te vergewe en haar nie in die pad te steek nie.
 
Maar die spinnerak van haar leuen het sy fyn drade nou al te wyd gespan. Tant Baby sal tè verneder voel. Sy sal dink aan al die goed wat sy en oom Servaas in Afrikaans gesê het.
 
En dan dink Sanita aan die derde opsie. Sy kan Frans leer.Sy het agt dae. Het sy nie al van daardie advertensies gesien wat bandopnames of iets bemark waarmee 'n mens vreemde tale in nèt 'n week kan leer nie? Sy kan môreoggend stad toe ry en 'n kursus gaan koop. Teen die tyd dat tant Baby-hulle se seun kom, kan sy al genoeg woorde sê om hom van die waarheid af weg te hou. Boonop bied dit 'n soort boetedoening, 'n soort integriteit aan haar leuen, want dan kan sy mos Frans praat, dan is die oneerlikheid so effens minder.
 
Dit is 'n strooihalm, maar die voordele daarvan groei in haar tot oorreding en dan gaan klim sy in bed, vasberade, maar steeds benoud-bewus van die groot taak wat voorlê.
 
Vir een uur elke middag, wanneer Laura slaap, en lang nagtelike ure, ontdek Sanita Bassô die geheimenisse van die Franse taal in haar kamer, met oorfone aan die bandmasjientjie gekoppel, 'n pen en 'n skryfblok op haar skoot. Sy durf nie die woorde hardop agterna sê nie, uit vrees die huismense haar sal hoor. Daarom leer sy die taal met 'n byna onhoorbare fluisterstem, met vasberadenheid en ywer  --  en 'n vae bekommernis omdat sy nie weet of sinne soos "le chat est sur te mur" (die kat is op die muur) haar enigsins gaan help om 'n sinvolle gesprek met Wiaan Pretorius te voer nie.
 
In die verloop van die agt dae doen sy twee ontdekkings. Die eerste is dat die taalkursus bydra om haar leuen te laat verdiep. Soos wat haar woordeskat vorder, leer sy vir Laura die Franse vertalings van woorde soos boom, koei, blom en tafel. En die kleine bondeltjie lewenslus herhaal dit met groot fanfare, en tot tant Baby se algehele vreugde, net waar sy gaan.
 
Die ander ontdekking is dat dit 'n seën is dat sy nie tale studeer het nie, maar haar aanleg in syfers uitgeleef het, want sy het geen aanvoeling vir die ritme en vloei, die klank en aksent van die Galliese tong nie. Die woordeskat raak verlore i 'n diep, donker gat en kom later skeef, krom en verkeerd terug. Behalwe die getalle van een tot tien.
 
In haar omgang met die huismense, groei haar"qui" aan tot "s'il vous plaït" en "merci." Toe oom Servaas haar 'n glas lekker rooiwyn laat proe en in stadige Engels vra of die Suid-Afrikaanse wyne nie net so goed soos die Franse eweknieë is nie, mompel sy, met groot waagmoed en waardering vir die vloeistof: "Le garcon est dans la maison" (die seun is in die huis), wat tant Baby se tone van lekkerkry laat krul. "Sy sê dis lekker, Servaas. Maar ai, hulle sê dit net soveel mooier."
 
Eindelik, op die vooraand van die groot tuiskomsdag, lê Sanita in haar bed met die vaste wete dat sy nog nie reg is nie. Nie eens naastenby nie. Sy weet sy gaan ontmasker word. Sy sien voor haar geestesoog oë Wiaan wydsbeen in die voordeur van die opstal staan, sy arm uitgestrek, sy wysvinger in haar rigting gepunt, terwyl hy bulder: "Indringer!"
 
Sy sien hoe sy verneder en geboë haar tas teen die stoep se trappies af na haar motor toe sleep, terwyl oom Servaas, tant Baby, Wiaan en Laura verwytend staan en toekyk.
 
Sanita Basson is reg om te huil.
 
**********U I T  D I E  G R A P J A S  A R G I E W E**********
 
Die Regter kyk vir Gammat in die oog en sê: Dis nou die sesde jaar na mekaar dat jy in my hof in die beskuldigdebank staan.
 
'Djou honour,' së Gammat, 'djy moenie vir my kom blame omlat jy nie promotion kan kry nie.'
 
*****GRAPJAS   LESER  NUUS******
 
Lizette: Ek hoop die meisie van parys is 'n gem soos die bottervisse. Dit is lekker om weer stories in afrikaans te lees. Gee ons meer, ons verlang na ons land.
 
Paul D:  Jy't jou slag verloor, waarnatoe gaan die nuwe storie?
(Jy sal dit geniet, gee dit net tyd - Grapjas)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#215 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sat Jun 5, 2004 10:45 pm
Subject: DIE LOTTO, HOEKOM PROBEER ONS NOG? Woensdag 2 Junie 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 

Dagsê Grapjassers,
 
Ek het verlede week 'n e-pos gekry wat gehandel het oor "Friends come into your life for a reason, a season or a lifetime." Sommige vriende is daar vir 'n rede, hulle kom en gaan wanneer hulle taak verrig is. Dit mag dalk wees dat jy depressed was, en die nuwe vriend of vriendin het jou lewe verander, jou meer positief gemaak. Dan is daar ook die internet vriende wat langer in jou lewe bly, en jy leer by hulle net soos hulle by jou leer, hulle bly dalk net 'n seisoen deel van jou lewe voordat jy of sy/hy aanbeweeg, maar daar bly altyd iets van die persoon oor in jou lewe. Die persoon mag in dieselfde posisie gewees het as wat jy op daardie oomblik ondervind het, en kon deur net te gesels en te vertel van sy of haar ondervinding, jou die lig laat sien. Dit is so dat mens makliker gesels met 'n onbekende, kyk net hoe baie nonsense gesels ek met julle  :o)  Sommige word lewenslange vriende, kom kuier en ontmoet jou familie en word ook hulle vriend. Ek dink die bottomline is dat ons by nuwe vriende kan leer, maak nie saak wie die persoon is nie, jy mag dalk nederigheid leer by die ou wat jou motor oppas, of jy mag jou dalk in die geselskap van suksesvolle, ryk mense bevind, as jy maar net 'middleclass' is, en jy vind skielik dat jy die vermöe besit om met sulke mense te gesels, dat hulle met aandag na jou woorde luister, woorde wat jy gedink het nie belangrik genoeg is vir sulke mense nie.
 
(Die Woensdag is gruwelik laat hierdie week, as gevolg van familie byeenkomste het dit in my 'drafts folder' gebly.)
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Gedagte vir die dag: Moet nooit kwaad gaan slaap nie, bly wakker en fight die ding uit!
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.  Laggie vir die dag - Die goeie en die slegte nuus
2.  Thought for today:  To Each His Own
3.  Laat jou dink 3  (deur Willem M)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Lettie klop vroegoggend aan die baas se deur.
 
"Môre poplap, hoe gaan dit vanoggend met my skattie?"
 
"Baas, ek het slegte nuus vir jou."
 
"Ag nee, poplap, moenie so negatief wees op so 'n lieflike Vrydagoggend nie, vertel my liewer eers goeie nuus."
 
"Nou ja," sê die wereldwyse Lettie, "Onthou jy baas, jy het my een aand in die Formula One vertel van die klein operasietjie wat jy 2 jaar terug gehad het?"
 
"Jaaaaaaa?"
 
"Wel die goeie nuus is, ek was mal oor jou tegniek, jy's die beste!"
 
"Goed, ons maak Woendagaand weer so"
 
"Daar is slegte nuus ook my heuningbolletjie, daai klein operasietjie van jou was glad nie 'n sukses nie, baas."
 
Dankie aan Willem Malherbe
 
**********   G R A P J A S   **********
 
To Each His Own
 
I cannot change the way I am,
I never really try,
God made me different and unique,
I never ask him why.
If I appear peculiar,
There's nothing I can do,
You must accept me as I am,
As I've accepted you.
God made a casting of each life,
Then threw the old away,
Each child is different from the rest,
Unlike as night from day.
So often we will criticize,
The things that others do,
But, do you know, they do not think,
The same as me and you.
So God in all his wisdom,
Who knows us all by name,
He didn't want us to be bored,
That's why we're not the same.
 
**********  LAAT JOU DINK  **********
 
Word daar spesiale parkeerplek vir "normale" persone by die Olimpiese spele vir gestremdes gereserveer?
 
As dit vandag zero grade buite is en dit gaan more twee keer so koud wees, hoe koud gaan dit wees?
 
Hoeveel dieper sou die see gewees het as daar nie sponse in gebly het nie?
 
As mense uit ape ontwikkel het, hoekom is daar nog ape?
 
As die heldersiendes die lottery nommers kan voorspel, hoekom werk hulle nog?
 
As dit waar is dat ons as mens hier is om ander te help, presies waarvoor is die ander dan hier?
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#214 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sun May 30, 2004 7:54 pm
Subject: HULLE HET VOLE IN HULLE SE OLE - Maandag 31 Mei 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
En daar het die herfs van 2004 ook sy alie gesien, môre begin die winter. Drie maande van gevriesde motorruite in die oggend, as jou motor buite slaap, soos myne. Die winter is nou eenmaal nie my geliefkoosde seisoen nie, maar daar is darem pluspunte, soos om saans voor die verwarmer of kaggelvuur te sit en televisie kyk met 'n bord dik groente-of boontjiesop op jou skoot. Ek is in die gelukkige posisie dat ek nie voor 9 uur in die oggend my neus by die deur hoef uit te steek in die winter nie, so ek ervaar die winter as nie regtig so koud soos die mense sê nie :o) Ons moet net nie ons lewe omwens nie, wens die winter is al verby, wens dit is al Kersfees, wens dit is al tyd vir ons jaarlikse verlof, die lewe is bitter kort ouens, geniet elke dag en maak die meeste daarvan.
 
Op 'n ligter noot, baie Grapjassers het grappies gestuur wat binne die volgende paar weke gebruik gaan word, maar ouens ons soek nog, laat waai met die laggies!
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   Vole in hulle se ole
2.   Die meisie van Parys - Episode 2
3.   Uit die argiewe: Hoekom is mamma so stil?
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Die Marsmannetjies besluit om kontak te maak met die aarde se wesens en land een nag laat by 'n verlate vulstasie. Twee klim uit hul GTI ruimteskip en loop na een van die petrolpompe.
(Rofweg vertaal het die gesprek soos volg verloop):
 
Mannetjie1: "Vat ons dadelik na julle se leiel!"
Petrolpomp is doodstil.
 
Mannetjie1: "Ek sê - vat ons na jul leiel of het julle nie 'n leiel nie?"
Petrolpomp bly doodstil.
 
Mannetjie2: "Laat ek plobeel. Ons is van Mals af en wil julle leiel spleek!"
Petrolpomp sê niks.
 
Mannetjie1: "Ek weet! Hulle kan nie hool nie want hulle staan met hulle se vole in hulle se ole!"
 
**********   G R A P J A S   **********
 
DIE MEISIE VAN PARYS - Episode 2
Geskryf deur Deon Meyer
 
Tant Baby het haar die kamer gaan wys waar sy sou slaap, daarna die res van die huis, terwyl sy met 'n onuitputlike stroom van woorde gesels het, met 'n gereelde onderbreking van, "Ag, as ek maar net Frans kon praat, maar ek is seker jy verstaan my strekking," en nou en dan, wanneer dit 'n belangrike punt was, die stadige, lipafgeronde Engels: "Laura sleeps from two to three." Of, "Now you first unpack."
 
Sanita se "qui" het elke keer makliker en met meer selfvertroue gekom, terwyl sy nog onbewus was van die slagyster wat sy vir haarself stel.
 
Die laatmiddag was 'n vreugde toe sy die plaaswerf ontdek het met Laura as gids. Die kind het tant baby se opdrag, "leer die tannie al die Afrikaanse woorde, my lam," baie ernstig opgeneem en elke dier en implement, elke buitegebou en aktiwiteit met oorgawe in haar peuterbekkige taal beskryf.
 
Sanita het die noodleuen oordink en na oomblikke van diepe skuldgevoel oor die bedrog teenoor 'n goeie, onskuldige vrou, dit gerasionaliseer met die Laura-doel wat die middel in 'n mate regverdig. Boonop, het sy gedink, speel ons maar almal 'n rol in die lewe. En sy behoort veilig te wees hier op die plaas. Dit is darem baie afgesonder.
 
Nadat sy vir Laura gebad het en self reggemaak het vir die aandete, het Sanita vir oom Servaas Pretorius aan die etenstafel ontmoet.
 
"Servaas, dit is nou die meisie van Parys, Sanita Basson." Tant Baby het die van sonder die laaste letter gesê ---- Bassô". soos sy gedink het dit in Frans uitgespreek moet word --- en na Sanita omgedraai. "My husband, Servaa." Ook sonder die medeklinker teen die einde. "Sy verstaan nie 'n woord wat ons sê nie. Jy moet stadige Ingels praat, maar is sy nie oulik nie?"
 
Oom Servaas het sy hand uitgesteek en met 'n vonkel in die oog gesê: "Dag, my kind, ek is Servaas met 'n 's' en jy lyk vir my soos enige goeie Boeremeisie, maar welkom op Kromdraai. Jy moet die tannie maar verskoon, maar sy is heeltemal beneuk met die Franse ..."
 
"Servaas!"
 
"Sy verstaan mos nie, Baby."
 
"Maar darem, Servaas."
 
"Soos ek gesê het, Fransman, die tannie het 'n ding oor julle land omdat haar hartlam vir 'n maandlank daar was. Sy verstaan nie dat ons almal maar dieselfde is nie. "
 
"Ag, Servaas, jy is tog so verbeeldingloos."
 
En so het dit deur die ete gegaan. Sanita het daarop gekonsentreer om soos 'n kontinentale vrou te eet - of dan minstens soos wat sy dink 'n jong Europese dame haar messegoed sou gebruik -- en probeer om te lyk asof sy nie 'n woord verstaan wat die twee vir mekaar sê nie. Haar pogings was klaarblyklik suksesvol, want tant Baby het byvoorbeeld teenoor haar eggenoot opgemerk: "Kyk net hoe fraai eet sy, Servaas."
 
"Baby, die kind eet soos al die jongetjies eet. Te min, te stadig en met een oog op die skaal."
 
"Ag, sy's pragtig."
 
"Ja, 'n regte perdebylyfie."
 
"Servaas!"
 
"Maar, vrou, sy verstaan mos nie."
 
"Maa darem."
 
Dit was hier teen vrugteslaai-en roomystyd dat die bom gebars het.
 
Tant Baby het na Sanita toe gedraai en gesê: "Ag, my kind, ek weet dit gaan vir jou sleg wees met niemand wat in jou taal kan gesels nie, maar jy moet net geduldig wees,"  Toe het sy opgespring, in die gang af verdwyn, en oomblikke later met 'n geraamde foto van 'n jong swartkopman teruggekom.
 
"This," het tant Baby triomfantlik maar stadig gesê, "is Wiaan."
 
"Qui," het Sanita met geligte wenkbroue geantwoord.
 
"My youngest. He speaks French."
 
"Qui."
 
"He comes.  Eight days. You talk to him."
 
"Qui," het Sanita weer gesê en probeer glimlag terwyl die betekenis van die woorde insink."
 
**********U I T  D I E  G R A P J A S  A R G I E W E**********
 
Die koek is klaar en Ma konsentreer hard om dit mooi te versier. Jannie kom die kombuis binne en vir 'n hele vyftien minute lank staan hy doodstil en kyk hoe sy werk.
 
"Mamma, hoekom is mamma so stil?" vra hy later.
 
"Jy kan mos sien ek is besig om te konsentreer, Jannie. Wat wil jy dan hê moet ek sê?"
 
"Mamma kan mos vra "Jannie, het jy nie dalk lus vir 'n stukkie koek nie?"
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS
 
 
 

 

#213 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Fri May 28, 2004 9:08 pm
Subject: LIEWE DAANTJIE - Woensdag 26 Mei 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 

Dagsê Grapjassers,
 
Ek was seker dat die Woensdag uitgawe van Grapjas gestuur was, maar ek was toe verkeerd. Die grappies word 'n week of twee voor die tyd voorberei en die dag as dit gestuur word, word die eerste paragraaf bygevoeg. Somtyds kos dit bietjie dinkwerk om die regte woorde te vind en dis dan wat dit opsy geskuif word tot later, en dan vergete raak.
 
Genoeg daarvan, iemand vra my nou die dag wat 'n mens 'n vlieg sonder vlerke sou noem. Ek het nie geweet nie, seker maar 'n loop of 'n stap of iets?
 
Groetnis tot Maandag.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   Laggie vir die dag - Liewe Daantjie
2.  Kids' Little Instructions On Life (Part 3 of 3)
3.  Laat jou dink 2  (deur Willem M)
4.  Joke of the day - Attention!!
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Liewe Daantjie
 
Ek skryf die briefie maar stadig omdat ek weet jy kan nie vinnig lees nie.
 
Ons bly nie meer op dieselfde plek as toe jy weg is nie. Jou pa het in die koerant gelees dat die meeste ongelukke binne 20 kilometer van die huis af gebeur, toe besluit ons om te trek.
 
Ek kan ongelukkig nie vir jou die adres gee nie want die vorige familie het die nommers saam gevat, seker sodat hulle nie hulle adres hoef  te verander nie. Hierdie plekkie is regtig oulik. Hier is selfs 'n
wasmasjien in die badkamer, maar ek is nog net nie heeltemal seker hoe hy werk nie. Laas week het ek 'n bondel klere ingesit en die ketting getrek. Ons het nog  nie weer die klere opgespoor nie.
 
Die weer hierso is ook glad nie sleg nie. Dit het  net twee keer gereën laas  week; die eerste keer vir drie dae en die tweede  keer vir vier dae.
 
Omtrent daai jas wat jy gevra het ons moet vir jou stuur, Oom Frikkie het  gesê dit sal te swaar wees in die pos, toe sny ons maar die knope af. (hulle is in die linker boonste sak van die jas).
 
Pietie het gister sy sleutels in sy kar toegesluit. Ons het rerig bekommerd geraak want dit het hom twee ure gevat om my en jou  pa uit te kry.
 
Jou suster het vanoggend 'n baba gehad, maar ek het nog nie uitgevind wat dit is nie, so ek weet nie of jy 'n oom of 'n tannie is nie. Die baba lyk net soos jou boetie.
 
Oom Wessels het laas week in 'n vat brandewyn geval. 'n Paar manne het hom probeer uithaal maar hy het hulle afbaklei en verdrink. Ons het hom laat veras. Hy het vir drie dae gebrand.
 
Drie van jou vriende het met 'n bakkie van die brug afgery. Janneman het bestuur, hy het sy venster afgedraai en  geswem. Jou ander twee vriende het agter op gesit. Hulle het verdrink omdat hulle nie die bak se klap kon oopkry nie.
 
Daar is nie meer nuus nie. Niks anders as die  normale het gebeur nie.
 
Liefdetjies,
 
Jou gunsteling tannie Saartjie
 
Ns. Ek wou nog vir jou R25 insit maar ek het al klaar die koevert toegeplak
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Kids' Little Instructions On Life
 
*"Never tell your little brother that you're not going to do
what your mom told you to do."
- Hank, age 12
 
*"Remember you're never too old to hold your father's hand."
- Molly, age 11
 
*"Listen to your brain. It has lots of information."
- Chelsey, age 7
 
*"Stay away from prunes."
-Randy, age 9
 
*"Never dare your little brother to paint the family car."
- Phillip, age 13
 
*"Forget the cake, go for the icing."
- Cynthia, age 8
 
*"Remember the two places you are always welcome-church and
Grandma's house."
- Joanne, age 11
 
*"When you want something expensive, ask your grandparents."
- Matthew, age 12
 
**********  LAAT JOU DINK  ********
 
Hoekom klou gom nie aan die botteltjie nie?
 
Hoekom het Tarzan nie 'n baard nie? Hy't lang hare, so hoe kon hy sy baard skeer?
 
Hoekom kan Superman koeëls met sy borskas stop maar as jy hom met 'n pistool gooi, koes hy?
 
Hoekom dra Kamikazi vlieëniers helms?
 
Wie se idee was dit om 'n woord soos "lispel" uit te dink met 'n "S" in?
 
Wat is die spoed van donkerte?
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The manager hired a new secretary. She was young, sweet and polite. One day while taking dictation, she noticed his fly was open. While leaving the room, she courteously said, "Oh by the way sir,did you know that your barracks door is open?"
 
He did not understand her remark, but later on he happened to look down and saw that his zipper was open. He decided to have some fun with his new employee. Calling her in, he asked, "By the way Miss Jones, when you saw my barracks door open, did you also see a soldier standing at attention?"
 
The secretary, who was quite witty replied, "Why, no sir, all I saw was a little, disabled veteran sitting on two duffle bags."
 
Dankie aan Louis Nel. (Iets sê vir my die sekretaresse was nie baie populêr daarna nie.)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
DIAL DIRECT
 
Cut out the middleman and get super low premiums• You score cash back with the amazing Bucks Back
Bonus• Enjoy exceptional service and low excesses from only R975. FREE roadside, home and medical assistance. Take personal control of your short-term insurance and experience the power of improved financial well-being and independence!
 
Dealing directly is not only going to save you hundreds of Rands in unnecessary intermediary fees, but will also put a lot back into your pocket! Get prices you can live with for the protection you cannot live without.
 
 

The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#212 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Mon May 24, 2004 3:45 pm
Subject: PARLEZ VOUS FRANCIAS? Maandag 24 Mei 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Begin vandag lees aan Die meisie van Parys, in 5 aflewerings.
 
En toe is die duiwel Sondagaand weer lustig, of is dit listig, en Grapjas bly sit in my 'outbox'. Jammer ouens.
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   Moses (graad 3 leerling)
2.   Die meisie van Parys - Episode 1
3.   Uit die argiewe: Van der Merwe en Stoffel
4.   Lesers skryf
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Die kleintjies moes 'n stukkie skryf oor 'n bybelfiguur, en die enetjie kies toe vir Moses!
 
Moses bly in die paaluis. Hy eet elke dag lekers en fluis. Hy ry rond in die farro se pere en poets. Moses wil nie sam die anerse speel nie want hy is 'n prinses. In die dag het Moses moord gepleeg en in die nag brand hy hyse af. Moses loop in Betluhem rond en hy sien 'n aagupteman slaan 'nasraliet. Hulle gooi klip. Toe sê die een vir Moses: meen jy ek is daai dusiepel wat jy in die sand gegrawe het. Ek is nie daai koning nie. Toe skruk Moses en flig na Jeroetsalem.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
DIE MEISIE VAN PARYS - Episode 1
Geskryf deur Deon Meyer
 
SANITA BASSON IS IN DIE SOP!
 
Sy sit met 'n beklemming om haar hart op die sterverligte stoep van die opstal, die skoonheid van die soet Vrystaatse someraand om haar onopgemerk, en wonder hoe die hele ding begin het. Vanoggend het sy wakker geword as 'n B.Com-finalejaarstudent met die vurige hoop dat sy nie 'n vakansiewerk as kelnerin hoef te aanvaar nie, want daardie moordende ure op haar voete is 'n onmenslike manier om die laaste geldjies vir 'n jaar in Europa te verdien. En skaars twaalf uur later moet sy begin voorbereidings tref vir die grootste vernedering van haar lewe.
 
Haar enigste aandeel in die misverstand is dat sy van Parys af kom. Die een op die walle van die Vaal. Die res is nie haar skuld nie, behalwe die noodleuen, waarvoor sy nou so duur moet betaal.
 
Die moeilikheid het vanoggend begin, toe die vrou van die agentskap gebel het. "Werk is skaars, Sanita. Maar ons het 'n navraag ontvang.  Sien jy kans om die hele Desembervakansie 'n kind op 'n plaas op te pas?"
 
"Ja," het sy gretig geantwoord, want kinders is haar groot vreugde, en dit is oneindig beter as die restaurant en kroeg betrekking waar sy in die laatnag aan besope, reisende verkoopsmanne van Johannesburg en Kaapstad bier en brandewyn met Coke bedien en na hulle sinlose praatjies moet luister.
 
"Die vrou het gehoor ons het Franse uitruilstudente wat au pair werk soek en wil graag een hê om haar kleinkind tot net voor Kersfees op te pas, want die pa en ma is op 'n sakereis. Maar die Franse studente is klaar almal geholpe. Wil jy gaan hoor?"
 
"Asseblief Mevrou," het Sanita gesê en aanwysings begin neerskryf.
 
Die misverstand het gebeur toe sy by die plaashuis net buite Bloemfontein aangekom en met ingehoue asem na die uitgestrekte tuine en indrukwekkende opstal gekyk het. Want toe kom tant Baby by die groot deur uit en begin dadelik babbel. "Ek is Baby Pretorius en jy is die meisie van Parys, Sanita. Dis so 'n mooi naam. Shame, jy kan seker nie 'n woord Afrikaans verstaan nie, en ek praat nie Frans nie, maar ek het gesê dat ek niemand anders wil hê as 'n Franse meisie nie, al is dit nou ook net vir die ondervinding. Ek meen, as ek nie 'n Franse een kon kry nie, het ek sommer self die kind opgepas. Ek is seker ons gaan regkom om mekaar te verstaan. Ag, kyk hoe pragtig is jy, met die Franse vlegsel, en al." Tant Baby het haar hande op Sanita Basson se skouers gesit en haar kontinentaal op elke wang gesoen.
 
Sanita wou op daardie oomblik sê, nee sy kom van die ander Parys af. Mevrou het seker verkeerd verstaan. Die woorde was praatgereed op haar tong, maar toe loop 'n driejarige dogtertjie met lang, bruin vlegsels en oë die kleur van donker koffie op die reusestoep uit en glimlag met 'n tamaai kuiltjie in elke wang.
 
"This is Laura," het tant Baby afgemete gesê en haar lippe die woorde oordrew stadig laat vorm sodat die Franse meisie dit kon verstaan.
 
Sanita het op haar knieë gaan sit en haar arms uitgehou. Laura het soos 'n klokkie gelag en in die uitgestrekte omhelsing ingestorm.
 
"Kyk dan nou net," het tant Baby vir haarself gesê. "Die Franse is maar net anders." Sy het afgekyk na Sanita en stadig en nadruklik gevra, "So you want the job?"
 
Die noodleuen is gebore uit begeerte vir die werk en die onmiddellike aanklank met die warm bondel in haar arms. Die lieg was klein en nie 'n onwaarheid wat die betekenis betref nie. Die jok was in die taal.
 
"Qui," het Sanita Basson gesê, die enigste woord wat sy in Frans ken.
 
Lees volgende Maandag verder.
 

**********U I T  D I E  G R A P J A S  A R G I E W E**********
 
'n Man van Kuruman besoek Kakamas toe hy skielik deur Van Der Merwe op straat voorgekeer word.
            
"Stoffel," sê Van, "wat op aarde het met jou gebeur? Ek het jou so lanklaas gesien en kyk hoe lyk jy nou!"
            
"Nee wag," sê die ou van Kuruman, "ek is nie........"
            
"Ag nee, moenie worry nie, ek kan net nie daaroor kom hoeveel jy verander het nie. Jy was voorheen so 'n groot man, gebou soos 'n os maar nou lyk jy kleiner as ek. Was jy dan siek?"
            
"Nee wag," probeer die ou van Kuruman weer 'n woord inkry. "Ek is nie................."
            
"Nee," sê Van, "jy hoef niks te sê nie. Ek kyk net na jou hare. Jy het altyd so 'n pragtige bos swart hare gehad, en nou is jy omtrent heeltemal bles. En daardie pragtige hangsnor. Stoffel, hoekom het jy dit afgeskeer?"
            
"Luister," sê die vreemdeling. "Ek probeer jou vertel dat my naam nie Stoffel is nie. My naam is Wouter."
            
"Agge nee man," sê Van der Merwe, "en nou het jy nog jou naam ook staan en verander!"
 
*****GRAPJAS   LESER  NUUS******
 
Belinda het 'n laggie gestuur wat my laat skaterlag het, kyk Woensdag uit vir die ou wat alles in die lewe verloor het, behalwe ....
 
Charl:  Dankie vir al die humor, maar wat van nog 'n storie? (Die meisie van Parys begin vandag, hoop jy geniet dit)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#211 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Tue May 18, 2004 10:31 pm
Subject: SIPHO BY DIE KRUISPAD - Woensdag 19 Mei 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Almal het Maandag 3 Grapjasse gekry, dit sal hopelik nie weer gebeur nie, jammer vir die ongerief en al daai jazz. Yahoogroups stuur gratis e-pos uit aan 'n aantal mense op 'n lys, al wat ek hoef te doen is om een e-pos te stuur en dit gaan outomaties na die hele lys, nog altyd goed gewerk, maar somtyds gaan iets skeef, soos op Sondagaand. Yahoo groups is 'n gratis diens vir klein groepe soos Grapjas, waar daar geen inkomste is om die uitgawe te dek nie.  Ek moet vir julle vertel dat as ek 'n rustige tipe persoon was, ek sou gewag het tot Maandag voordat ek aksie geneem en Grapjas weer uitgestuur het, nogal met 'n spelfout in die aanhef, maar nee, as ek iets gedoen wil hê dan moet dit NOU gebeur en na heelwat oorweging was ek toe seker dat die ' in die Wat's die Afrikaans vir box,  verantwoordelik was vir die probleem, toe verander ek die wat's na wat is, maar vergeet toe om die ekstra 's' te verwyder. (Flippen simpel doos !)
 
Welkom aan boetm, wie die naweek aangesluit het.
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Gedagte vir die dag
 
Tyd is die natuur se manier om te sorg dat alles nie op dieselfde tyd verkeerd loop nie
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.  Sipho by die kruispad
2.  Kids' Little Instructions On Life (Part 2 of 3)
3.  Laat jou dink 1  (deur Willem M)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Klein Sipho Mohammed Zwane kom die middag van die skool af, Meredale Primary, sit sy tassie in die kombuis neer waar sy ma besig is om vir hom 'n groot bord kerrie en pap in te skep. Hy druk, druk die lepel in die kos, sug beswaard en vra vir sy ma, "Ma, is ek 'n Indier soos jy of is ek swart soos pa?"
 
Fatima dink dis 'n saak vir haar man en sê vir klein Sipho Mohammed dat hy sy pa moet vra as hy by die huis kom.
 
So net na Egoli, kom Vuyo by die huis in sy BMW en soos 'n pyl uit 'n boog is sy seun op sy skoot toe hy in die sitkamer voor die tv neersak. "Pa, is ek 'n Indier soos mom of 'n swartman soos jy?"
 
"Wat maak dit saak  hoeveel van jou Indier is en hoeveel swart, jy is ons kind en klaar! Now why you asking a question like that? "
 
"Ek MOET  weet dad, daai outjie om die hoek wil  sy fiets verkoop vir R200 en ek weet nie of ek hom moet afstry na R100 toe, en of ek moet wag tot dit donker is en die fiets sommer gaan steel nie."
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Kids' Little Instructions On Life
 
*"When your dad is mad and asks you, 'Do I look stupid?'
don't answer him."
- Heather, age 16
 
*"Never tell your mom her diet's not working."
- Michael, age 14
 
*"Don't pick on your sister when she's holding a baseball bat."
- Joel, age 12
 
*"When you get a bad grade! in school, show it to your mom
when she's on the phone."
- Alyesha, age 13
 
*"Never try to baptize a cat."
- Laura, age 13
 
*"Never spit when on a roller coaster."
- Scott, age 11
 
*"Never do pranks at a police station."
- Sam, age 10
 
*"Beware of cafeteria food when it looks like it's moving."
- Rob, age 10
 
**********  LAAT JOU DINK  **********
 
Hoekom druk mens harder op 'n afstandbeheer knoppie as jy weet die batterye is pap?
 
Hoekom hef banke 'n fooi op "onvoldoende fondse" as hulle weet daar is nie genoeg geld nie?
 
Hoekom glo iemand jou as jy sê daar is vier biljoen sterre, maar as jy sê die verf is nat, moet hulle daaraan voel?
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
 
Grapjas se tuisblad is by http://www.geocities.com/sahumor
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual,
Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com
Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#210 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sun May 16, 2004 9:21 pm
Subject: WAT ISS DIE AFRIKAANS VIR BOX? - Maandag 17 Mei 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Aanstaande Maandag begin 'Die meisie van Parys' maar net vir vandag, 'n gedig deur Hennie Aucamp, Die lewe is 'n grenshotel. Ons moet darem wys ons het kultuur, of hoe?
 
Van kultuur gepraat, laat my nou dink aan die pasgetroude paartjie, sy pruil haar lippies en sê vir haar nuwe man, "Jy't g'n kultuur nie."
 
"Kultuur?!!!" gil hy. "Jy sê ek het nie kultuur nie?! Ek vat jou Hamlet toe, ek vat jou Swanemeer toe, en gisteraand toe vat ek jou na Pavarotti se konsert toe! Ek vat jou na al daai kak toe en jy sê ek het nie kultuur nie!!"
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   'n Box is 'n boks, is 'n boks, is 'n boks
2.   Hennie Aucamp - Die lewe is 'n grenshotel
3.   Uit die argiewe: Gatiepie in die hof
4.   Lesers skryf
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Dankie aan Neels Erasmus vir die volgende staaltjie, hoop dit laat julle almal net so lekker lag as wat ek gelag het.
 
 Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal  vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste  rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories bang gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die
doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgelê kan word nie.  Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise teen die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers rook nie.
 
Op die verhoog staan daar twee kartondose. In hierdie kartondose is daar Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels in hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is. Die idee is om vir alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.
 
Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon mense na die skool gekom om die Bybels te oorhandig. Die twee sit so half eenkant - weg van die onderwysers af.
 
Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die kinders, en sonder om te aarsel, swaai hy sy hand so na die twee Gideon mense se kant toe en sê:  "Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog doen?"
 
Nodeloos om te sê die volgende oomblik het chaos uitgebars en die onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens uitgebars het van die lag.
 
Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor verskuif.
 
N.S. Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie!
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Hennie Aucamp
 
Die lewe is 'n grenshotel
 
Madame sit in Die Grenswag
'n manskap teen haar bors
sy koester sy vermoeidheid
sy nadrup en sy dors
 
Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar
 
Madame bestel 'n High Ball
(dit hou die vleesdrif hoog)
sy kyk na jong kanonvoer
wat saamdrom by die oog
 
Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar
 
Madame, versot op jong bloed,
vergeet skoon van haar óú
maar jonk of oud sterf eners
die slagveld is hul vrou
 
Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar
 
Madame grens oor dié wete
haar hulpdiens is beperk:
want of hul bruin of wit is
hul dra die Kainsmerk
 
Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar
 
En drank en nag bring kennis
en álmal haal die grens
dié grens erken geen grense
alleen die hart se wens
 
Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar.
 
**********U I T  D I E  G R A P J A S  A R G I E W E**********
 
Die regter vra vir Gatiep, "Het jy enige iets te sê ter versagting, voordat ek die vonnis oor jou uitspreek?"
 
Gatiep is al 'n ou kuiergas in die hof en sê so uit die hoek van sy mond, "Fokol."
 
Die regter leuen vorentoe en vra vir die klerk, "Wat het hy gesê?"
 
"Hy't 'fokkol' gesê, u Edelagbare."
 
"Snaaks," sê die regter "Ek kon sweer ek het sy lippe sien beweeg."
 
*****GRAPJAS   LESER  NUUS******
 
Ek het hierdie week 'n klompie oulike laggies van lesers ontvang, wat binne die volgende paar weke geplaas gaan word. Dankie ouens, moenie ophou nie.
 
Hans Rens skryf:
 
Ik vind jullie afrikaans een mooie taal. Ja hoor, er zijn er die zeggen dat het "maar" nederlands is, maar dat is geen verwijt. Het lijkt er nog sterk op, maar als ik juow grapjas lees -en deze 8 "bottervisse"- zie ik wel dat Afrikaans zijn eigen weg is gegaan.
 
Van deze bottervisse heb ik echt genoten. Sorry dat ik niet vaak grapjes opstuur. Sommige zijn echter alleen lollig "op een gegeven moment", maar hebbel later een inkleding nodig. En dan is de grap eraf. Of ze zijn -achteraf bezien- eerder "zure oprispingen", en dat kunnen we eigenlijk missen.
 
Ik had onlangs een over een piraat, maar die is niet voor een open graplijst bestemd.
Op "Userfriendly" zouden ze zeggen "Not Fourteen-Year-Old-Sister proof" ... Ja, sommige grapjes houden we hier binnenskamers.
En todo amar   y servir
 
(Hans se Nederlandse grapjes sal in die volgende Woendag uitgawe van Grapjes wees. As julle van die grapjes wil hoor wathij  in die binnenskamers houden, laat weet grapjas@... en ons  blackmail Hans om 'n bietjie meer 'spicy' grapjes te stuur.)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
Grapjas tuisblad:  http://www.geocities.com/sahumor
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans at home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual, Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

#209 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sun May 16, 2004 8:55 pm
Subject: TOETSBOODSKAP
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Hello Grapjassers,
 
Ek het die Maandag aflewering van Grapjas meer as twee ure gelede gestuur maar nog nie my eie ontvang nie.  Ignoreer asseblief hierdie skrywe, dis net vir my om te kontrolleer waar die fout is.
 
Grapjas
 
 

#208 From: "GRAPJAS" <grapjas@...>
Date: Sun May 16, 2004 6:41 pm
Subject: WAT'S DIE AFRIKAANS VIR BOX? - Maandag 17 Mei 2004
grapjas@...
Send Email Send Email
 
Dagsê Grapjassers,
 
Aanstaande Maandag begin 'Die meisie van Parys' maar net vir vandag, 'n gedig deur Hennie Aucamp, Die lewe is 'n grenshotel. Ons moet darem wys ons het kultuur, of hoe?
 
Van kultuur gepraat, laat my nou dink aan die pasgetroude paartjie, sy pruil haar lippies en sê vir haar nuwe man, "Jy't g'n kultuur nie."
 
"Kultuur?!!!" gil hy. "Jy sê ek het nie kultuur nie?! Ek vat jou Hamlet toe, ek vat jou Swanemeer toe, en gisteraand toe vat ek jou na Pavarotti se konsert toe! Ek vat jou na al daai kak toe en jy sê ek het nie kultuur nie!!"
 
Groetnis tot volgende week.
 
Skryf gerus aan grapjas@... met kommentaar of bydraes. Dit sal waardeer word. Stuur asseblief Grapjas aan alle Afrikaansspekendes in jou adresboek sodat ons kan groei. By voorbaat dankie.
 
**********   G R A P J A S   **********
 
1.   'n Box is 'n boks, is 'n boks, is 'n boks
2.   Hennie Aucamp - Die lewe is 'n grenshotel
3.   Uit die argiewe: Gatiepie in die hof
4.   Lesers skryf
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Dankie aan Neels Erasmus vir die volgende staaltjie, hoop dit laat julle almal net so lekker lag as wat ek gelag het.
 
 Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal  vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste  rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories bang gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die
doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgelê kan word nie.  Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise teen die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers rook nie.
 
Op die verhoog staan daar twee kartondose. In hierdie kartondose is daar Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels in hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is. Die idee is om vir alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.
 
Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon mense na die skool gekom om die Bybels te oorhandig. Die twee sit so half eenkant - weg van die onderwysers af.
 
Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die kinders, en sonder om te aarsel, swaai hy sy hand so na die twee Gideon mense se kant toe en sê:  "Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog doen?"
 
Nodeloos om te sê die volgende oomblik het chaos uitgebars en die onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens uitgebars het van die lag.
 
Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor verskuif.
 
N.S. Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie!
 
**********   G R A P J A S   **********
 
Hennie Aucamp
 
Die lewe is 'n grenshotel
 
Madame sit in Die Grenswag
'n manskap teen haar bors
sy koester sy vermoeidheid
sy nadrup en sy dors
 
Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar
 
Madame bestel 'n High Ball
(dit hou die vleesdrif hoog)
sy kyk na jong kanonvoer
wat saamdrom by die oog
 
Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar
 
Madame, versot op jong bloed,
vergeet skoon van haar óú
maar jonk of oud sterf eners
die slagveld is hul vrou
 
Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar
 
Madame grens oor dié wete
haar hulpdiens is beperk:
want of hul bruin of wit is
hul dra die Kainsmerk
 
Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar
 
En drank en nag bring kennis
en álmal haal die grens
dié grens erken geen grense
alleen die hart se wens
 
Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar.
 
**********U I T  D I E  G R A P J A S  A R G I E W E**********
 
Die regter vra vir Gatiep, "Het jy enige iets te sê ter versagting, voordat ek die vonnis oor jou uitspreek?"
 
Gatiep is al 'n ou kuiergas in die hof en sê so uit die hoek van sy mond, "Fokol."
 
Die regter leuen vorentoe en vra vir die klerk, "Wat het hy gesê?"
 
"Hy't 'fokkol' gesê, u Edelagbare."
 
"Snaaks," sê die regter "Ek kon sweer ek het sy lippe sien beweeg."
 
*****GRAPJAS   LESER  NUUS******
 
Ek het hierdie week 'n klompie oulike laggies van lesers ontvang, wat binne die volgende paar weke geplaas gaan word. Dankie ouens, moenie ophou nie.
 
Hans Rens skryf:
 
Ik vind jullie afrikaans een mooie taal. Ja hoor, er zijn er die zeggen dat het "maar" nederlands is, maar dat is geen verwijt. Het lijkt er nog sterk op, maar als ik juow grapjas lees -en deze 8 "bottervisse"- zie ik wel dat Afrikaans zijn eigen weg is gegaan.
 
Van deze bottervisse heb ik echt genoten. Sorry dat ik niet vaak grapjes opstuur. Sommige zijn echter alleen lollig "op een gegeven moment", maar hebbel later een inkleding nodig. En dan is de grap eraf. Of ze zijn -achteraf bezien- eerder "zure oprispingen", en dat kunnen we eigenlijk missen.
 
Ik had onlangs een over een piraat, maar die is niet voor een open graplijst bestemd.
Op "Userfriendly" zouden ze zeggen "Not Fourteen-Year-Old-Sister proof" ... Ja, sommige grapjes houden we hier binnenskamers.
En todo amar   y servir
 
(Hans se Nederlandse grapjes sal in die volgende Woendag uitgawe van Grapjes wees. As julle van die grapjes wil hoor wathij  in die binnenskamers houden, laat weet grapjas@... en ons  blackmail Hans om 'n bietjie meer 'spicy' grapjes te stuur.)
 
**********   G R A P J A S   **********
 
The Original Funnies has been revived, approximately 500 new cartoons and lots of new jokes from Little jay
http://home.mweb.co.za/mk/mk53/
Grapjas tuisblad:  http://www.geocities.com/sahumor
 
**********   G R A P J A S   **********
 
South Africans at home and abroad - Join GRAPJAS Some of the jokes will be in english with an Afrikaans flavour or bilingual, Subscribe now by sending blank email to grapjas-subscribe@yahoogroups.com Stuur grappies aan grapjas@...
If you want to unsubscribe (Now why would you do that?) send blank email to grapjas-unsubscribe@yahoogroups.com
 
Cheers, weg is ek  tot volgende week! Hou die blink kant bo!
 
GRAPJAS

Messages 208 - 237 of 237   Newest  |  < Newer  |  Older >  |  Oldest
Advanced
Add to My Yahoo!      XML What's This?

Copyright © 2009 Yahoo! Inc. All rights reserved.
Privacy Policy - Terms of Service - Guidelines - Help